Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

Aasvoëlkrans

Algemene Inligting

Resensies

Centurion

Voortrekker

Thu, 20/06/2019 - 09:48

Ons het die afgelope naweek saam met Kampforum en CCSA by Aasvoëlkrans gekamp.  Daar was nogal redelik baie gesels oor die kampeerplek en watter tipe resensie 'n mens vir hulle sal gee?   Op die ou einde was daar een vraag wat vir my sou bepaal hoe Aasvoëlkrans gradeer word - "Sal jy die kampeerplek aanbeveel aan vriende?"   En hier is my antwoord NEE - jy kan beter doen? 

Wel teen R150 per nag per staanplek spesiale winter prys mag mens seker nie kla nie?  Of mag 'n mens?

Die oord is regtig in 'n baie mooi area geleë en dit is 'n baie mooi plek, maar dit wil voorkom asof die onderhoud van fasiliteite en die kampeerder se kamp ervaring nie die nr 1 prioriteit hier is nie?

Dit lyk of die "Predator Park" voorkeur geniet wat uitgawes aanbetref.    So, moet dit opmaak vir die gebrek wat by ander areas voorkom - veral die kampeerplekke?  Of miskien beplan die eienaar/s om moontlik die geriewe op te knap nadat hy sy "predator park" verbeter het?

Gelukkig vir ons het die groep die kamp lekker gemaak en het die oord se tekorte darem voorsiening gemaak vir 'n lekker gesels punte so gedurend ons saamtrek met gebrek aan elektrisiteit en warm water.

Die oord was gedurende die langnaweek te vol gewees en asgevolg daarvan was daar 'n probleem met elektrisiteit wat veroorsaak het dat gedurige kragonderbrekings ons oorval het. Dit het tot 'n gevolg gehad dat water druk geval het en dat warm water ook gebrekkig was aan diegene wat graag in die oggende wil stort.  Na 'n gesprek met die bestuur het ek verneem dat hulle die kampeerders blammeer vir die elektrisiteit probleem omdat almal verwarmers gebruik en warm kosse wil maak in die koue.

Iets wat my baie gegrief het en wat my laat besef het dat die oord nie veel omgee vir die kampeerder nie, maar hom eerder oorlaat aan sy eie lot, was die gedurige gebrek aan toiletpapier in die ablusies.   Ek was darem gelukkig gewees om 'n hele paar keer  die toilet met die laaste bietjie toiletpapier te vind, en dit kon gebruik terwyl ek dink aan die arme siel wat na my sy besigheid moet kom afhandel daarsonder.

Spinnerakke is te  sien in die hoeke van alle badkamers en storte - dit saam met stowwerige en vuil vensterbanke en talle gekraakte ruite laat 'n mens duidelik die gevolgtrekking maak dat Aasvoëlkrans homself onderwerp aan 'n unieke standaard wat 'n tipe mark antrek waarvan ek en my gesin defnitief nie deel is nie.   

Wie op aarde bou 'n groot Ablusie waarin daar geen toilet geriewe is nie - m.a.w ek moet stort en die een gebou en dan 150m  stap om 'n toilet te gebruik?   

Daar is talle klein chalets in die kampeer area en ek was ingelig dat hierdie chalets nie ingerig is met toilette of badkamer geriewe nie en dat hulle ook die kampeer gemeenskaplike ablusies en opwas / kombuis areas deel.

Beveel jy hierdie plek aan?
Nee
My Gradering
5 uit 10
Kamp Datum
14 Junie 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Gras
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
2uit 5
Sekuriteit
4uit 5
Vir kinders?
Baie fasiliteite
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 22/06/2019 - 12:40

Hier is 'n paar punte waarmee ek met Anton saamstem.

"Die oord is regtig in 'n baie mooi area geleë en dit is 'n baie mooi plek, maar dit wil voorkom asof die onderhoud van fasiliteite en die kampeerder se kamp ervaring nie die nr 1 prioriteit hier is nie?"

"Dit lyk of die "Predator Park" voorkeur geniet wat uitgawes aanbetref. "

"Wie op aarde bou 'n groot Ablusie waarin daar geen toilet geriewe is nie - m.a.w ek moet stort en die een gebou en dan 150m  stap om 'n toilet te gebruik?"

"Gelukkig vir ons het die groep die kamp lekker gemaak en het die oord se tekorte darem voorsiening gemaak vir 'n lekker gesels punte so gedurend ons saamtrek met gebrek aan elektrisiteit en warm water."

Vir my was die warm swembad glad nie warm nie, na die naweek het hulle die temperatuur ook verder afgestel terwyl daar steeds klompie karavane was en klomp in die huisies.

My siening is dat ek miskien weer in die toekoms hier sal kom kamp as ander vir my die verbeterings kan wys. (?)

Hoekom sê ek, ek sal die plek aanbeveel ?  Dit is omdat ander se verwagtings nie dieselfde is as myne nie.

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
5 uit 10
Kamp Datum
14-21 Junie 2019
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Verskeidenheid tipe staanplekke
Swembaddens?
Warm en Koue Swembaddens
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Ablusies
4uit 5
Sekuriteit
5uit 5