Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -7 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago

Ghoema Toekennings

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek soek geselskap en terwyl my Wildtuin-trippie kort-geknip is, my mede Kampforum vriende nie my Nissan laaik nie (en net soms iets mooi daarvan sê om my beter te laat voel), my stokou Exclusive niks wil makeer waaroor ek raad kan vra nie, rugby en krieket so deurmekaar en onvoorspelbaar is, die verkiesingsdrama vervelig raak, die Zondo kommissie en ander kommissies se onthullings te skokkend is, het ek gewonder of die Ghoema prys-uitdeling vir Afrikaanse musiek nie dalk 'n paar hartsnare sal aanraak nie.

Om te begin en om net almal se gedagtes te verfris, ek is glad nie 'n Steve Hofmeyr fên nie.  Ek gee toe hy is 'n talentvolle persoon, maar ek hou nie van sy uitdagende (uittartende ?) houding en self-aangestelde Afrikaner-rolmodel nie.  Dis my persoonlike opinie.

Ek vind dit egter baie onregverdig dat MultiChoice gedreig het om hulle borgskap aan Ghoemas te onttrek net omdat Hofmeyr deel was van 'n sekere liedjie wat saam met ander sangers benoem is as die beste musiekvideo in Afrikaans.  MultiChoice se verweer is dat Hofmeyr se politieke standpunte stem nie ooreen met dié van MultiChoice nie.  Wat het die verskil van politieke standpunte te make met die benoeming as beste musiekvideo ?  MultiChoice sal baie seerkry as hulle kliënte subskripsies  kanselleer net omdat hulle nie met MultiChoice se politieke standpunte saamstem nie.  Korporatiewe instansies behoort A-polities te wees en all kliënte met verskillende politieke standpunte van diens te wees.

Vir my gaan die argument nie oor pro-Hofmeyr of pr0-Afrrikaner nie, maar wel oor 'n beginsel van afpersing wat onaanvaarbaar is.

Wat sê jy ?

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 21/04/2019 - 21:28

So erken neef dat hy nie geweet het van die " free view" nie. In effek is dit dieselfde as wat ons gehad het voor die dae van dstv. Werk deur dieselfde sateliete, jy betaal lisensie en kry dan n dekodeerder.

En dit is wat my " mechanic" vanoggend vertel nadat ek hom uitvra, hy doen al die skottels vir die mense hier. Gees, ek het regtig nie geweet van die nie. In my geval is my inset dalk " jumping to conclusions" gewees, skuus, dan kan n boikot dalk werk??? Maar neef gaan verseker volgende naweek Moto Gp, Formula 1, en later vanjaar krieket en rugby wereld beker kyk. Wil nie eers praat van die 7's rugby nie, wat n fees.

Baai Steve.

 

0

Ek hou ook van Steve, maar ek gaan definitief nie my neus afsny om my gesig te spite nie, nie oor n sanger wat niks aan my heil doen nie.

Ek dink Steve het al die negatiewe dinge oor himself gebring en dink partykeer nie mooi en nugter oor die gevolge van sy dade nie.

By die werkplek raak ek ook gefurstreer maar ek gaan my misnoe nou nie ten Hemele verkonding nie want dit gaan definitief n baie ernstige uitwerking op my bank balans te weeg bring.

Dit gaan my geliefdes negatief beinvloed want n werk word nie agter elke bos uitgeskop nie.

Voel soos jy voel, maar moenie altyd se hoe jy voel voor die verkeerde mense nie.

Speak only when you can improve the silence........

0

Dit gaan oor aanvaar jy laat hulle jou as afrikaner kan aanhou trap en of jy iets daaraan gaan doen.

 

 Daai juk het ons ongelukkig toegeval in 1994 toe die land weggegee is deur ons leiers.

Niks sal dit verander nie en hoe vinniger mense dit aanvaar hoe beter of vat jou goedjies en gaan oorsee.

Se iets rassisties in die openbaar en jy gaan tronk toe as witte, se iets meer rassisties en skiet sommer nog skote af met n onwettige AK in die opbaar en jy is ok, dis hoe dit is.

Payback vir die voorheen benaaldeesdes! Dit is hoe dit is.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 23/04/2019 - 13:39

afrikaner kan aanhou trap

Sover ek verstaan is dit in hierdie geval Steve wat getrap word asgevolg van sy uitlatings wat as rasisities beskou word?  Die Ghoemas (Afrikaans) en die Afrikaner word nie vertrap nie?  Maar ons almal ly daaronder?

As jy as bekende figuur in die publiek of op sosiale media gaan opstaan en uitlatings maak wat aandui dat swart mense minderwaardig is en tot niks in staat is nie, gaan daardie betrokke swart mense jou mos teenstaan en boikot as hulle kan? - al is jy Steve, Jimmy Henrix of die koningin van Engeland?

Die ding waarvan ek nie hou nie is dat Steve en sy travante nou kamstig uitgemaak word as die afrikaner en wit man se leiers, en as jy HULLE nie ondersteun of saam met hom staan nie, dan moet jy as 'n verraaier gekenmerk word?    Jammer, maar ek wil nie met Steve geassosieer word nie - noem my maar 'n verraaier of watookal -  ek deel nie sy standpunte of sy geloof nie.

In die nuwe Suid Afrika is daar ander maniere om op te staan en die afrikaner op 'n positiewe manier te verteenwoordig  en 'n plek te gee - en ek glo nie dit is deur ou koeie uit die sloot te grawe en weer te strewe na 'n bloed rivier waar mense doodgemaak moet word nie?

Ek lewe ook in hierdie land en ek hoor wat gesê word rondom braaivleis vure en wat geglo word deur verskeie wit mense met betrekking tot swart mense.  Ek word baie vertel dat swart mense nie siele het nie, dat ons nie met hulle moet meng en deel nie, dat hulle van die bose is, dat hulle minder werd is as wit mense, ek hoor en sien baie hoe hulle vervloek en verwens word deur verskeie wit mense  -  dit is nou deur dieselfde wit mense wat glo in 'n chisten volk en elke Sondag kerk toe gaan en die Jesus aanbid wat Sy lewe vir alle mense gegee het?  - swart, wit, geel, bruin of duits of engels of arabies?    

Ek weet vir 'n feit dat hierdie braaivleisvuur gesprekke nie beperk word tot die kuiertjies nie - maar dat dit die beeld is wat dan oor die algemeen van die wit Afrikaner uitgestraal word na buitewêreld toe, en dit word ervaar en raakgesien deur die meerderheid, en so word alle wit mense se grafte gegrawe asgevolg van 'n minderheid in die minderheid?    Is dit hoe mens lei deur voorbeeld en is dit hoe mens uitreik na die wat hulp nodig het en "gered" moet word?

Onthou een ding!  Voor 1994 mag 'n swart mens nie gestem het nie.  Het hy geen sê gehad  nie en was hy basies nie beskou as 'n waardige mens in hierdie land nie!   Dit is 'n baie sensitiewe saak, en nou dat hulle wel stemreg het en ook die meerderheid is moet die minderheid wat hulle onderdruk het mos baie lig loop?  Dit maak mos sin?   So as iemand soos Steve die ou sere gaan oopkrap en klem gaan lê op "boere" leiding, dan is daar baie (miljoene) swart mense wat omgekrap gaan wees en self in opstand kom!  Daarom hou hulle nie van hom nie -  want hy swaai 'n flag wat hulle assosieer met onderdrukking en onmeslikheid!

Ek worstel baie met hierdie dinge veral omdat ek deel is van 'n jong gesin en ek strewe daarna om te doen en myself te assosieer met dit wat REG is!     Maar een ding wat ek van seker is, is dat Steve se uitlatings nie net te doen het met die Afrikaanse  taal en kultuur  nie, maar dat hy ook afkyk op swart mense en glad nie daarin belangstel om saam met hulle in hierdie land van ons te lewe nie .   Hy moet leer om te onderskei tussen kultuur en geskiedenis -  die afrikaner kultuur is nie om wapens op te neem en op 'n oorlogpad teen swart mense in te vaar nie - dit is geskiedenis.

Stenig my maar -  ek spreek my opinie en dit wat ek opmerk en probeer verklaar.  Daar kan nog baie dinge gese word aangaande hierdie onderwerp en ek verwelkom enige insette  op grond van dit wat ek hierbo geskryf het -  as jy glo ek sit die pot mis of is oningelig of leef met ooglappe op - sê dit gerus - ek wil graag weet en leer hoe ander dinge sien en beleef! smiley

 

 

0

Jy sit die pot heeltemal raak.

Ons is in die minderheid en moet dit begin besef, haat gaan jou nerens bring nie so ook neerhalende spraak soos in Steve se geval.

Die goalpost het verander en jou goalpost sit nie meer op dieselfde plek nie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/04/2019 - 18:57

My verdere, herhalende opinie :-

  • "..............ek is glad nie 'n Steve Hofmeyr fên nie.  Ek gee toe hy is 'n talentvolle persoon, maar ek hou nie van sy uitdagende (uittartende ?) houding en self-aangestelde Afrikaner-rolmodel nie. "
  • "..............Ek vind dit egter baie onregverdig dat MultiChoice gedreig het om hulle borgskap aan Ghoemas te onttrek net omdat Hofmeyr deel was van 'n sekere liedjie wat saam met ander sangers benoem is as die beste musiekvideo in Afrikaans "
  • My beswaar is dat MultiChoice 'n afdreigende standpunt inneem omdat hulle politieke standpunt nie met Hofmeyr s'n ooreenstem nie......en hulle sit met die beursie, die geldmag. Ek voel dit is hier waar die knoop lê en dit is irrasioneel van MultiChoice om te besluit wie mag vir toekennings genomineer word. MultiChoice moes voor hulle op die borgskap ingestem het besin het daaroor dat die keuse van die Afrikaanse publiek se liedjiekeuse hoogswaarskynlik nie met hulle keuse sou ooreenstem nie.

 

Dit is die kruks van die saak in my openingskommentaar.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 25/04/2019 - 10:27

My 2 sent (en dis net 2 sent):

1. Dis 'n baie ou beginsel; there is no such thing as bad publicity. Ek (en ek is seker 'n paar ander mense) het nie voorheen geweet van die liedjie (of 'n video daarvoor) nie en nou weet almal daarvan. Het Multichoice dus werklik vir Steve/Afrikaans vertrap? En het hulle werklik hulself in die voet geskiet? Vir elke Afrikaner wat nou DSTV gaan kanselleer (dalk 5 in totaal) gaan daar waarskynlik meer as een middelklas Afrikaan inteken. Wie wen?

2. Dis ironies dat dit Naspers is (gegewe hulle geskiedenis, waar hulle vandaan kom, wie se ondersteuning hulle gebring het waar hulle nou is en aan wie hulle behoort) wat nou "teen Afrikaans is". Boereverneukers.  

0
Magaliesburg

GerhardtN

Tue, 30/04/2019 - 14:23

Ek dink Steve het al die negatiewe dinge oor himself gebring en dink partykeer nie mooi en nugter oor die gevolge van sy dade nie.

By die werkplek raak ek ook gefurstreer maar ek gaan my misnoe nou nie ten Hemele verkonding nie want dit gaan definitief n baie ernstige uitwerking op my bank balans te weeg bring.

Dit gaan my geliefdes negatief beinvloed want n werk word nie agter elke bos uitgeskop nie.

Voel soos jy voel, maar moenie altyd se hoe jy voel voor die verkeerde mense nie.

Speak only when you can improve the silence........

Wyse siening! 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 02/05/2019 - 19:45

Ja, jy kan R10 000 wen as jy 'n video op FB plaas van hoe jy jou DSTV dekodeerder + skottel vernietig net soos wat Stevie gedoen het!   Wees 'n ware Afrikaner en vernietig jou skottel vandag nog! cool  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 02/05/2019 - 20:31

.....................ek aanvaar dis 'n grap wat jy hierbo verkondig, andersins sal ek baie teleurgesteld wees ! 

Sou dit egter 'n ware oproep wees, slaan ek my hande saam dat ons nou al sover afgedaal het dat ons ook nou boikot, brand en vernietig om aandag te trek as ons nie ons sin kry nie. 

Ek is van mening regdenkendes tree nie so op nie.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 02/05/2019 - 20:48

Ek boikot en brand ook. ( Spur, Jakaranda, Heins Wikkelspies, ens.

Het my skottel en my 3 x explorers DSTV Decoders, ook in die vuur gegooi. Ongelukkig het ek niks afgeneem nie.

Jis, maar dit laat my goed voel.

Kyk nou by die bure hoe verloor die Stormers.

0

Ek copy en paste hier onder 'n artikel wat op Vrye Weekblad verskyn het oor die aangeleentheid. Stof tot nadenke?

TER agtergrond: “Die Land", ’n video wat vir ’n Ghoema-prys as beste musiekvideo benoem is, se benoeming is teruggetrek nadat MultiChoice gedreig het om sy borgskap aan die kompetisie te onttrek. Dit was omdat Steve Hofmeyr een van die sangers op die video is.

Sy dryftog na die verregse poeletjies van die samelewing het MultiChoice nie gepas nie (weens finansiële of morele oorwegings). Dit het groot omstredenheid veroorsaak. Ek noem dit Ghoemagate.

In die nadraai van Ghoemagate is sommige mense so boos vir MultiChoice dat hulle hul DStv-skottels by die dak begin afgooi en vernietig het (en dit natuurlik afgeneem en op Facebook geplaas het). Diesulkes se argument is dat MultiChoice hom teen Afrikaans as ’n geheel gedraai het en daarom gestraf behoort te word.

Ek wonder of hulle nie twee maal sou gedink het oor hierdie verwoesting as dit nie vir ’n stroomnetwerk soos Netflix was nie.

Dis ook interessant om te sien dat die een man nie eens self sy skottel afgegooi het nie, maar wel een van sy werknemers (wat waarskynlik nie weet wat die Ghoemas is nie) aangesê het om dit namens hom te doen. Alles voor sy seuntjie wat nuuskierig wonder wat nou aan die gang is. Meer Suid-Afrikaans kan jy nie kry nie.

Die redenasie hieragter is verwronge. Kan mense werklik dink dat een musiekvideo, of selfs hierdie prysuitdeling, ons taal in haar geheel verteenwoordig?

Gewis nie. As jy werklik lief is vir Afrikaans as taal, kan die swak, verbeeldinglose taalgebruik in vele (beslis nie almal nie) van hierdie liedjies jou sekerlik nie trots maak nie.

Verskeie “kunstenaars” se snitte is deurtrek met verkeerde voorsetsels, anglisismes, lomp sinne en clichés. Geen oorspronklike gedagtes of emosies nie, net emosionele opswepery. Ek is seker daar is algoritmes wat mensliker lirieke kan opdis as jy hulle só programmeer.

Die liedjies word selde deur die sterre self geskryf. ’n Mens wonder of hulle enigsins dink waaroor hulle sing.

‘Dis 'n siellose gespuis wat so baie geld uit die volk maak dat hulle nie vir ’n oomblik dink aan dit wat buite hul geblinkerde koepel aan die gang is nie.’

Die tendens in hierdie musiek is dikwels om ’n popresep te gebruik wat reeds 15 jaar gelede oudmodies was. Boonop is dit asof almal dieselfde ritme, akkoordprogressies en strukture het. ’n Koekiedrukresep vlak in geurverskeidenheid, maar ryk in suiker. So baie suiker mens wil kots ná twee happies.

Ek gebruik “kunstenaars” tussen aanhalingstekens, want ons mag dit nie kuns noem nie. In kuns is daar ’n mate van eerlike uitdrukking, of ten minste ’n poging daartoe.

Wat ons hier het, is 'n vervoerband wat poppe op strepe uitvoer. Mannetjiepoppe en meisiepoppe met balrokke, almal dieselfde gegrimeer en beklee. Hulle word hoofsaaklik deur twee Mickey Muis-mafiafamilies bestuur wat alles weet van goed geldmaak en fokkol van die bloed wat regte musikante stort.

Dis 'n siellose gespuis wat so baie geld uit die volk maak dat hulle nie vir ’n oomblik dink aan dit wat buite hul geblinkerde koepel aan die gang is nie.

As jy werklik lief is vir Afrikaans, sal jy ten minste toegee dat dit uit meer as hierdie spul bestaan.

Afrikaans is nie nét ’n glansrok-onthaalsaaltaal nie. Dis ’n plaastaal, straattaal, bakleitaal, en sy is dikwels op haar mooiste wanneer jy die grimering afvee en haar vrylik laat rondhol.

Dis nie nét ’n spogponie wat uitgekam en geblaas en gesjampoe is nie. Dis ook ’n runnikende, galoppende woestynperd wat al baie keer in die bek gekyk is en al baie waens deur drifte getrek het.

’n Bende van die Ghoema-benoemdes het besluit om die geleentheid te boikot. Hulle sluit onder meer in Jay du Plessis, Karien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall en Bok van Blerk.

‘My punt is dat die mense wat die hardste teen Ghoemagate en vir Afrikaans skree, blykbaar nie so bekommerd oor die gehalte of skeppendheid van taalgebruik is nie.’

Maar dit was nie genoeg vir verregses soos die blogger Willem Petzer nie. Hulle het dit ook nodig gevind om diegene wat wel die Ghoemas gaan bywoon het, met modder te gooi en te boelie. Petzer het so ver gegaan om vir hom ’n kaartjie te koop en die geleentheid lewend van Twitter af te bespot.

Devon Hofmeyr, een van Steve se spruite, het ook opgedaag. Devon het gekies om Shihaam Domingo, die aanbieder van die hip-hoptoekennings, se toespraak te ontwrig omdat hy vir sy “taal en kultuur” opstaan. As hy opstaan vir sy taal, waarom kies hy dan om ander Afrikaanssprekende kunstenaars te ontwrig? En is dit toevallig dat hy juis een van die min bruin kunstenaars gekies het?

Sopas uit die Ghoemas uitgeskop omdat ons op staan vir ons taal en ons kultuur wat deur ons eie mense onderdruk word....

Posted by Devon Hofmeyr on Wednesday, April 17, 2019

So lief soos wat Devon vir Afrikaans mag wees, weet hy blykbaar nie wat die woord “trotseer” beteken nie of dat die woord “offisieel” ’n anglisisme is nie. Dis nou te oordeel na sy Facebook-video waar hy die hoop uitspreek dat die Ghoema-organiseerders wat hom uitgegooi het, hom volgende jaar sal toelaat “om weer ons taal te trotseer”.

In elk geval, my punt is dat die mense wat die hardste teen Ghoemagate en vir Afrikaans skree, blykbaar nie so bekommerd oor die gehalte of skeppendheid van taalgebruik is nie.

As jy positief oor jou taal is en lief is vir jou taal sal jy nie vernietig nie, jy sal wil bou. Jy sou nie haar verskillende stemme wou doodskree nie, jy sou hulle wou verdedig en vier.

Pleks daarvan om jou skottel weg te gooi, begin miskien jou voelers uitsteek na al die ander interessante holtetjies waarin Afrikaans haar tuismaak. Dit sal jou stembande en jou werknemer se mannekrag spaar en almal sal gelukkiger wees.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 06/05/2019 - 14:39

Dankie Wildehont vir die aanhaling uit Vrye Weekblad  -  beslis baie stof tot nadenke.  Ten minste is dit 'n sinvolle denkwyse.

Ek herhaal my afsluiting sin  in die openingskommentaar :  "Vir my gaan die argument nie oor pro-Hofmeyr of pr0-Afrrikaner nie, maar wel oor 'n beginsel van afpersing wat onaanvaarbaar is".

Wat gaan boikot en toerusting-vernietiging doen om afpersing deur borge hok te slaan ?  Absoluut boggerol, behalwe dat dit soos Harry sê, jou miskien beter laat voel.

 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 06/05/2019 - 15:54

...Julle weet ek het my DSTV gekanseleer agv die insident met Steve en en en....Maar ek wil net byvoeg dat as Steve enige 💩 optel met Liquor City of Tops dan is hy op sy eie.....😐

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 06/05/2019 - 16:15

......

video
0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 07/05/2019 - 09:12

Ag nee man Frikka, vernietig daardie dekodeerder en skottel, jy kan dalk R10 000 wen.  Ek het iewers gehoor Ford borg Stevie met die R10 000 en hoop hulle sal sodoende 'n paar Toyota-malles kan oortrek na hulle toe.  Maar dis alles hoorsê en ek is dus nie seker nie.

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 07/05/2019 - 09:24

Ford borg Stevie met die R10 000 

 Ek dink nie dit tel as jy oor jou dekodeerder of skottel ry met 'n Toyota nie?  (Frik jy sal dus 'n ander plan moet maak!) 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus