Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -6 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -7 hours ago
Hael November 2026 Geert -7 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -12 hours ago

Jurgens Ci- DIE WAARHEID

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kliek Hier vir die opvolg artikels - April 2019  - Jurgens Ci - DIE PLOT VERDIK

Mei 2019-   Jurgens is Terug!!! 

Jurgens Fabriek

Met al die onlangse gerugte en publikasies wat rondgaan aangaande Jurgens Ci, het kampforum besluit om self ondersoek in te stel, en die hoorsê en sensasie soekende sosiale media se vele opinies en eise te toets!  

Ons hoor gerugte van die Jurgens fabrieke wat toemaak, parte wat onverkrygbaar is en die ondergang van die grootste karavaan en tent vervaardiger in die geskiedenis van Suid Afrika.

Ek persoonlik volg die storie al vandat dit begin vlam vat het en die eerste van vele forum onderwerpe en insette op facebook asook artikels in bekende buitelewe tydskrifte verskyn het.

So wat is die waarheid?  Wie kan 'n mens glo?  

Ek het die vraag gevra totdat 'n stemmetjie vir my gefluister het een oggend toe ek my oë oop maak   - "klim in jou voertuig, ry na hulle fabriek toe en gaan kyk vir jouself..." 

Ek het so 'n uur voor ek by die fabriek opgedaag het kontak gemaak met die fabrieks bestuurder, Tian Muller, en hy het my vriendelik uitgenooi en aangedui dat hy my persoonlik vir 'n toer deur die fabriek sal neem.

Jurgens

WOW

Hierdie lyk nie vir my soos 'n fabriek wat toegemaak het nie.  Ek het ook nie gedink dat dit so 'n groot fabriek is nie!   Die teenwoordigheid van personeel op die vloer wat besig is met vervaardiging en kantore met bestuur - en admin personeel getuig van 'n fabriek wat sterk in besigheid is!

Jurgens fabriek oop

Jurgens fabriek oop

Jurgens Fabriek oop

Op my vraag oor hoeveel waens tans geproduseer word, is ek vertel dat hulle 14 per week vervaardig vir die plaaslike mark en dan ook 14 per week wat verpak en uitgevoer word.   Produksie is nog nie volspoed nie, want daar word eers gefokus om seker te maak dat kwaliteit van produkte gewaarborg word en die nodige kwaliteit kontroles in plek gesit word voordat bestuur die volstoom knoppie druk.  

Die uitvoer waens word Australië toe gestuur , maar ek het ook gehoor dat die kantoor en verspreidings fasiliteit in Duitsland nou gevestig is en dat die een in England in finale proses is.   Kwalitiet van toekomstige produkte is dus nie net van belang om die plaaslike verbruiker gerus te stel nie, maar ook belangrik vir die buitelandse markte.

Jurgens

Jurgens

'n Paar splinternuwe CNC masjiene om produksie en kwaliteit te verbeter getuig van 'n fabriek wat groot planne het vir die toekoms!

Jurgens

NUWE ONTWERPE

In hierdie afdeling kon ek ongelukkig nie foto's neem nie, maar ek het die nuwe Penta gesien smiley en was ook op 'n vinnige virtuele toer geneem om die finale produk op rekenaar te besigtig -   BAIE NICE!!   Ek dink dit is defnitief iets om na uit te sien yes

 

JURGENS STEELWORX FABRIEK

Reg langsaan is nog 'n groot fabriek waar al die staalwerk gedoen word.

Hierdie gedeelte is ook lekker bedrywig met vele modelle se onderstelle wat onder produksie is.  Ek is baie beindruk!

Jurgens

Jurgens

Jurgens

HERSTEL AFDELING

Herstelwerk op vorige modelle ...

Jurgens

 

DIE STAND VAN SAKE

Na my toer deur die fabriek het ek 'n kansie gekry om rustig te sit met 'n paar vrae en kan ek namens die eineaar van Jurgens die volgende deel:

Deur die vorige eienaars sedert 2006, het die kwaliteit van Jurgens produkte agteruit gegaan en het vele uitdagings die maatskappy betree.  Die probleme met personeel stakings, laer kwalitiet van produkte en onrealisitese  produk ontwerpe was iets wat die nuwe huidige eienaar van Jurgens Ci oorgeneem het.  Hierdie uitdagings word deur nuwe eienaarskap en huidige herstrukturering van Jurgens Ci aangespreek.

Die tent fabriek in Pinetown ook meer bekend as Howling moon is nog in vol produksie en voorsien tente aan die woonwa fabriek en die kampeer Industrie.  

Die veselglas fabriek in Rosslyn bestaan nog en produseer, maar 'n keuse is gemaak om die fabriek oor te skuif na die hoof fabriek in Ga-Rankuwa.   Die bykomstighede afdeling (accessories) skuif na Tulisia Park Alberton vir logistieke redes en om die middelpunt daarvan meer sentraal te kan maak.

Wat handelaars aanbetref is die gerugte dat Jurgens Ci net aan hulle eie handelaars voorsien onakuraat en voorsien die fabriek tans produkte aan enige handelaar wat belangstel om 'n verspreider te wees.   

Comet in Boksburg is tans onder besigheidsredding.   Ander handelaars ooreenskomste is besig om onderhandel te word en sal voorlopig binne die volgende maand of twee bekend gemaak word d.m.v verskeie publikasie kanale.  Prestige Safari Centre / Sunseeker handelaars is almal nog in orde en verkoop Jurgens Ci produkte soos normaalweg.

Wat die hofsaak om voorlopige likwidasie aanbetref.  Die hofsaak geskied die 6de Febraurie en Jurgens sal dit verdedig om 'n meerderheid ten gunste te verklaar.

DIE TOEKOMS

Die toekoms van Jurgens lyk vir my baie belowend en ek sien 'n maatskappy wat beslis luister na sy verbruikers om 'n produk te kan lewer wat saak maak en gesog is.

Die visie is om 'n groot verskeideneid produkte op die mark te kan plaas d.m.v die Jurgens, Sprite en Gypsey handelsmerke .  Ja, Gypsey is weer op die kaarte!   

Woonwaens beloof om groter en gemaklike eiland beddens te voorsien saam met groter yskaste en baie pakplek!

Dankie Jurgens dat julle my toegelaat het om julle fasiliteit te besoek en om vir myself te kon vasstel wat die waarheid is agter julle huidige situasie asook julle vooruitsigte.

 

Alles van die beste vir julle en ek hoop om binnekort weer 'n besoek af te lê om julle vordering waar te neem.

Groete - Anton Louw  anton@kampforum.co.za

JCi

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 19/03/2019 - 22:11

Ek het nou verskeie artikels en insetsels gaan lees op FB blaaie en webblaaie van die plaaslike Jurgens Aus fabriek ligging se gemeenskap asook Australiese karavaan verkope webblad, om agter die kap van die onlangse gerigte te kom wat gesprekke op FB en ons eie SA sosiale media blaaie aan die gang sit.

Dit is nogal onstellend, want dit wil voorkom vanuit foto's en insette van publiek en Jurgens Aus werknemers dat die fabriek in Pakenham Aus gesluit is en dat geen produksie aktief is nie -  dit nadat die perseel asgevolg van agterstallige huur gelde gesluit is met 'n kennisgewing bord op wat lees "Notice of Termination of Lease agreement"

 Ek  glo hierdie is 'n groot terugslag vir Jurgens Ci onder huidige omstandighede waar hulle probeer om kop bo water te hou en weer op te staan vanuit die onlangse hofsake, voorlopige likwidasie en al die negatiewe aanslag van die kampeer mark en verskaffers.

Wel, kom ons hoop dat hierdie gebeurtenis in Aus slegs 'n tydelike terugslag is asgevolg van die golf afkomstig van die huidige Jurgens Ci krisis in SA , en dat die planne om die maatskappy vanuit die ruïnes te laat opstaan sal slaag!    

EK persoonlik het nog hoop in die maatskappy smiley

 

https://www.caravancampi…

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 20/03/2019 - 07:26

Anton ek het ook alles wat jy hier bo noem gelees ja ek hoop ook alles kom reg maar dit lyk nie goed nie

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Wed, 20/03/2019 - 08:39

Dis my gevoel en moet my nie kwalik neem nie maar hier moet opregte antwoorde uit die knap se kant af kom. Wat hy in aus gedoen het om mense se geld te vat is oneties en laat my wonder oor wat werklik aangaan. Jurgens was al die are n huishoudelike naam gewees wat ek nou glo sy gat gaan sien. Ek an niks glo meer wat uit fabriek kom nie so nou maar sien wat gebeur. Ja ek is gal bitter hier oor maar ook moeg om mee voer voer gespeel te word deur fabriek. Ons hoop daar kom iets ut fabriek donderdag soos belowe aan Anton wat ook toevalig n vakansie dag is. Ek hoop van harte dat hier iemand is wat die groep kan koop en red.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 22/03/2019 - 08:52

Hierso is my kommentaar wat ek gelewer het vanoggend op Jurgens Ci Caravans Groep.

Anton Louw: Hi Francois Huysamen, persoonlik is my gevoel, soos ek nou al die storie intiem gevolg het en na baie eposse en oproepe met Jurgens, die publiek en regsverteenwoordigers - dat dit nie so maklik is om enigsins kommentaar te lewer onder die ekstreme en onvoorspelbare omstandigehede waarin Jurgens hulself gevind het nie.... Ek glo Mnr Kyriaco het dit al vroeg in die geveg agtergekom nadat hy voorheen kommentaar gelewer het, en besef dat dit beter is om geensins iets aan die media of publiek te noem voor jy nie 100% seker is van die uitkoms nie? (anders sal die wolwe wat daar buite wag hom met alle mag probeer verskeur?)... Die Jurgens debakel was vir my persoonlik ook 'n leerproses en het ek baie insig gekry oor hoe mense in SA optree, veral op sosiale media en hoe die soeke na sensasie heers en hoe maklik mense tot gevolgtrekkings kom, en dit uitblaker sonder om al die feite reg te kry.

https://l.facebook.com/l…

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/03/2019 - 09:22

...............op die forum weet teen hierdie tyd dat ek 'n pro-JurgensCi persoon is en dat ek volle vertroue daarin het dat die wa (en natuurlik my Jurgens woonwa !) deur die drif getrek sal word.

Wat my egter baie van JurgensCi grensloos irriteer (selfs onder die vorige Imperial Group se beheer) is die uiters swak kommunikasie-beleid met hul kliënte, verskaffers, agente en die wye publiek. Ek vermoed Kyrihacou moes dit intussen besef het (of iemand het dit dalk in sy oor gefluister) en vandaar die vinnige media verklaring van hom soos hierbo aangedui.

Dit is seker vir elke Suid-Afrikaner duidelik om te besef dat 'n instansie met finansiële stres moeilike besluite het om te neem om die vlot aan die vaar te hou en om die stortvloed kritiek te moet hanteer  -  dink maar aan die SA-ekonomie, Zimbabwe,  Brexit, Eskom, SAL, SAUK en so kan die lys aangaan.  Jurgens Ci is dus geen uitsondering nie.

'n Verdere irritasie is die leunstoel-kritici wat sosiale media gebruik om van hul eie frustrasies ontslae te raak terwyl hulle nie werklik weet waarvan hulle praat nie  -  gewoonlik hoor-sê of reaksie op een van duisende ge-"forward" boodskappe op FB, WhatsAp en Twitter.

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Fri, 22/03/2019 - 16:31

Len ek glo ook en hoop dat iemand die wa deur die drif sal kry maar wat my dwars in die krop steek is dat die info wat uit die fabriek kom verskil van die info van die mense in bedryf kry, Ek weet baie van die agtergrond en ken die storie tussen die fabriek en handelaars en ook die geskidnis huidiglik tussen die fabriek en een van die groot handels banke in die land. kan ongelukig nie hier bekend maak nie, maar ek voel net maak nie saak hoe sleg dit gaan nie hou die mense ingelig.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 22/03/2019 - 17:14

Wel ek hoop en glo ook dat Paul en sy span geleer het deur hierdie oefening oor hoe belangrik die "customer care relationships" is en die kommunikasie wat daarmee gepaart gaan smiley

0
Alberton
Profile picture for user ski

ski

Fri, 22/03/2019 - 18:05

Ek sien op CaravanParks.com se hulle jurgens moet eers bangrot verklaar word voor die nuwe investors se geld sal inkom. Wonder hoe waar is daai berig. Daar word ook beweer dat imperial se skuld is dat dit so gaan in die fabriek. Klink maar weer soos die probleem voor iemand anders se deur te gaan le.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 22/03/2019 - 20:13

..................nie 'n voorwaarde dat 'n instansie eers gelikwideer moet word voordat beleggers belang sal stel nie.  Dink 'n bietjie, dan sal alle instansies, ook  Suid-Afrika as 'n land, eers amptelik banktot verklaar moet word voordat nuwe beleggers belang sal stel.  Dit gebeur eenvoudig net nie so nie.

Beleggers wat belangstel om in 'n onderneming te belê, verkies juis instansies wat nie op hul beste is nie want dan sal die prys te hoog wees.  Daar is talle ander oorwegings, byvoorbeeld die potensiaal om te kan groei en die instansie te kan omkeer om wins te maak, die lewensvatbaarheid van die primêre produk en nog talle ander aspekte.

Om te herkapitaliseer beteken nie noodwendig om nuwe beleggers van buite in te neem nie.  Daar is baie vorme van herkapitalisasie, soos byvoorbeeld dat huidige aandeelhouers kan meer geld inpomp of om finansiering van iewers af te bekom.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 22/03/2019 - 20:32

Wat Imperial se skuld aanbetref....     Die Margarien Tub of Putco ontwerpe het blykbaar baie probleme gehad (ontwerp en kwaliteit) en die goed het blykbaar ook vreeslik water gelek asgevolg van die ontwerp.   Ek het erens gehoor dat daar  soveel as R 30 mil per maand se waarborg eise was asgevolg van al die foute en swak kwaliteit op die nuwe ontwerpe en ander produkte -   die Putco ontwerp was glo 'n produk van die Imperial "heerskappy"    Dit is die rede hoekom die Putco ontwerp geskrap was! 

Dan was daar ook blykbaar die kwessie van stakings en rusie en gevolge interne politiek wat produktiwiteit baie benadeel het en een van die hoof redes hoekom Jurgens agteruit begin gaan het?  Soos ek verstaan het die nuwe eienaar Jurgens gekoop in die tyd wat al die probleme op die tafel was?

Ek ken nie al die details van dit wat ek hierbo skryf nie en kan ook nie bevestig dat al my feite 100% korrek is nie.  Wat ek wel probeer sê is dat daar moontlik waarheid steek in die eise dat Imperial verandwoordelik was vir die agteruitgang van Jurgens en dat die nuwe eienaar 'n groot gemors en gepaartgaande uitdagings saam met die koop oorgeneem het... 

Is dit dan moontlik dat Imperial geweet het hulle sit met 'n probleem en daarom van Jurgens ontslae geraak het?   

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 23/03/2019 - 09:42

.......Voories hierbo, spekuleer ek ook nou :-

Imperial is 'n houermaatskappy wat oor 'n klomp maatskappye in sy besit beskik, meestal in die voertuig-bedryf.  'n Houermaatskappy stel bloot daarin belang om 'n goeie finansiële belegging (dus goeie groei en dividend moontlikhede) in 'n ondergeskikte maatskappy te maak en as dit nie realiseer nie, raak hy ontslae van die swak belegging.

Ek vermoed dit is presies wat hier gebeur het.  Imperial kon ook nie die swak bestuur van JurgensCi vervang met kundiges uit ander maatskappye in die Groep nie omdat die woonwa-bedryf nie deel uitmaak van sy kern-bedrywighede in die voertuig bedryf nie.  Ek twyfel baie sterk daaroor dat Imperial as 'n houermaatskappy iets te make gehad het met die "Putco"-ontwerp van die nuwe flop-reeks en die blaam daarvan kan geensins voor hulle deur gelê word nie.

Wat hoogswaarskynlik gebeur het is dat Imperial druk op die JurgensCi-bestuur geplaas het om wakker te skrik, meer innoverend te wees, produkte van beter gehalte te lewer en finansieël beter te presteer. Dit is mos presies wat ons almal al vir jare van JurgensCi verkondig en verwag het !

Die JurgensCi-probleem kan na my mening nêrens anders geplaas word nie as by die onder-presterende vorige Bestuur  -  ons as kliënte weet dit mos al vir 'n geruime klompie jare.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 24/03/2019 - 06:30

Hier is oor die draad soveel al gese maar julle ek hoop van harte Jurgens kry huis in orde en staan weer op soos ek reeds gese het ek begin kyk na waens en Sprite Swing is ons keuse maar dan moet jy backup he in parte ook die Bush Lappas , Eco , Serval , Conqueror waens nie sleg nie maar baie duur so ons hou duim vas  

0
Potchefstroom

NeelsM

Sun, 24/03/2019 - 20:56

Baie Dankie Anton vir die uitstekende artikel. Ek is nuut op die forum alhoewel nie vreemd op ander forums nie. Ek het ook aandagtig deur al die kommentaar gelees op jou artikel en raak so hartseer oor die negatiewe groef waarin so baie mense verval en nie kan wag om 'n mandjie vol vrot eiers op sosiale media te lê nie. Nietemin is dit goed om te weet dat iemand iewers probeer om Jurgens aan die lewe te hou. Ek het voorheen ander 'n ander maak “off-road “ karrevaan gehad en het in 2014 vir my 'n spiksplinternuwe XPlorer gekoop en kyk nog nie 'n dag terug nie. Ek geniet die produk vreeslik en kon nie regtig kla oor swak diens ooit nie. Ek hou duime vas dat Jurgens sal opstaan uit die gemors uit en weer top verkoper wees. 

Groetnis

Neels

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 25/03/2019 - 06:48

Goeie môre Neels  -  baie welkom as 'n positiewe denker hier in ons midde !

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 25/03/2019 - 07:27

More en welkom hoop om meer van jou te hoor en ja ons hoop hulle sal weer opstaan

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus