Baie dankie Johann vir die verwelkoming. Ek is maar 'n stadige beginner maar as die diesel eers warm is dan begin ek hardloop. Namens mysel en my ander helfte Fransie wens ons almal op die Forum 'n baie Vooerspoedige 2019 toe. Mag die beste van 2018 die slegste van 2019 wees en ons hoop die Voorspoed verveel almal.
Groetnis vanaf Rustenburg.
Dirk.
Baie dankie Anton. Die gogga…
Baie dankie Anton. Die gogga met die Karavane het ons so 39 jaar terug al gebyt. Die laaste agt jaar doen ons baie "off road" trips en geniet dit nogals baie. sal op 'n later geleentheid bietjie meer uitbrei.
Vriendelike Groete,
Dirk.
Baie welkom, Dirk en ook…
Baie welkom, Dirk en ook Fransie. Dankie dat jy aangesluit het en saam gesels. Ons sien uit om sommer nog baie van jou te hoor, so maak warm daai diesel.![]()
Baie welkom hier Dirk en…
Baie welkom hier Dirk en Fransie, ons gaan nog sommer lekker kuier hier op die lekkerste fotum.
Welkom Dirk
Dirk en Fransie welkom op die forum vertel ons bietjie meer van julle en kamp n hond uit n bos





Hallo Dirk. Baie welkom by…
Hallo Dirk. Baie welkom by Kampforum! Ons sien uit om meer van jou en Fransie te hoor.
Baie voorspoed vir julle ook
Groete
Anton