Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -2 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -13 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago

Batterye en dinge

Vaalpark
Submitted by Johann L on
Forums

Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.

Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud,  permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.

Ek sal seker een of ander tyd moet vervang,  hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is; 

Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle" 

Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.

Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?

Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 22/08/2019 - 14:49

Ek het n "smart charger" op Froggy se batterye gesit.

Dit is nou 1 x voertuig battery en 2 Aux batterye (in parallel gekoppel).

Hy hou alles volgelaai.

As ek ry is daar n Luna Solinoid systeem wat dan in die ry alles gelaai hou. As ek stop en krag trek op Aux battery skop solinoid uit sodat voertuig battery nie pap word nie.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 22/08/2019 - 15:10

Ek het sommer rond gespeel in dir "tool shed",  'n 12volt led liggie (down light) as vrag gebruik en 'n nabootsing gedoen. Kon geen ampere lesing gekry nie, of dit is laer as .05a?

Amp
Kan 'n 3 watt 12v led lig minder as .05a gebruik 

 

0

Middag Johann

Die antwoord op jou vraag is NEE.

Watts = volt x stroom

Dus stroom = 3watt/12 volt = 0.25 amp

Ek neem aan jy wou 'n antwoord gehad het, of was jy sarkasties.

Groete 

 

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 22/08/2019 - 17:57

Wessel, nee glad nie sarkasties nie, daarom die vraagteken.

Ek was te lank terug op skool en kan nie meer die formules onthou niefrown

Maar dankie vir jou antwoord👍

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 22/08/2019 - 18:00

Moet egter erken, ek gaan nie die amp kant kan gebruik nie want die yskas is net 220 volt, bloot nuuskurigheid om te sien hoe werk die gadget. 

0
Pretoria

leeu

Fri, 23/08/2019 - 07:49

Hallo Johan, ek mag dalk van baie ander verskil maar jy het redelike dik drade nodig om van jou voertuig, die wa se battery te wil laai, tensy jy 'n gelyk stroom na gelyk stroom laaier agter in jou wa inbou en dis 'n duur oefening (Soos Ctek se D250SA).

Elke meter kry jy "Volt drop" en dit werk op die ou eind baie uit, jou voertuig is bv 6m lank, dan moet jy nog by die battery uitkom in die wa. My off road karavaan het dik drade gehad, asook 'n gelyk stroom laaier agterin. Ek het "Brad Harrison" proppe gebruik by die sleep stang.

0
Middelburg

Noel

Fri, 23/08/2019 - 08:30

Stem met Nico. Ek het 16mm drade gebruik vir my bakkie en het ook slave solonoid installeer om te verhoed dat nie die voertuig se battery nie gebruik nie wanneer die voertuig af is. Die dubbel batterye laaier systeem is moeite werd vir waens wat meestal offroad gaan en op plekke kamp wat nie krag het nie. Die yskas van padkaravane bly heeldag koud ongeag heeldag op die pad reis en dit is bittermin dat ons op kampplek staan sonder krag. Jou inverter is 100% vir kragonderbrekings en ek gaan ook vir my inverter aanskaf vir die yskas. Installeer eerder solar paneel op die karavaan se dak en sal die battery laai terwyl jy reis. Dit is jou keuse smiley

0

Môre Noel en ander

Is dit werklik altyd voordelig om sonpaneel permanent op wa se dak te sit?

Die een voordeel is sekerlik dat terwyl jy ry, die ding sy werk doen. Dan kom mens by die kampplek en wil eintlik in koelte onder 'n boom staan. Dan werk die paneel nie meer nie.

Die opsie is natuurlik om maar in die volson te kampeer. Sodoende het mens die volle benutting van paneel, terwyl ry en staan. Ongelukkig kry ek gou warm en hou maar van 'n koel wa.

Wildehont: Nog 'n rykmans bederfie as mens kamp, die sonpanele en ook aircon in wa.laugh

Groete

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 23/08/2019 - 11:47

My plan is om vanaf dir altenater se positief 'n dik draad tot by die 7 pin prop te hardloop, van daar af aan die karavaan se prop, die selfde dik draad na die batery se postief. Ek glo die negatief is oorbodig, want dit aard mos deur die "body" terug na die batery, of is ek verkeerd?

Indien nodig,  sal ek 'n Anderson prop gebruik, ek het een wat hier lê, maar, ek het reeds 2 x 7 pin proppe in plek op die sleepstang?

0
Middelburg

Noel

Fri, 23/08/2019 - 12:51

Soos ek verstaan die alternator se positive gaan direk na battery toe. Sodra jy by vulstasie  of winkels stop, gaan die inverter die voertuig se battery krag begin opvreet. So die kring van positive draad na inverter toe sal nie breek nie. Daarom moet jy die slave solonoid van battery krag installeer om die positive kring te breek. 

0

Ek het vanaf my bakkie se battery beide 'n positief en 'n negatief geneem na 'n BH prop agter.  Ek het net meer vertroue in die proppe vir 'n 12V  laai/voorsienings lyn. Ek sou nie dunner as 16mm draad gebruik nie, verkieslik selfs bietjie dikker.

Baie belangrik - onthou om 'n "fuse" in die positiewe lyn te sit, sommer voor by jou voertuig se battery.

Alhoewel dit sekerlik beter is om 'n solenoïde in die lyn te hê wat die toevoer sny wanneer die voertuig se enjin afgeskakel word, het ek dit nie. Ek los alles gekoppel en het dit al so laat staan met die yskas aan vir 2 ure, waarna die battery nog steeds gemaklik die enjin gedraai het. Mens moet in gedagte hou dat jy nou twee battery in parallel het om die yskas te voorsien wanneer die voertuig se enjin af is. Dit verg egter bietjie dissipline om nie te vergeet om die tweede (of yskas) battery te ontkoppel wanneer jy byvoorbeeld 'n oornag stop maak nie.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 23/08/2019 - 13:11

Noel, ek het twee baterye in parralel  (1 x 105 a/h in karavaa, en 1 x 150 a/h by kar),dink jy nie dit sal langer as twee uur se staan vat om albei dood te trek nie,  ek vra net, want volgens die toets wat ek op die karavaan gedoen het, het ek meer as twee uur om mee te speel? 

Onthou, ek is nie gekwalifiseerd om julle advies in die wind te gooi nie,  ek is 'n leek op die dinge😀 

Johan, dankie, ek gaan 16mm draad by Midas kry, en jou advies volg.

As Noel voel dat ek steeds 'n selonoide moet in bou, sal ek dit oorweeg.

0
Middelburg

Noel

Fri, 23/08/2019 - 13:20

Johann, dit sal nie die 2 batterye binne 2ure doodpap maak nie. Soos Johan K se dit is jou self dissipline en moet heeltyd in gedagte hou. Ek het 15Amp fuse gebruik vir die krag van die coil van die solonoid en 80Amp fuse gebruik vir positive krag wat na battery ( 2de battery) toe gaan. 

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 23/08/2019 - 14:36

Dankie Noel, ek sal liewer veilig speel en die dinge reg doen om drama te voorkom,  ook versekering wat maar hier in die agterkop pla.

Dink jy nie 80 amp fuse is miskien hoog nie,  ek dink 40 of 60 amp is veiliger,  of is daar 'n kans dat die amps 40 sal oorskry ?

My batery is altyd vol gelaai. 

Jammer vir al die vrae, ek wil nie aan jaag nie😄

0
Pretoria

leeu

Fri, 23/08/2019 - 14:43

Hi Johann, ek stem saam met Noel, gebruik liewer 'n sonpaneel. Jy het Volt drop op enige kabel a.g.v die weerstand in die kabel (afhangende van hoeveel jou alternator uitgee). Dis beswaarlik genoeg om te voorsien, wat nog van laai. Dis hoekom hulle DC - DC laaiers insit, want hy werk soos 'n "step-up transformer". Jy kan die sonpaneel op 'n "bracket" vassit wat verwyderbaar is, dan kan jy hom in die son laat staan.

Die probleem met 'n sonpaneel op die dak is, dit is vrek swaar tensy jy die buigbare panele aankoop, wat dit baie makliker maak. Dis net duurder. My keuse sou 'n sonpaneel wees, hy kan laai terwyl jy op die pad is, al wat jy nodig het is 'n "regulator", sommer net 'n 10Ampere eenheid en natuurlik die sonpaneel. Ek weet nie, probeer jou kabels, maar toets voor jy installeer. Baie van die nuwe voertuie se altenators is "slim" en kan probleme gee as jy twee koppelings maak, want hy gaan dalk op altwee heeltyd laai omdat hy sien die wa se battery bly leeg en dalk jou primêre battery in die voertuig laat kook, dis hoekom 'n "solenoid" ook belangrik is.

0
Pretoria

leeu

Fri, 23/08/2019 - 16:46

Pieter Barnard is 'n Elektroniese Ingenieur en sal jou die regte inligting gee, maar hy is baie duur, jy betaal vir goeie produkte. Probeer gerus ook die LED ouens in Centurion. LED gee verniet inligting en is baie, baie vriendelike mense.

0
Pretoria

leeu

Fri, 23/08/2019 - 16:51

Jy kan ook HCDP kontak wat stelsels gebou het vir Echo. Dink hulle was laas in Silverton, Pretoria. Op die ou einde moet jy jouself afvra of dit die moeite werd is om klomp geld te spandeer vir wat jy wil doen. Dit is natuurlik lekker om sulke projekte uit te voer. Ek geniet dit vreeslik baie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus