Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -8 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -23 hours ago

Jurgens Ci- DIE WAARHEID

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kliek Hier vir die opvolg artikels - April 2019  - Jurgens Ci - DIE PLOT VERDIK

Mei 2019-   Jurgens is Terug!!! 

Jurgens Fabriek

Met al die onlangse gerugte en publikasies wat rondgaan aangaande Jurgens Ci, het kampforum besluit om self ondersoek in te stel, en die hoorsê en sensasie soekende sosiale media se vele opinies en eise te toets!  

Ons hoor gerugte van die Jurgens fabrieke wat toemaak, parte wat onverkrygbaar is en die ondergang van die grootste karavaan en tent vervaardiger in die geskiedenis van Suid Afrika.

Ek persoonlik volg die storie al vandat dit begin vlam vat het en die eerste van vele forum onderwerpe en insette op facebook asook artikels in bekende buitelewe tydskrifte verskyn het.

So wat is die waarheid?  Wie kan 'n mens glo?  

Ek het die vraag gevra totdat 'n stemmetjie vir my gefluister het een oggend toe ek my oë oop maak   - "klim in jou voertuig, ry na hulle fabriek toe en gaan kyk vir jouself..." 

Ek het so 'n uur voor ek by die fabriek opgedaag het kontak gemaak met die fabrieks bestuurder, Tian Muller, en hy het my vriendelik uitgenooi en aangedui dat hy my persoonlik vir 'n toer deur die fabriek sal neem.

Jurgens

WOW

Hierdie lyk nie vir my soos 'n fabriek wat toegemaak het nie.  Ek het ook nie gedink dat dit so 'n groot fabriek is nie!   Die teenwoordigheid van personeel op die vloer wat besig is met vervaardiging en kantore met bestuur - en admin personeel getuig van 'n fabriek wat sterk in besigheid is!

Jurgens fabriek oop

Jurgens fabriek oop

Jurgens Fabriek oop

Op my vraag oor hoeveel waens tans geproduseer word, is ek vertel dat hulle 14 per week vervaardig vir die plaaslike mark en dan ook 14 per week wat verpak en uitgevoer word.   Produksie is nog nie volspoed nie, want daar word eers gefokus om seker te maak dat kwaliteit van produkte gewaarborg word en die nodige kwaliteit kontroles in plek gesit word voordat bestuur die volstoom knoppie druk.  

Die uitvoer waens word Australië toe gestuur , maar ek het ook gehoor dat die kantoor en verspreidings fasiliteit in Duitsland nou gevestig is en dat die een in England in finale proses is.   Kwalitiet van toekomstige produkte is dus nie net van belang om die plaaslike verbruiker gerus te stel nie, maar ook belangrik vir die buitelandse markte.

Jurgens

Jurgens

'n Paar splinternuwe CNC masjiene om produksie en kwaliteit te verbeter getuig van 'n fabriek wat groot planne het vir die toekoms!

Jurgens

NUWE ONTWERPE

In hierdie afdeling kon ek ongelukkig nie foto's neem nie, maar ek het die nuwe Penta gesien smiley en was ook op 'n vinnige virtuele toer geneem om die finale produk op rekenaar te besigtig -   BAIE NICE!!   Ek dink dit is defnitief iets om na uit te sien yes

 

JURGENS STEELWORX FABRIEK

Reg langsaan is nog 'n groot fabriek waar al die staalwerk gedoen word.

Hierdie gedeelte is ook lekker bedrywig met vele modelle se onderstelle wat onder produksie is.  Ek is baie beindruk!

Jurgens

Jurgens

Jurgens

HERSTEL AFDELING

Herstelwerk op vorige modelle ...

Jurgens

 

DIE STAND VAN SAKE

Na my toer deur die fabriek het ek 'n kansie gekry om rustig te sit met 'n paar vrae en kan ek namens die eineaar van Jurgens die volgende deel:

Deur die vorige eienaars sedert 2006, het die kwaliteit van Jurgens produkte agteruit gegaan en het vele uitdagings die maatskappy betree.  Die probleme met personeel stakings, laer kwalitiet van produkte en onrealisitese  produk ontwerpe was iets wat die nuwe huidige eienaar van Jurgens Ci oorgeneem het.  Hierdie uitdagings word deur nuwe eienaarskap en huidige herstrukturering van Jurgens Ci aangespreek.

Die tent fabriek in Pinetown ook meer bekend as Howling moon is nog in vol produksie en voorsien tente aan die woonwa fabriek en die kampeer Industrie.  

Die veselglas fabriek in Rosslyn bestaan nog en produseer, maar 'n keuse is gemaak om die fabriek oor te skuif na die hoof fabriek in Ga-Rankuwa.   Die bykomstighede afdeling (accessories) skuif na Tulisia Park Alberton vir logistieke redes en om die middelpunt daarvan meer sentraal te kan maak.

Wat handelaars aanbetref is die gerugte dat Jurgens Ci net aan hulle eie handelaars voorsien onakuraat en voorsien die fabriek tans produkte aan enige handelaar wat belangstel om 'n verspreider te wees.   

Comet in Boksburg is tans onder besigheidsredding.   Ander handelaars ooreenskomste is besig om onderhandel te word en sal voorlopig binne die volgende maand of twee bekend gemaak word d.m.v verskeie publikasie kanale.  Prestige Safari Centre / Sunseeker handelaars is almal nog in orde en verkoop Jurgens Ci produkte soos normaalweg.

Wat die hofsaak om voorlopige likwidasie aanbetref.  Die hofsaak geskied die 6de Febraurie en Jurgens sal dit verdedig om 'n meerderheid ten gunste te verklaar.

DIE TOEKOMS

Die toekoms van Jurgens lyk vir my baie belowend en ek sien 'n maatskappy wat beslis luister na sy verbruikers om 'n produk te kan lewer wat saak maak en gesog is.

Die visie is om 'n groot verskeideneid produkte op die mark te kan plaas d.m.v die Jurgens, Sprite en Gypsey handelsmerke .  Ja, Gypsey is weer op die kaarte!   

Woonwaens beloof om groter en gemaklike eiland beddens te voorsien saam met groter yskaste en baie pakplek!

Dankie Jurgens dat julle my toegelaat het om julle fasiliteit te besoek en om vir myself te kon vasstel wat die waarheid is agter julle huidige situasie asook julle vooruitsigte.

 

Alles van die beste vir julle en ek hoop om binnekort weer 'n besoek af te lê om julle vordering waar te neem.

Groete - Anton Louw  anton@kampforum.co.za

JCi

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 11/03/2020 - 06:52

Ons was verlede saterdag by Comet in Boksburg gewees hulle het groot potjie kompetiesie dag gehad en opmerklik was comet se toe behore goed gestok min 2 handse waens op vloer sowel nuwe waens wel n paar sensations waens maar hulle doen dit nie vir my nie die wa verkope tel blykbaar mooi op en ja daai Penta mooi baie mooi Johann

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/03/2020 - 07:02

Shaun daai Penta 138 GS is besonders, toe ek vir Bennanta die video clip wys, stel sy so belang, tot sy die prys hoor😂

Ek moet egter noem, al waarvan ek nie hou nie, is die uittrek kombuis, weet nie, ek dink maar net dit vat spasie in die tent weg?

Of dalk is dit nou net suurdruiwe omdat ek dit nie kan koop (bekostig) nie.😀 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 11/03/2020 - 07:29

Môre Johann en ander suurdruiwe mense

Ja, jy is reg, die uittrek kombuis neem tent spasie in beslag. Jy moet nou net mooi dink, as julle lank kamp, hoeveel tafels en rakkies pak julle elkgeval uit in die tent. Dit vat mos ook spasie.

Ek stoot soms my uittrek koel/yskas terug in die bêre plek om spasie te wen, veral as mens beperk is weens ongure weer tot in die tent.  Onthou,my Kavango se tent is baie kleiner as 'n Penta s'n.

Groete

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/03/2020 - 08:51

Môre Wessel, ja swaer, is swaar swaer, elke man soen sy vrou soos hy verkies, dit is wat die lewe lekker maak😂

Ek hoor (lees) wat jy sê, van die uittrek kombuis, ek hou net nie daarvan nie, baie mense verkies dit weer.

Dit sal gaaf wees as mens kon kies, uittrek kombuis, of kaste binne, dit op sigself weer, gaan veroosaak dat die skoner geslag daai spasie van ekstra kaste ten volle benut, eish ons kan ook nie wen nie😩

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 11/03/2020 - 15:37

Ek hoor (lees) wat jy sê, van die uittrek kombuis, ek hou net nie daarvan nie, baie mense verkies dit weer.

Ek stem 100% saam, hou ook nie van daai uittrek kombuis nie.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 11/09/2020 - 09:08

Ek sien by Pretoria woonwaens is daar altyd nuwe waens wat daar staan en sommer `n hele klomp.

Lyk my dinge gaan weer goed of dalk net baie beter

 

Groetnis

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 11/09/2020 - 09:55

Sal nice wees as jy ons weer ophoogte kan bring gesien by comet laas maand die waens tel weer op

0
Centurion
Profile picture for user JacquesR

JacquesR

Fri, 11/09/2020 - 11:24

Ek was so maand gelede daar.

Alles loop soos stroop.

A.g.v. inperking was hulle op 3-dag werksweek, maar verder sleep die waens een na die ander daar uit.
My nuwe ene juis nou in produksie - Voortrekker, as jy hom sien moet vir niemand vertel nie - geheime R&D model...  ;-) 

0
Parow

Theo

Fri, 11/09/2020 - 17:21

Hello almal

Ek is 'n gereelde leser van die forum maar dit is waar dit tot nou gebly het.

Na aanleiding van die vorige artikels van die besoek aan die Jurgens Fabriek en die moontlike "nuwe" besoek wil ek graag vra dat indien dit sou gebeur - dit is nou nog 'n besoek aan die fabriek - dat daar indien moontlik ook gevra kan word oor die moontlikheid van nuwe modelle - die "nuwe" Penta is beskikbaar en net voor die inperking was daar 'n artikel van die "nuwe" Exclusive wat ook sy opwagting sou maak - die binnekant was verander asook die deur en die nuwe kleurskema. 

Wanneer sou die Classique aan die beurt kom met 'n nuwe model/uitleg.

Ek oorweeg om my Fleetline L te vervang met die Classique maar die huidige model/vorm is minder se uitleg is nie noodwendig die treffer wat die wit modelle (2017/18/19) se uitleg was nie - ons verkies dus daardie modelle se uitleg.

Voorspoed met die moontlike beplanning van die besoek.

Groete 

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 24/10/2022 - 14:06

Wonder wat daar aan gaan ?

Ek weet hulle naam het op 'n stadium verander na LEEFEK ?  Wonder of die nuwe ouens onder hierdie naam voort gaan ?

1

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/10/2022 - 14:40

Baie interessante naam speling. As mens na die produkte kyk, is dit maar die gewone Jurgens reeks, Sprite waens en die Jurgens boswaens.

Gaan die nuwe ouens enigsins voort.? Ek twyfel of hulle die naam sal hou, kyk na bostaande pamplet. Hulle bemark, 'n verskeidenheid modelreekse, waarvan ek sommige se bestaan betwyfel, soos Wilk en Gypsey.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 24/10/2022 - 15:36

Soos ek dit het. Die ou Jurgens fabriek in Garankuwa bestaan nog steeds en gaan nog steeds aan soos normaal, maar nie meer onder die name Jurgens, Sprite en Gypsey nie. Hul maatskappy se naam is nou LEEFEK en hul karavane gaan ook nie meer die name dra van Jurgens, Sprite en Gypsey nie, maar LEEFEK. Ek het nou juis n artikel gesien waar die oorspronklike Sprite Tourer tevoorskyn kom, maar hulle noem hom die LEEFEK TOURER. Quantum het slegs die handels name gekoop wat hul dan op hul karavane gaan plaas, maar het geen verbintenis met die "ou Jurgens " of altans die huidige LEEFEK fabriek in Garankuwa nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 24/10/2022 - 16:19

Vriend het foto geplaas (WhatsApp) waar dit dood is daar.  Het hom nou gevra of die foto vandag geneem was.

Nou met Nico Lyon gepraat, hy was by Eskom kantore daar naby toe sien hy dit is dood stil, hy het hulle gebel en die dame het gesê hulle doen nie besigheid op Maandae en Vrydae nie. 🤷‍♂️

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 20/10/2023 - 07:53

Net persone en groepe wat alreeds 'n goeie markstudie gedoen het, en oor die nodige tegniese en bestuurskennis beskik, sal/moet belangstel. 'n Besigheidsplan en voltooide markstudie moet voltooi wees voordat jy tender/koop. 

Die kardinale vraag is, is daar plek vir nog 'n groot padwa vervaardiger/verskaffer plaaslik. Dit is waar die markstudie inkom.

Lank gelede toe ek betrokke was met die ontwikkeling van sonpanele, was die kriteria aan my gestel, die volgende;

"kan jy 'n produk lewer, goedkoper as die gelande koste van ingevoerde panele"

Kwaliteit, vakmanskap en bekostigbare kompeterende pryse gaan die besigheid maak of breek. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus