Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59405 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beslis... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -14 minutes ago
Groot voël Lag 'n slag Willem Brits -42 minutes ago
Len ... WilSur - Letaba 2019 Willem Brits -2 hours ago
Wat is.... Ombou van jou bakkie van… Len Loader -3 hours ago
Willem...... WilSur - Letaba 2019 Len Loader -2 hours ago
Sal ek nou n testikel… Ombou van jou bakkie van… neef Herman -4 hours ago
Ek moet... WilSur se 2011 Exclusive Krag… Len Loader -5 hours ago

Jurgens Ci - DIE PLOT VERDIK

Centurion
Submitted by Voortrekker on Thu, 02/05/2019 - 15:04
Forums

JCi

Ek is baie bly dat ek weer die tyd en geleentheid gehad het om die Jurgens fabriek in Garankuwa te kon besoek, asook om koffie te kon drink en gesels met die bestuur.    Sedert my eerste besoek aan die fabriek in Januarie 2019, waarvan die doel was om al die verskeie Jurgens Ci gerugte op sosiale media te ondersoek, was daar beslis weer baie gerugte en opinies asook groot afwagting van die publiek en verbruikers oor die ontwikkeling van besigheid en uitkoms van die hofsaak met Mega Freight.

Ja, almal wil graag weet wat  aangaan by Jurgens, en my waarneming is ook dat daar nogsteeds soos voorheen gemengde gevoelens en wense is met betrekking tot die toekoms van hierdie bekende en suksesvolle maatskappy wat woonwaens aan ons en vorige geslagte verskaf het.   By my is geen twyfel dat daar wel individue en groepe is wat nie sukses toewens vir Jurgens nie,  hoekom hulle so optree sal hulself maar aan ons moet vertel, Maar dan is daar ook die meerderheid wat hoop vir vooruitgang en vir Jurgens alle sterkte toewens met die hoop dat hulle nog sterker as voorheen sal opstaan sodat die legendariese produkte en diens kan voortleef.

jci

Die doel van my onlangse besoek was om ’n opvolg artikel te publiseer op Kampforum.co.za se webwerf en om ’n objektiewe en akkurate verslag te lewer oor die ontstaan en huidige stand van sake, asook wat verwag kan word van Jurgens in die toekoms  - met ander woorde, moet ons as kampeergemeenskap maar laat vaar en aanvaar dat Jurgens iets van die verlede is en dat die entiteit se dae getel is, of is daar redes om te weet en hoop dat daar weer groot dinge en opwindende produkte op ons wag vanuit die produkmantjie van hierdie maatskappy?

Persoonlik is ek baie opgewonde oor wat ek gesien, gehoor en ervaar het met my onlangse besoek.  My gevoel is dat daar defnitief meer lewe en aksie was in vergelyking met my vorige besoek 3 maande gelede.  Ek het meer kleur en entosiasme gesien in die gesigte van bestuur en werknemers, wat vir my die gevoel gee dat hulle vol hoop en ook opgewonde is oor die toekoms van hulle werkgewer.

Jci

Sonder om verder te praat oor hoe dinge lyk en voel en my persoonlike gevoel, laat ek eerder vertel oor die staan van belangrike sake.  

Die hofsaak.  

Paul het onder my aandag gebring dat die saak van Mega Freight teen Jurgens Ci op die 14de Mei uitgestel is na 1 November 2019 wanneer dit voor die regter sal verskyn vir die verhoor daarvan.   Ek het gehoop om te verneem dat die saak al teen hierdie tyd afgehandel is, maar ons almal sal maar  nog ’n bietjie geduldig moet wees om die uiteinde daarvan te hoor!  Ek hoop wel dat daar gouer en miskien oor ’n maand of twee alreeds ’n finale beslissing beskikbaar sal wees.  

Ek het vir Paul gevra hoe dit gebeur het dat hulle Mega Freight soveel geld kon skuld wat lei tot ’n hofsaak en voorlopige likwidasie.  Ek verstaan dat asgevolg van produksie uitdagings die besluit geneem was om gebruik te maak van lugvrag, teen baie hoë kostes, om uitvoer goedere binne 1 week na Australia te kan stuur, eerder as om van seevrag gebruik te maak wat 6 weke of langer sou neem.  Die besluit om lugvrag en die hoër kostes daarvan, was geregverdig deur te probeer verhoed dat die Jurgens fabriek in Australië stilstaan en nog hoër verliese tot gevolg sou hé.  Toe die lugvrag diens van Mega Freight  plus minus 40 dae neem om goedere Australie toe te stuur, het Jurgens bestuur geweier om die hoër kostes te betaal aangesien die 1 week aflewerings ooreenkoms nie deur Mega Freight nagekom was nie. Jurgens will graag nog die probleem oplos.

Hoekom, is ook ’n vraag wat onlangs baie gevra was, het Jurgens Ci in die onlangse situasie van produksie  uitdagings beland?  Ek het die vraag aan Paul gevra en verstaan van hom dat die grootste bydrae tot die produksie probleme die stakings van 200 werknemers was.  Die rede vir die stakings was omdat die werknemers beslag wou lê op hulle pensioen gelde.  Die stakings het ontaard in ’n onwettige en geweldadige gebeurtenis waar lede van die fabriek se bestuur fisies aangerand was.  Mary Jane, ontvangsdame by die fabriek, vertel vir my dat sy oproepe ontvang het van werknemers wat gedreig het om haar huis af te brand indien sy haar werksverpligtinge sou nakom.   Om gebeurtenisse verder in  perspektief te plaas moet ook verstaan word dat hierdie stakings plaasgevind het gedurende Februarie en Maart 2017 -  Paul het Jurgens oorgeneem op 1 Februarie 2017!   Met ander woorde tydens die 2 maande na verkryging van die maatskappy, kon produksie nie geskied nie en het Jurgens bykans heeltemal tot stilstand gekom.  Die uiteinde van die stakings was dat die 200 werknemers afgedank was en as gevolg daarvan was die Jurgens fabriek  se produksie proses gekruppel. indecision

Asof  die stakings  nie genoeg was om produksie te kniehalter nie, het kwaliteitsprobleme later in 2017 opgeduik wat tot gevolg gehad het dat plaaslike verskaffing en uitvoer van produkte agteruit gegaan het, wat ook ’n negatiewe invloed op Jurgens Australië gehad het en asgevolg daarvan was die lugvrag opsie van Mega Freight as oplossing gekies.

Wel, genoeg van die verlede en redes vir die onlangse  dilemma waarin Jurgens Ci homself  bevind het.  Soos ek van een van werknemers gehoor het, is die eienaar van Jurgens nie die tipe persoon wat opgee nie, maar eerder baie hard werk om sukses te behaal en dat hy hierdie wa deur die drif sal trek (-:

So, wat kan ons verwag van Jurgens in die toekoms?      

Die hoogtepunt van verwikkelinge is dat Jurgens Campworld nou die amptelike agent is vir die Air Opus kampeerwaens in Suid Afrika en Namibië.   Ek het die geleentheid gehad om die Air Opus van nader te sien en Tian en sy span het hom vir my opgeslaan en toegelaat dat ek ’n video van die proses neem en deel.  Die video is hier onderaan aangeheg:

Die Air Opus word ingevoer van Europa en Australia af en is tans beskikbaar in beide pad en “offroad” opsies.   Die aanbevole handelprys is tans R399 000.  

Die Air Opus is tans beskikbaar by die volgende handelaars:  Comet, Alberton Karavane , TuinRoete Karavane, Nelspruit Campworld, Eastern Cape Campworld, Leisure Land CPT,  die 2 Buskhwackers handelaars in Namibie, Discovery Pretoria asook Durban Campworld.

Opus

Opus

Produksie van die gewilde Sensation reeks woonwaens gaan voort en die volgende in die reeks is beskikbaar:  Vee,  Dawn, Ava, Maia, Anee     

Hieronder is  foto’s van ’n Sentation woonwa in produksie by die fabriek:

se

se

se

Paul het ook vir my nog ’n opkomende nuwe generasie woonwa gewys wat binnekort deur die maatskappy aan die kampgemeeskap beskikbaar gemaak gaan word.  Ek kon ’n paar foto’s neem van die prototipe (sien hieronder).  Ek is baie beindruk daarmee en glo dit gaan ’n baie gewilde opsie wees aan enigiemand wat in die mark is vir ’n nuwe pad-wa.  Die filosofie agter hierdie nuwe model is gehalte, betroubaarheid asook ’n woonwa waarvan die ontwerp ontstaan het vanuit dit wat kampeerders graag wil hé in ’n Suid-Afrikaanse woonwa!

pe

 

pe

pe

Ek het sommer alreeds my volgende besoek aan die fabriek met Paul bespreek en my koffie bestelling is geplaas.  Ek hoop om binekort weer ’n draai te maak en dan  hopelik op ’n hofsaak beslissing of skikking  verslag te kan terugvoering gee!   Baie dankie aan die  kampgemeeskap en veral die lede van kampforum.co.za  se motivering om hierdie artikels ’n moontlikheid te maak. 

Tot volgende keer,  of sien jou by die kampeerplek! smiley   - Anton Louw   

Hierdie Artikel volg op die  Jurgens Ci - DIE WAARHEID  artikel van Januarie 2019 

Volgende Artikel Mei 2019 -  Jurgens is Terug !!!

video
Centurion

lein

Thu, 02/05/2019 - 16:40

Baie dankie Anton vir jou moeite en detail verslag! Sien uit na jou opvolg verslag later. As eienaar van 'n Sensation is ek verheug dat die waens steeds vervaardig word en ek sien ook uit na die nuwe produk wat jy as prototipe afgeneem het -dit lyk belowend! Die OPUS is dalk goeie produk maar na my mening oorprys en (vir my!) te futuristies vir 'n kampwa. Groete en nogmaals dankie!!

Middag kampeerders

Ek wonder of die nuutste bos waentjie van Jurgens die mas gaan opkom. Dit lyk alteveel na 'n moerse opgesmukte ossewa-- net seil waar jy kyk.

Ek is oortuig dat Jurgens se eie produkte meer voordele bied, en dan praat ek nie eers van al die ander plaaslike beskikbare produkte nie. Dink julle verskaffers doen nog markstudies, of loods hulle net 'n nuwe produk en hoop dit vind byval?

Die nadeel is dat indien die produk onsuksesvol is, onttrek word later, sit die eerste kopers met iets wat moontlik nie gerugsteun word nie.

Groete

Wessel

PS: Ondersteuner van gevestigde plaaslike produkte soos Toyota, Ford, …. Steve in volgorde van gewildheidlaugh  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 03/05/2019 - 20:24

....................van my kant af ook, baie dankie vir jou opvolgverslag.  Dit lyk vir my die olifant in die JurgensCi-vertrek word happie vir happie geëet en dit klink vir my na  positiewe nuus.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 03/05/2019 - 20:24

Anon, baie dankievir die terugvoering aan ons as lede.

Ek is oortuig dat Jurgens gaan groter wees as tevore?

Al wat my pla, is ek kan nie 'n nuwe wa bekostig niecrying

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 03/05/2019 - 20:37

Stoffel, dit gaan darem vir die jong mense 'n kans gee om kwaliteit produkte te bekom, hulle het immers nog 'n groot deel van werklewe voor, ek sal maar wag en bid die versekering maak my ou Penta liewer reg as wat hulle die wa afskryf.

Elarduspark

GerhardM

Sat, 04/05/2019 - 20:27

Jurgens lewer beslis nuwe produkte af. 17:20 vanmiddag het ek op die N1 rigting JHB net voor die Ou JHB pad afrit verby 'n vragmotor gery met 'n nuwe padwa (kan 'n Penta wees), 'n nuwe Off road wa en Mercedes bussie op. Die bussie het 'n Jurgens wapen op die deur gehad. Ek was ongelukkig alleen en kon nie 'n foto neem as bewys nie blush

Secunda

Sleep nou

Mon, 06/05/2019 - 08:25

Did goeie nuus Gerhard ek wonder of die putco styl iets van die verlede gaan wees persoonlik hou ek nie van hom

Anton, jou verslag was uit die hoogste rakke uit, baie dankie daarvoor. Ek hoop Jurgens kry sy sake bymekaar, en spog weer met sy produkte, maar hy het stewige kompetisie plaaslik gekry.