Kliek Hier vir die opvolg artikels - April 2019 - Jurgens Ci - DIE PLOT VERDIK
Mei 2019- Jurgens is Terug!!!

Met al die onlangse gerugte en publikasies wat rondgaan aangaande Jurgens Ci, het kampforum besluit om self ondersoek in te stel, en die hoorsê en sensasie soekende sosiale media se vele opinies en eise te toets!
Ons hoor gerugte van die Jurgens fabrieke wat toemaak, parte wat onverkrygbaar is en die ondergang van die grootste karavaan en tent vervaardiger in die geskiedenis van Suid Afrika.
Ek persoonlik volg die storie al vandat dit begin vlam vat het en die eerste van vele forum onderwerpe en insette op facebook asook artikels in bekende buitelewe tydskrifte verskyn het.
So wat is die waarheid? Wie kan 'n mens glo?
Ek het die vraag gevra totdat 'n stemmetjie vir my gefluister het een oggend toe ek my oë oop maak - "klim in jou voertuig, ry na hulle fabriek toe en gaan kyk vir jouself..."
Ek het so 'n uur voor ek by die fabriek opgedaag het kontak gemaak met die fabrieks bestuurder, Tian Muller, en hy het my vriendelik uitgenooi en aangedui dat hy my persoonlik vir 'n toer deur die fabriek sal neem.

WOW
Hierdie lyk nie vir my soos 'n fabriek wat toegemaak het nie. Ek het ook nie gedink dat dit so 'n groot fabriek is nie! Die teenwoordigheid van personeel op die vloer wat besig is met vervaardiging en kantore met bestuur - en admin personeel getuig van 'n fabriek wat sterk in besigheid is!



Op my vraag oor hoeveel waens tans geproduseer word, is ek vertel dat hulle 14 per week vervaardig vir die plaaslike mark en dan ook 14 per week wat verpak en uitgevoer word. Produksie is nog nie volspoed nie, want daar word eers gefokus om seker te maak dat kwaliteit van produkte gewaarborg word en die nodige kwaliteit kontroles in plek gesit word voordat bestuur die volstoom knoppie druk.
Die uitvoer waens word Australië toe gestuur , maar ek het ook gehoor dat die kantoor en verspreidings fasiliteit in Duitsland nou gevestig is en dat die een in England in finale proses is. Kwalitiet van toekomstige produkte is dus nie net van belang om die plaaslike verbruiker gerus te stel nie, maar ook belangrik vir die buitelandse markte.


'n Paar splinternuwe CNC masjiene om produksie en kwaliteit te verbeter getuig van 'n fabriek wat groot planne het vir die toekoms!

NUWE ONTWERPE
In hierdie afdeling kon ek ongelukkig nie foto's neem nie, maar ek het die nuwe Penta gesien
en was ook op 'n vinnige virtuele toer geneem om die finale produk op rekenaar te besigtig - BAIE NICE!! Ek dink dit is defnitief iets om na uit te sien ![]()
JURGENS STEELWORX FABRIEK
Reg langsaan is nog 'n groot fabriek waar al die staalwerk gedoen word.
Hierdie gedeelte is ook lekker bedrywig met vele modelle se onderstelle wat onder produksie is. Ek is baie beindruk!



HERSTEL AFDELING
Herstelwerk op vorige modelle ...

DIE STAND VAN SAKE
Na my toer deur die fabriek het ek 'n kansie gekry om rustig te sit met 'n paar vrae en kan ek namens die eineaar van Jurgens die volgende deel:
Deur die vorige eienaars sedert 2006, het die kwaliteit van Jurgens produkte agteruit gegaan en het vele uitdagings die maatskappy betree. Die probleme met personeel stakings, laer kwalitiet van produkte en onrealisitese produk ontwerpe was iets wat die nuwe huidige eienaar van Jurgens Ci oorgeneem het. Hierdie uitdagings word deur nuwe eienaarskap en huidige herstrukturering van Jurgens Ci aangespreek.
Die tent fabriek in Pinetown ook meer bekend as Howling moon is nog in vol produksie en voorsien tente aan die woonwa fabriek en die kampeer Industrie.
Die veselglas fabriek in Rosslyn bestaan nog en produseer, maar 'n keuse is gemaak om die fabriek oor te skuif na die hoof fabriek in Ga-Rankuwa. Die bykomstighede afdeling (accessories) skuif na Tulisia Park Alberton vir logistieke redes en om die middelpunt daarvan meer sentraal te kan maak.
Wat handelaars aanbetref is die gerugte dat Jurgens Ci net aan hulle eie handelaars voorsien onakuraat en voorsien die fabriek tans produkte aan enige handelaar wat belangstel om 'n verspreider te wees.
Comet in Boksburg is tans onder besigheidsredding. Ander handelaars ooreenskomste is besig om onderhandel te word en sal voorlopig binne die volgende maand of twee bekend gemaak word d.m.v verskeie publikasie kanale. Prestige Safari Centre / Sunseeker handelaars is almal nog in orde en verkoop Jurgens Ci produkte soos normaalweg.
Wat die hofsaak om voorlopige likwidasie aanbetref. Die hofsaak geskied die 6de Febraurie en Jurgens sal dit verdedig om 'n meerderheid ten gunste te verklaar.
DIE TOEKOMS
Die toekoms van Jurgens lyk vir my baie belowend en ek sien 'n maatskappy wat beslis luister na sy verbruikers om 'n produk te kan lewer wat saak maak en gesog is.
Die visie is om 'n groot verskeideneid produkte op die mark te kan plaas d.m.v die Jurgens, Sprite en Gypsey handelsmerke . Ja, Gypsey is weer op die kaarte!
Woonwaens beloof om groter en gemaklike eiland beddens te voorsien saam met groter yskaste en baie pakplek!
Dankie Jurgens dat julle my toegelaat het om julle fasiliteit te besoek en om vir myself te kon vasstel wat die waarheid is agter julle huidige situasie asook julle vooruitsigte.
Alles van die beste vir julle en ek hoop om binnekort weer 'n besoek af te lê om julle vordering waar te neem.
Groete - Anton Louw anton@kampforum.co.za

Laat weet Willem
Willem laat weet wat jy dink van die nuwe Penta en Swing asb
Nuwe Swing
Môre vriende
Wat sou mens kampeerders noem wat met 'n Swing kampeer----seker tog nie swingers nie.![]()
Groete
As ek reg onthou het Jaques…
As ek reg onthou het Jaques R op die ou Wegsleep forum homself as ń Swinger bekendgestel na hy ń Swing gekoop het?
Jaques ek mis jou hier man, jy het altyd goeie insette gelewer? Jy moet bietjie meer hier kuier.
Arie - lekker om te gesels…
Arie - lekker om te gesels man!
Ja ek weet - kom te min hier verby.
Ek het mos na 2 Swing verhoudings 'n verskeidenheid ander probeer - ha ha!!
Kyk die woord "swing" het…
Kyk die woord "swing" het vir ons ouer garde natuurlik ń heel ander betekenis as vir die jonger generasie.
By my roep dit herhineringe op van sleutel partytjies en daai klas van plesiertjies?
Jaques as ek reg onthou het…
Jaques as ek reg onthou het jy en jou gesin met quads gespeel?
Ek mis jou voledige dagboek oor elke vakansie, amper gevoel of ons saam met julle toer?
Arie ja nee, ek het lui…
Arie ja nee, ek het lui geword met die dagboeke... ![]()
Arie ja nee, ek het lui…
Arie ja nee, ek het lui geword met die dagboeke...
Die waarheid is dat daai meisiekindrs van hom groter word en hy hol sy gat af om die boyfriends buite die draad of stand te hou!!![]()
Niks meer tyd vir n gedagboekhouery nie...
he he Frikadel - hulle is…
he he Frikadel - hulle is gelukkig nog nie te besig met boyfriends nie... ![]()
Ek het by comet
JacquesR by comet wou ek en Berdien appels met appels vergelyk toe was daar net n Swing waarvan ek hou vorige keer was ek alleen by comet toe was penta weer daar hoe word daar gese happy wife happy camper
Willem ek gaan probeer
Ek wil so graag met al die bollie by werk weet ek nie ![]()
Ek sien die nuwe Penta 138…
Ek sien die nuwe Penta 138 is hond mooi, daar is 'n 360° klip wat jy die hele wa van binne kan bekyk, dit is nou soos per Outdoor se e-pos wat ek vandag ontvang het.





Skou ...
Ek hoor hulle is op die skou (waarvan ek kaartjies gewen het
) en hoop om die nuwes daar te sien.