Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41051 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oom Len... ATKV Eiland 2018 GerhardM -30 minutes ago
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -2 hours ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -2 hours ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -2 hours ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -2 hours ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -2 hours ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -3 hours ago

WilSur - Eiland Spa 2018

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Wed, 05/12/2018 - 16:00
Forums

Gaan ook nou maak soos die ander wink wat KNP toe gaan.

Kan nie meer wag vir volgende week se Woensdag nie.  Dit is die dag wat ek die Ford se neus weer Noord druk vir my jaarlikse kamp.

Soos ek genoem het, het ek vandag my nuwe silwer seil gaan haal om by die Eiland te toets.  Ek het ook vir my 'n LED lig gekry by Makro met 'n sensor sodat ek die braai lig ook onder die tent vir die nag gebruik om bewegings te verlig.  Ek het vir my by Takealot 'n "flood light" stander gesoek en toe daar nie voorraad was nie sommer besluit op 'n fotografiese lig staander wat so 2m kan uit trek en sommer 'n paar R goedkoper.  Laas naweek kry ek toe by Surette se suster hulle een van daai skerp LED ligte wat aan 'n vistok hang as verjaarsdag geskenk (net so paar dae te laat) nou het ek twee ligte.

Ook na 'n baie lank oorweging vir die tafel en blaaie ook nuwe "printed vinal" gekry.

So die jaar is dit nogals 'n duur vakansie en dit is nie eers te danke aan die lang afstand Hartenbos toe nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/12/2018 - 16:48

Wilsur - Ek is baie gek oor Eiland Spa. Daarom dat ek in die wintertyd graag daar gaan kamp vir 2 - 3 maande. (Volgende jaar vanaf 15 Junie tot 16 September)

Ek het vir meer as 3 jaar tussen die sitrusboere van Letsitele gewerk en Eiland se restaurant was meermale my middag-eetplek wanneer ek so laag af teen die rivier gewerk het. My geheue herinner my aan baie warm dae in die somermaande. Dus vra ek maar - is dit nie eerstens baie warm in die somer by Eiland nie? Is dit nie 'n taamlike gemors op die grondstaanplekke as dit reën nie? En skep die mopaniewurms se poefies nie baie probleme op die tente nie?

Ek wonder maar net.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/12/2018 - 17:30

fireworks

Anton, ek spandeer eerder my geld aan iets kouds.

Chris, ja dit is warm maar dit demp nie my kampe daar nie, seker omrede ek van daai area afkomstig is.

Ons was 2013 en 2014 Desember ook daar.

Ja die grond kan pla as dit reën, maar gelukkig verwag ek dit en tref maar voorsorg soos swart plastiek onder die grond nette.  Keer walle om die water te herlei.  Dit is ook hoekom ek vir my 'n nuwe silver seil gekry het.

2014 was daar maar min Mopanie wurms want die reën het te laat begin, wonder of Wijan 10 opgetel het.  

Ek kies ook my eie standplaas en weet dan wat om te verwag, soos 2019 staan ek op C25 wat volgens my een van die beste standplase is.

Chris, dan ken jy seker ook vir Amanda Vorster (Theunesin), Edward Vorster, Miami se Jan Welthagen ?

Centurion

Voortrekker

Wed, 05/12/2018 - 17:52

Ek praat van die ligte wat voor by die bonnets uitskiet, dit lyk soos fireworks.   Lyk my my kommunikasie is nie baie goed vandag nie?  laugh

Ek gaan nou 'n koue ene knak! smiley

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/12/2018 - 18:29

Wilsur

Ja - ek het vir Jan en Anna goed geken. Dit was in my tyd dat Jan met Miami Canners begin het. Toe dit op 'n stadium so bitter droog in daardie wêreld was, het Jan laat boor vir water. Ek het hom daardie dag by die boormasjien gekry en sal nooit sy woorde van daardie dag vergeet nie toe hy vir my gesê het: "Chris, boerdery is soos 'n bodemlose put". Jan en Anna het verongeluk nadat ek reeds op Tzaneen weg.

Nee, ek het nie die Vorsters se vrouens geken nie, maar wel heelparty kere by Edward en Pieter gekom.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/12/2018 - 19:03

Chris, dit is Jan en Martie, my half broer aan my ma se kant.  Edward en Jan se suster (my half suster) Amanda is nou getroud, sy het lank by die Tzaneen Skou gewerk (bestuurder of iets)  Theo Welthagen is die ander broer wat ook vir Jan gewerk het.  Die ander suster Estel (ook nou oorlede) het lank by die Eiland gewerk en ook vir Jan, sy het later met Pieter Herrer (dink ek is reg) getroud en daar naby teen die Letaba rivier gebly tot sy dood.

Ja, hulle ongeluk was baie tragies gewees, dit was Jan, sy vrou Martie en hulle jongste seun (matriek) en 'n vriend.  Sy oudste seun (klein Jan) het Miami oor gevat en is ook later as jong man dood aan kanker

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/12/2018 - 19:35

Wiksur - Ja my geheue het my bietjie in die steek gelaat met Jan se vrou se naam. Maar ter versagting - ek is darem al 35 jaar gelede daar weg. 

Piet Herrer het saam met Bernard Vermaak op Nouvelle La Cotte gewerk. Sy broer, Japie, was op Mabete (net voor Hans Merensky se motorhek).

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 05/12/2018 - 21:29

Die Eiland : Ons het in Junie 2018 oppad terug vanaf die Wildtuin vir twee dae daar oorgestaan en het dit baie geniet.  Dit was winter en die weer was kortbroek gehalte  -  heerlik !  Dit is sowaar 'n pragtige oord met baie goeie en netjiese geriewe  -  'n paradys vir kinders.

Maar ek kan my indink dat jy ingerig moet wees om die hitte en somerreëns te hanteer.  Die reën het wel die nadeel van modder, maar is seker 'n lafenis in die erge hitte.  Soos Hartenbos is Die Eiland baie populêr en dikwels ten volle bespreek.  My vermoede is dat dat daar baie is om te doen vir kinders en veral tieners en daarom bly dit 'n lekker gesins-vakansieplek, ten spyte van die gedrang van hordes vakansiegangers.

Willem, geniet julle Eiland-vakansie voluit !

Hier is solank 'n aptyd-wekker :-

.

.

.

.

.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 06/12/2018 - 08:35

Wat die hordes betref, bestaan dit nie by die Eiland nie.  Bennie die bestuurder kondig gereeld aan dat daar geen besoeker meer toegelaat word vir die dag nie want hulle het hulle merk bereik.

Omdat die plek so groot is is daar ook nooit 'n vertrapping van mense om die aanbiedings nie.

.
'n Paradys.  Hulle was 1,2 en 3 en al 3 was vriende van ons.
.
En die swembad was nooit oorvol nie.

 

Elarduspark

GerhardM

Thu, 06/12/2018 - 08:51

Ek stem, dis 'n puik oord. Ons was laasjaar Desember daar. 

Oom Willem, julle moet dit geniet.

Pretoria

leeu

Fri, 07/12/2018 - 05:29

Ons het baie jare terug in Desember daar gekamp en myself belowe nooit weer oor daardie tyd nie. My vrou se insulien het verdamp en was meeste van die tyd in die yskas en ons gedwing om vroër terug te ry. Ek moet noem dat ons wel in 'n tent gekamp het en was blootgestel aan al die elemente.

Daar was 'n persoon wat te warm gekry het by Tshipise en het hulle toe gevra of hy Eiland toe kan skuif. Die persoon het toe genoem die Eiland is warmer en weer geskuif na Swadini.

Daar het ek gesien hoe mense verskonings gebruik om vroër terug te ry huis toe. Ek dink darem dit sal nou beter wees in 'n wa met lugversorging sodat mens geslaap kan kry in die aande.

Tshipise het vir ons beter gevoel oor daardie tydperk want daar waai altyd 'n windtjie, maar is ook baie warm, al 43 grade gemeet in die koelte.

Geniet dit Willem!! En wys vir ons asb fotos van jou kamp.