Wil nie Tora se penne kasdraad kaap nie, daarom begin ek liewer 'n nuwe draad om tips te gee hoe om jou neus kas bietjie meer ordelik te hou.
Ek het vir alles wat ek kon, "tool clips" in gesit, dit werk vir my baie lekker.



Vir die tuin slang wat so rond lê sommer 'n verleng koord se tol gebruik om dit netjies in plek te hou.
Baie, Baie Netjies
Werklik, Johann dit lyk pragtig, puik en goed ge-organiseer![]()
Waar was jy in die weermag?
Seer sekerlik infanterie![]()
![]()
Waardeer
Frans ek sal dit baie waardeer, want die vloer is reeds nie baie stewig nie, en ek moet juis plan maak vir die hoek stutte waar ek die langer wurms moes insit. Kon nie meer so op die knie sukkel om by te kom nie.
Dink daaraan om iets soort gelyk aan "plumber blocks" aan te bring wat die wurm kan ondersteun.
Sal so maak
Johann, Johan en DK, ek sal net eers my ou sketse moet soek, dit was seker 12 jaar terug gedoen, en rekenaar het intussen 2 keer gedooi. Anders sal ek nuwe sketse maak en dalk sommer hier plaas.
Dennis as ek oor ander rede moet watsaap stuur, stuur net vir my blank een, dan doen ek so.
Kom ons probeer
Ek gaan eers probeer verduidelik hoekom ek begin rondkyk het onder vorige wa, dit was 'n 1992 model, (ek weet nie presies hoe die huidige waens daar lyk nie), waar die "neuskas" se vloer vaskom aan die wa.
As jy alles uitpak, en jy staan aan A-raam se kant, en jy kyk binne toe, sal jy sien waar die gasbottels staan, en waar die battery staan, is dit in "moulded"vorms, en dit maak dan ook die bodem sterker (die bulte en duike). Daar is ook openinge wat lyk asof dit water uitlate is, maar dis eintlik meer om gas wat lek, of battery wat te warm geword het, suurdampe" uit te laat - laagste punt in bodem.
Ek het opgemerk die bodem lyk half los, en met nadere ondersoek (van onder die wa) gemerk dat die vloer baie skraps onderaan die "rectangular tubing" vas is/was met omtrent 4 "self tapping" skroewe (Len, verskoon die Afrikaans!!) en party lankal verloor het.
Ek het toe alles opgemeet, en so 5 "L-vormige brackets" laat buig, so 60mm wyd, van omtrent 3 0f 4mm dik gegalviniseerde plaat. Verder het ek dit onder so probeer spasieer dat dit redelik oral ewe ver van mekaar kan kom. Ek het 6mm gate geboor deur brackets, maar 5mm deur die rectangular tubing.
Kom ons bekyk skets en kyk of dit sin maak.

Die linkerkantse deursnit skets wys die bracket (swart) steek ongeveer 100mm uit om die neuskas vloer (groen) meer te ondersteun. Regterkantse sketsie toon die bracket waar dit aan agterkant van rectangular tubing met 2 self tapping skroewe vaskom, en die onderkantse een wys so 3 self tapping skroewe.
Mens kon seker ook van die klinknaels gebruik wat by woonwa handelaars te koop is, wat omkrul aan die binnekant, maar ek het meer veilig gevoel met die self tappers.
Die reusltaat van die hegging was 'n baie stewige bodem, wat geen buig of "sagging"ooit weer getoon het nie.
Ek het ander waens gesien wat sommer van die aluminium checkered board laat sny het, en dit heeltemaal aan onderkant gesit het om hele vloerarea te bedek, maar baie duurder.
Wat daardie openinge aanbetref, ek het sommer stukke voëltiedraad opgerol, en in die gate geforseer. Dit het ek gedoen nadat ek ander woonwa gesien het waar die rotte deur daardie openinge toegang tot neuskas gekry het, en so bietjie drade stukkend gekou het. En, ja, ander een het pofadder daar gaan lêplek soek het.
Elke persoon sal maar onder se wa moet gaan inkruip, en na die situasie kyk, ek glo elkeen sal iets anders raaksien, maar hopelik kan hierdie die gedagte aan die gang sit om sy eie ding te kan doen.
Goed, ek weet!!! dit was my probleem ook, dis dêm ongerieflik, die pens is in die pad!! Maar dit help as ou die wa so bietjie hoog lig met trollie domkrag en dan stutte te gebruik om hom HOOG te hou!!!
Ek moet hierdie plan van jou…
Ek moet hierdie plan van jou ondersoek. My wa het mos nie n pale kas nie.
So ek moet dit inkorporeer met n palekas.
Palekas
Johan palekas is maklik om te maak van 150mm plastiek rioolpyp, dwars onderdeur wa, twee oorskuif proppe weerskante, en jy boor skuins gate deur prop (deksel) en pyp, en haak slotjies aan. Om weerskant proppe aan te sit werk lekker, jy kan dan van tent-kant ook bykom om pype uit te haal.
As jy visstokke het met litte, is dit ideale bêreplek!!!! Natuurlik aparte een vir visstokke en daardie dinge!!!
Ek het altyd sommer my eie brackets gemaak van die tipe gegalaviniseerde strips wat hulle gebruik om geute brackets te maak. Twee per pyp is voldoende, en jy bout hom vas aan die woonwa chassis. Ou sal ne tmoet onder kyk hoe en waar.

Die elegance is biki laag…
Die elegance is biki laag oppie grond en hyt daardie vreeslike A raam .
As mens sulke pyp opsit, dink ek dans hy te laag oppie grond
.M.a.w. die grondvry hoogte is te min.
My twee opsies is 1.) om agter die wa aan onderkant n platterige kas te fabriseer van Aluminium. Biki breëd dan kan die pale 2x hoog daarin le. Moet nog sien hoe.
Ander opsie is om n netjiese gat in die kant van die neuskas te maak met n kas binne die neus kas. Dit klink na n opsie. Weet nog nie hoe om n deksel te fabriseer aan die kant wat oky gaan lyk nie. Dan kan die plan om n aluminium vloer in die neuskas goed werk.
Op die oomblik laai ek hulle in die sak agter die jeep in. Sal maar voorlopig daarby bly tot ek n wenplan uitgedroom het.
Doen dit gewoonlik as ek nie geslaap kry nie. Droom planne uit.
Sommer met oog gekyk, maar…
Sommer met oog gekyk, maar sal weer biki loer.
Die aste gaan in die middel van die U-beams deur. D.w.s. pyp moet onder die beams geklamp word.
TORA SE NEUSKAS
Ek laai alle losgoed wat vuil kan word hier .Al my elektriese goeter ens. kom in die Stofdigte kassie in die middel.
My Camplite neuskas. Nadat…
My Camplite neuskas. Nadat ek vandag my kombuis kas uitsorteer en skoongemaak het, het ek sommer besluit om gou my neuskas af te neem.
Ek het 'n 20W son paneel voor op wat vir my lig gee. Dit laai 'n battery agter in die waentjie:
Hy is lekker toegapak.
5L gas met kookplaat, opvou SS braaier, plat skottelbraai, Tent toue en penne + hammers, voorste verstelbare stut, nood toerusting, platboom swart pot & 2 x 3 m grondseil, paar stukkies gereedskap.
Afgesaag ?
Dit sal nou seker afgesaag wees as ek dit weer sê, maar ek gaan dit tog weer sê : ek is beïnruk - wel gedaan, netjies en doeltreffend.





Dit is baie netjies Johann.
Dit is baie netjies Johann.