6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -5 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -5 hours ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -6 hours ago

Ek is baie verbaas !

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Is Kampforum en sy mense werklik in Suid-Afrika ?  Niemand sê 'n woord oor wat in Suid-Afrika die afgelope paar dae afgespeel het nie ! (En ek verwys NIE na die tornado wat 'n plaas wes van Bloemfontein nou die dag getref het NIE).

Niemand kan stry nie, 'n paar baie interessante insidente het afgespeel ! Ou Hlaudi Motsoeneng met sy African Content Movement (van SAUK faam) het natuurlik vir die grootste grap gesorg.  Hy het nog verlede week gesê hy gaan die president van SA word terwyl alle aanduidings is dat sy "party" (met sover 2 300 stemme !) nie eens 'n setel in die parlement sal kry nie - daarvoor benodig hy 35 000 stemme.

Om nie te praat van BLF (Black First ens.) se Andile.... "dinges" nie.   Die arme vent met sy arrogante, rassistiese uitsprake het 'n skamele 8000 stemme gekry en blameer nou almal en alles behalwe homself en sy trawante vir hul hopelose prestasie.

Ten spyte van die blou party se onlangse klomp flaters, is ek baie bly die Weskaap waar ek woon, is nog in blou hande.  Die Auntie Pat en Heken Zille debakels behoort nou tot ruste te kom met die nuwe premier en burgemeester.

Ek is ook dankbaar dat die ANC landwyd min of meer in die middel tussen 50%  en 60% landwyd sal eindig om President Cyril Ramaphosa 'n redelike kans te gee om te doen wat hy moet.  Te naby aan 60% sal die Magashule-clan die kans gee om te sê die ANC is nie eintlik deur die kiesers gestraf nie en te naby aan 50% sal weer tot gevolg hê dat hulle sal sê die President nie juis hoog aangeslaan word in die ANC nie.  Mooi so, in die middel Cyril !

Terwyl ek hier tik sien ek die ANC se steun in Gauteng het gedaal na 49% en as dit daar bly of nog laer daal, gaan hulle beslis 'n koalisie vorm met een van die kleiner partye en ek glo en hoop NIE dit sal die EFF wees NIE.

Wat almal verbaas het, is die Vryheidsfront Plus se opkomende (hoewel nog baie min) se prestasie.  Ek raai dat die President gaan Pieter Groenewald in sy nuwe kabinet insluit, veral om die landbou gemeenskap te omarm.  Ek glo ook die wysiging van die Gronwet oor die grond-kwessie gaan nou 'n stille dood sterf.

Wat sê julle ?

Centurion

Voortrekker

Fri, 10/05/2019 - 12:02

Len ons het almal vir jou gewag om die draad te begin.  smiley  

Ek is sover gelukkig en het gehoop die ANC se ondersteuning sal val met  ten minste 3-5%

 

Ek is ook tevrede met die uitslag sover.

As jy as lid van ons wit volkie glo die VF gaan die land regeer, petrol R1.20 kos en die een doller jou 5 sent gaan kos moet jy die aaptwak wat jy rook dalk verander.

Solank daar stewige opposisie is vir die ANC kan die land vorentoe gaan.

 Ek moet glo dat Cyril n verskil gaan maak, ek het nie n keuse nie.

En nee, ek gaan nie my DSTV stukkend spin met my Hilux nie.

Ek vertrou en hoop op n beter toekoms, terwille van my kinders.

Middag Len

Jy het mos noual genoeg skade aangedoen met jou valse gerugte oor Punda Maria. Wil jy nou werklik ons bloeddruk verder verhoog deur politieke praatjies aan te hits op die forum.

Jy weet mos dat nie almal van ons in DA-land kan bly nie. Ten minste is ons BAIE nader aan die wille Krugertuin. laugh

Groete

Wessel

Secunda

Sleep nou

Fri, 10/05/2019 - 12:44

Het ook gestem ja Frik se wat ek dink my DSTV die staan en hoop n beter toekoms vir kinders en my 5 en half kleinkinders

Waar my wa staan

Arie

Fri, 10/05/2019 - 12:54

Len ja ek is ook tevrede met die uitslag sover. Ek is net jammer die DA het so droog gemaak, ons moes 'n sterker oposisie gehad het.

Ja en dan glo ek ook dat Cyril nou sy planne tot uitvoer [en tot voordeel van die land] sal bring.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/05/2019 - 13:59

.................  Nee Ski, die ou wat homself as president gesien het is ou Hlaudi Motsoeneng met sy African Content Movement (van SAUK faam).  Ek glo nie hy sal sleg voel oor sy vrot prestasie nie, want daar is groot fout met sy xxxxxxxx.  Die ander ou wat ook nie die nodige xxxxxxxx het om sleg te voel nie is BLF (Black First ens.) se Andile.... "dinges".  Hierdie twee arrogante kêrels leef op 'n ander planeet, beslis nie in SA nie.

Ns.   xxxxxxx: Ek het liewer die betrokke woord uitgehaal  -  netnou word ek aangetree.

Vaalpark

Johann L

Fri, 10/05/2019 - 14:50

Ek voel die verkiesing is 'n "eye opener" vir alle partye.

Baie mense het die DA verlaat en na oa.  VF+ en ook COPE oor gestap.

Die balans van die beskikbare stemme, sover, klink vir my goed. Die DA moet nou konsentreer ol belangriker dinge, en die onderlinge baklei staak.

Persoonlik dink ek, ons moet vir Cyril kans gee om sy ding te doen, oa. 'n kleiner kabinet. Ek glo, hy is in staat om die ekonomie reg te ruk, mits hy die grond kwessie onder die mat kan in vee.

Ter afsluiting, voel ek dat daar hopeloos te veel politieke partye is,  wetgewing behoort daarna te kyk. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/05/2019 - 16:17

..........................om na party politieke partye se powere uitslae te kyk.

  • Ek dink Cope se skrif is aan die muur  -  het slegs 42 000 stemme landwyd gekry
  • BLF met sy 16 000 stemmetjies gaan nêrens in SA kom nie
  • En Front Nasionaal het die reuse getal van 6 000 stemme gekry  -  waarheen gehasie ?
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 10/05/2019 - 18:14

Gaan eigiets verander, of  net aankarring soos voorheen. Die gesteel van vorige regering lyk my het nie juis die impak gehad, wat ek gehoop het sou gebeur nie. 

Die mense stem met hul harte, soos kerkverband, dit sal n koue dag in die hel wees voordat daar besluit word om te verander. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/05/2019 - 22:32

..................'n mens sal jou vraag kan beantwoord ná die President sy kleiner (indien wel) kabinet aangekondig het.  Ek glo egter dinge gaan beslis verander en die poppe gaan begin dans.  

Ek glo selfs soos in die laaste paragraaf van my inleidende kommentaar hierbo voorspel.

Kom ons kyk of ek die pos heeltemal mis gesit het.

Nou kyk nou net, die 6000 lede van die Front Nasionaal het nie een setel nie en hulle DSTV skottels is platgery en Steve mag nog steeds nie sing nie.

Ek dink Musi Maimane gaan n stryd he in sy eie party om leier te bly........hulle soek sy kop op n skinkbord.

Worcester

Wildehont

Mon, 13/05/2019 - 08:02

Ek wil ook graag positief en optimisties wees maar ek is bevrees die ANC se oëverblindery het gewerk. Met die paddachef se gesig op al hulle plakkate het hulle mense laat glo 'n stem vir hulle is 'n stem vir Cyril.

Die parlement moet egter die president verkies, en selfs al kies hulle hom (waarskynlik en hopelik want anders het ons GROOT moeilikheid) regeer die ANC die land, nie Cyril nie. As hy wil oorleef sal hy na die party se pype moet dans en dit sluit nie in om selfverryking deur korrupsie hok te slaan of vreetplekke by die trog te verminder nie.

Ek hoop en bid ek is verkeerd...

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 13/05/2019 - 09:45

..................om na die glas te kyk as half-vol eerder as om te konsentreer op die helfte wat leeg is.

Een ding is seker, die verkiesing uitslae het bewys dat politieke verteenwoordigers in die parlement en porovinsies sal hulle sokkies moet begin optrek om die standaard van dienslewering aan Suid-Afrikaners aansienlik te verbeter en om korrupsie uit te roei.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus