Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert & Wessel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
Motorhome hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel Oktober 2026 saam gesels Geert -6 hours ago
Exclusive hoogte Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Klipdraai in die mark Klipdraai Geert -7 hours ago
Simpel antwoord Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago

Oor ditjies en datjies

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Dikwels is daar iets wat 'n ou wil sê, maar dit verg nie eintlik die opening van 'n afsonderlike gespreksdraad nie.  Ek het gedink om so 'n plek te skep en hier gaan ons met my eerste "ditjie".

Die Kaapse Vlakte : Dit is maar niks anders nie as verskeie townships hier in Kaapstad.  Ons kry daaglikse terugvoer van ons ou jarelange, getroue huishulp wat in een van hierdie gebiede (Delft) saam met haar gesin in 'n HOP-huis woon (waarvoor haar naam 25 jaar lank op 'n waglys was).  Volgens haar kan niemand dit na donker buite waag nie, die skote klap dan daagliks en maklik sommer deur die res van die nag.  Sy word gereeld beroof tussen die "taxi rank" en haar huis.  Om hierdie rede betaal ons haar weekliks op verskillende dae en nooit op 'n Vrydag of maandeinde nie.  Sy verkies weeklikse kontantbetalings want dan is die bedrae kleiner en daar is geen sprake daarvan om geld by 'n OTM te probeer trek nie.

Die DA-regering vra al vir jare dat die Weermag ontplooi moet word om die daaglikse moorde, bendegeweld, dwelmhandel, dwelmgebruik en ander misdade onder beheer te bring, maar dit word telke male afgewys.  Gister het Bheki Cele, minister van Polisie, na 15 moorde die naweek, aangekondig dat die Weermag van vanoggend 2vm in die Kaapse Vlakte saam met die polisie ontplooi word. Maar foeitog, die oubaas sê hulle het nie na die DA geluister nie, maar na die gemeenskap ! (Moenie vergeet nie, hier in Kaapstad ondersteun die meerderheid van die "gemeenskap" die DA !)

Wil jy nou meer !

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 22/04/2020 - 13:19

Maak so Wessel, sal groete oordra. Ons gaan elke jaar daar aan vir bietjie aanvul, en beslis binnekort. Hierdie vaskeer het my bietjie laat nadink omtrent prioriteite en gepaardgaande vooruitbeplanning. Opgaar......

Boplaas Tawny port is darem maar net die een vir langs die kaggel. Hulle het n puik brandewyn en whiskey, effe duur, maar kan dit sterk aanbeveel.

Pel van my het n so paar hektaar wingerd, Boplaas maak en bottel sy wyn vir hom, klink my hulle is goeie mense as ek so van hom aflei. Hy verkoop sy Chardonay vir R240.00 n bottel !!

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 22/04/2020 - 15:34

Ek het ook onder die kas gekrap.  Wonder ook hoe dit gaan smaak as die ander klaar is ?

.

.

Daar is darm 'n KWV wat my dogter vir my gegee het toe ek die grootmens status betree.

.

.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 22/04/2020 - 18:00

Jissie ou Willem, verbaas jy my met die mooi klompie karakter wat jy wegsteek.  Sou jy die 96 en 97 Pinotage mooi gebere het, het jy dalkies n wenner. Moet ASB nie langer wag nie, maak oop, laat sommer oornag asem skep en gooi n glasie op jou gesondheid. Daai tien jaar Kwv, skink maar, ek is op pad.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 23/04/2020 - 09:42

Willem ek sien jou nou besig met papier werk om by jou te kom vannie wyn daar by jou gaan loop soos stroopwink

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 23/04/2020 - 13:27

.... kan ek jou voorstel om in die toekoms op die "Hoe verklaar jy dit?" paneel te dien? Jy't die vermoeë om dinge wat ek nie verstaan nie, te verduidelik. Ek kon nie vanoggend verstaan wat Shaun bedoel nie. Leestekens kon dit dalk verstaanbaar maak. Ou Shaun - niks leliks bedoel nie. Ek dink net die sêding "'n goeie begrip het 'n halwe woord nodig" beskryf Willem se vermoeë om te verstaan.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 23/04/2020 - 17:30

Ek is lus om aan Chris B en Arie te torring :  Chris "vermoë" het net een deelteken ë !

En terwyl ek nou besig is, Arie (natuurlik met een "r"), belegging het net een "l" en twee "g's".

Ns.  Moenie sleg voel nie, elke keer as ek  "vermoë" wil tik, moet ek eers die woordeboek raadpleeg, is dit nou een of twee e's ?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 23/04/2020 - 18:03

Nou vir wat sonder jy net die twee uit Lennie. Miskien het jy al moed opgegee, opgigee, opgiggee? met die res van ons dikvinger brigade.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/06/2020 - 07:25

Kampgeselsgoed :

Ai, maar die kampgeselsgoed hier op die forum is maar skraps.

Vandag is ek darem dankbaar daar is so iets soos Covid-19 inperking want as dit nie daarvoor was nie, sou ek vandag by Krokodilbrug moes oppak en terugkeer huis toe na 'n 30 dae Kruger Wildtuin kuier.  Gelukkig dus lê daardie 30 dae kuier nog voor, miskien op 15 Augustus !

As ek so tussen die lyne lees word daardie moontlikheid al sterker :-

  • Ons is darem nou al op Vlak 3
  • Hof beslis dat die inperking maatreëls Van Vlak 4 en 3 irrasioneel is en hersien moet word
  • Heelwat ander hofsake lê voor om die sotlikhede van sommige inperking-reëls te beveg
  • Dagbesoeke by sommige Sanparke toegelaat - ongelukkig is die Kruger Wildtuin self nog nie gereed daarvoor nie
  • Daar is nog 73 dae oor voor 15 Augustus 2020 vir al hierdie goed om nog verder uit te rafel

Ek begin mos so 'n gevoelendheid kry dat hierdie Augustus/September Kruger Wildtuin kampering nogal 'n sterk moontlikheid word.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/06/2020 - 07:58

Hoor gister dat Walvisbaai terug us na vlak 1 waar die res van Namib na vlak 3 toe is.  Hoop die Civid ding gaan lê voor dir einde van die jaar want ons wil Desember Namib toe gaan.

Hoop om KNP plek te kry vie 2021 Julie vakansie.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 03/06/2020 - 08:12

Len, ons kan nie kamp nie, hoe sal ons nou daaroor kan gesêls sonder om weemoedig te raak😂

Ek stem saam, dat Augustus behoort alles terug te wees na "normaal" wat ook al normaal gaan wees.

Baie geld word nou gemors op hofsake waarvan die uitslae eers na die vlakke gaan kom, weet nie ek is seker maar te arm om 'n instansie / staat of wat ookal te dagvaar, vir iets wat te laat uitsluitsel gaan gee?

Ek glo egter, dit gaan meer oor toekomstige denke, jy kan tog nie, nou na die tyd, vir mense bv tabak produkte terug werkend gee nie.😀 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/06/2020 - 10:24

Johann, ek worrie nie veel oor die verlede nie, maar die jongste gebeure op die howe-front en die spul ministers se terugkrabbel van die een flater na die ander, gee my moed vir die pad vorentoe.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 03/06/2020 - 14:04

Len, my persoonlike opinie is dat daar die afgelope dekades meer aan hofsake bestee word as aan bv die oplig van die arm bevolking. 

Ek glo dat hier geen hawelose in SA sou wees as die fondse wat gesteel, en op belaglike hofsake uit gegee is, eerder aan goedkoop behuising spandeer was?

Wat kos al die kommissies van ondersoeke en die Zums gevegte nie al nie, en bitter min is uit gerig. (net nog 'n vorm van diefstal, dalk bietjie kras gestel? )

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 03/06/2020 - 17:28

Die Amerikaners verbaas my nogal, gedink die klompie is beskaaf en goed opgevoed. Breek net so erg af as wat ons bestes kan doen. En nou die Ausies en Engelse wat ook wil bydra. Waar gaan die wêreld heen, lyk my ons is een van die dae binne ñ Mad Max movie.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/06/2020 - 17:30

Johann, ek stry nie oor die wanbesteding van fondse deur die regering nie, maar ek het vanoggend se gesprek begin met die oog daarop dat ek hoopvol is om in middel Augustus in die Wildtuin te gaan kamp, inaggenome die huidige status van Covid-19.

Ek mag dalk die pot mis sit, maar bly tog hoopvol.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 03/06/2020 - 17:42

Herman ek verheug my beslis nie van die opstande in ander ontwikkelde lande nie, maar dit beteken tog dat Suid-Afrika nie só 'n vrotsige plek is nie.  Wat wel soos 'n paal bo water staan is dat rasisme vorm die ondertoon van feitlik die meerderheid opstande, geregverdig of nie.  Ek wonder as dit 'n neger polisieman was wat sy knie op die nek van 'n neger verdagte se nek geplaas het en sy dood veroorsaak het, of dit dieselfde geweld tot gevolg gehad het ?  Ek glo nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus