Die onderwerp is seker al holrug gery, maar, ek gaan weer krap.
Die Penta se loodsuur batery is meer as 4 jaar oud, permanent op die laaier waarmee die wa toe gerus is.
Ek sal seker een of ander tyd moet vervang, hopelik nog ver in die toekoms, maar my vraag is;
Weer 'n loodsuur batery wat my baie goeie diens gee, of 'n "deep cycle", of "high cycle"
Die "deep cycles" in ons huis gee ook goeie diens, maar kos heelwat meer as gewone loodsuur batetye.
Wat is die verskil tussen die drie soorte baterye?
Soos ek verstaan, is loodsuur vir "start up / cranking" en stadig laai, soos vir motors, dit is mos wat "Movers" ook doen, trek groot krag vir kort tye, en herlaai stadig?
Johann, Jurgie het n 50Ah…
Johann, Jurgie het n 50Ah battery waarvan liggies etc werk, en dan n 5A slimlaaier wat ek permanent aanlos. Inteendeel, dit is bedraad dat sodra die extension ingeprop is aan die waentjie, dit begin laai.
Neef glo aan "leave well that is well" Jou huidige laaier is ontwerp om goeie werk te doen. Netnou knyp dit jou soos daai Chinese pompies gedoen het.
Die slim laaier is spesiaal…
Die slim laaier is spesiaal vir "AGM Leasure" baterye daarom het ek gedink dit sal beter wees as die 17 jaar oue laaier wat Jurgens in gebou het? (Dit is waarom ek die gekoop het, daar is 'n klomp leds wat wys of die batery reg laai vir die tipe batery)
Ek het 'n AGM Leasure batery in gesit na die vorige lood-suur na ses jaar gegroet het.
Johann...
Ek stem saam met Wessel en Herman hierbo. As jou huidige laaier in die Penta goed werk, is dit werklik nodig om dit te vervang ? My Exclusive se Apollo-laaier werk al vir 16 jaar soos 'n droom en versorg my gewone "lead acid high cycle" battery(e) probleemvry. Trouens, as my Apollo die gees sou gee, haal ek dit tydelik uit, laat dit herstel en plaas dit weer terug.
Ek het 'n klein "trickel charger" wat altyd in die karavaan saamry vir ingeval die Apollo my tydens 'n kamp in die steek sou laat - in 16 jaar het dit nog nie gebeur nie.
Batterye en Alternator
So ons het al baie gepraat oor Batterye en Intellegent Solenoids en afsluit skakelaars om die stroom te breek, vanoggend het ek n ander vraag, ek het toe besluit om n Afsluit skakelaar in die stroom te plaas wat die die Battery in die Kanopie krag moet gee, so as die bakkie se engin aan is dan swaai ek die skakelaar oor om krag te voorsien na die Battery in die Kanopie, as ek stop, dan swaai ek die skakelaar oor om die stroom te breek sodat my hoof Battery nie ook af getrek word nie, en sit dan die son Paneel aan om dan oor te vat en die Battery te laai in die dag.
Nou wil ek weet, is n Alternator gebou om so iets te doen of gaan ek oor 2 jaar of meer van nou af n nuwe Alternator moet insit, is dalk n onnodige vraag maar is n Alternator nie gebou om net 1 battery te laai en vol te hou nie of kan ek 2 of meer batterye so opkoppel dat hy almal vol hou terwyl ek ry?
Sal graag julle terugvoering wil Lees,
Wat ek wel agter gekom het, as ek die 2de Battery laai met die Alternator dan "float" my battery op 14.1V maar as ek die skakelaar afsit en die son paneel aansit, dan 'float" my battery op 14.7v!
Wat is julle siening daaroor!
Josef ek het
Ek het lank geworstel met die idee van tweede battery laai terwyl ek ry /staan so as ek aan die beweeg is gaan ek vir my die Victron Orion -TR Smart DC-DC Charger Isolated laat insit die raad by Anton gekry en baie ouens op 4x4 community forum se dis n wenner die setup hoop dit help gaan google Victron en kyk na genoemde DC DC charger .
Wil die met julle deel. …
Wil die met julle deel. Stop gister by die kooperasie doen shopping maar toe ek wil start is daar net n ligte klikgeluid hier onder die dash, niks gebeur nie. Heeltemal stomgeslaan, weet nie waar om te soek nie, gladnie, wat is dan fout !!
Langs my klim n man uit sy bakkie en vra, of is die immobiliser af? Die landrover sit dit self af as jy die sleutel indruk en aanlsuit seg ek, en gaan deur die motions nog n keer. Die probleem was toe die batterytjie in die sleutel wat pap was, gelukkig het die kooperasie van hulle, en 5 minute later is ek reg. Kan jy indink jy sit daar in Middelpos, op n Sondag oggend, en wil nou huistoe gaan, en dit gebeur, en die kroegman se vir jou, "ek dink jou starter het gekalf".
Neef gaan vir elke ryding n spaar batterytjie in die mossienes gooi.
batterytjie ...
Ja, so kan die tegnologie ons om ons neus laat kyk. ![]()
Float spanning
Middag Josef
Ek vermoed dat jou alternator en sy reguleerder sodanig is dat dit uitskakel op 14.1v [boost]
sodra jy oorskakel na jou sonpanele en die gepaardgaande beheerstelsel, is dit geprogrammeer om tot 14.7v te boost.
Ek dink 'n alternator verskaf deurlopend 'n uitsetstroom. die reguleerder neem daarvan soos benodig om voertuig se battery te laai. sodra dit vol is, verhoed die reguleerder dat die stroom nie opgeneem word deur die battery nie.
Dus, as 'n leek, ek glo nie die alternator gaan skade ly as dit nog 'n battery moet voed nie.
Goeie môre vriende, soos…
Goeie môre vriende, soos elders genoem, het my huis se inverter gegroet en ek het die "fout" gemaak om 'n nuwe 52 volt batery te gaan koop, wat onodig was. (Los liewer die soort van ding vir die kenners)
Tans is ek besig om met die versekering te onderhandel om die inverter te vevang en dit lyk belowend. Die ding kos R35000.00 (arbeid en skakelaars ens ingesluit) en ek kan nie bekostig om so baie geld uit te gee op iets wat gedek is onder die versekering nie. Die batery kry ook aandag by die versekering.
So het ek met vier baterye op ge-eindig wat in der waarheid nog niks makeer nie.
Ek het al vier met 'n intelligente laaier vir 48 uur elk gelaai, een gister in die Penta gesit en die yskas deur sy eie inverter daarop gekoppel en aan gelos. Na ses uur het dit nog steeds perfek gewerk.
My werk om een binne die Penta in die regter voorste bank in te bou begin dus more.
My plan is om die slim laaier en die batery dmv 'n kragpunt, binne die bank, permanent op die yskas te sit. Dit gaan heelwat bedrading en veranderings vat, maar dan is die Penta se batery voldoende vir die movers en ligte, en die groot batery slegs vir die yskas.
Ek erken dat ek seker behep…
Ek erken dat ek seker behep is met die yskas, en dat my dae van kamp nie meer al die dinge regverdig nie, maar my dogter erf die Penta en hulle kan dan voordeel terk uit alles wat ek nou doen / verbeter op die karavaan. Veral in die lig van eskom se onvermoe.
Die batery op die a-raam kon nie lank genoeg krag hou vir die movers se beheer paneel en die yskas plus nog al die ligte ook nie.
Selfstandigheid
Dis glad nie tydmors nie Johann. Ek is bevoorreg; die Kavango het my nog nooit sonder krag gelaat nie. Ek het weliswaar sover seker gemaak dat die batterye (dis ‘n 12V stelsel maar ek koppel twee 12V batterye in parallel) eksie perfeksie is, en die stelsel werk duidelik reg. As daar 220V is, laai die trickle charger die batterye, en as daar nie is nie doen die sonpaneel dit.
Gelukkig is die stelsel so aanmekaar gesit dat ek niks hoef te doen nie; die stelsel skakel outomaties tussen die onderskeidelike kragbronne. My punt met die lang storie, is dat dit die moeite werd is om ‘n betroubare 12V gebaseerde kragstelsel vir jou wa in te sit. Moeitelose kampering ![]()
Laaistelsel
Middag vriende
Ek wil Chris S se stelling hierbo, beaam. Soos al tevore genoem, het ek my Kavango se 12v stelsel totaal laat oorbou deur Pieter Barnard Enterprises. Wat 'n genot is dit. Die stelsel kontroleer insetstroom, uitsetstroom, volts en het ook 'n ingeboude uitklikskakelaar om batterye te beskerm. Dit skakel alles af, nog voordat yskaste se beheer die vraag van die batterye afskakel.
Net jammer dit sit in die paadjie, soos mens inklim. Mens moet net gereeld sekermaak dat al die skakelaars wel aan is.
Goeiste mens kan my…
Goeiste mens kan my agterent nie maar geskuur word met doring draad nie, ek juk alweer.
Met die batery wat op die A-raam was, en mos op gepak het, het ek toe die nuwe vervangde bater nie terug gesit op die A-raam nie (het elders iemand se gesprekslyn gekaap met die storie) die nuwe batery is te groot en pas nie daarin nie.
Die Anderson prop se drade het ek toe vir eers af gehaal, want dit was te kort om tot binne by die bank by die batery by te kom.
Nou sit ek met die bekommernis, ek gaan nog twee gate in die vloer moet boor om die drade van die kar se batery na die Penta sin, (vir laai gedurende ry) deur te trek, nog gate worry my?
Ek kan die gate waar die oorspronklike draad deur Jurgens gemaak is groter maak, en die nuwe draad dan direk op die inverter koppel, sal dit 'n probleem wees, of maak dit nie saak nie?
Inverter???
Middag Johann
Bedoel jy rerig direk na die inverter, of het jy verkeerd getik.
Jy wil nie dalk die draad vanaf die kar direk koppel aan jou laaistelsel nie. Ek raai jou Penta het 'n laai/beheerpaneel waaruit die woonwa se 12V voorsien word, hetsy na die wa se battery, ligte en ook die inverter.
Direk koppel aan die inverter klink net tegnies verkeerd, maar ek is 'n leek op die gebied.
Middag Wessel, ons is dan…
Middag Wessel, ons is dan twee leke, daarom my vraag aan die manne op die forum.![]()
maar ek is 'n leek op die gebied
Wat ek in gedagte het, is om die draad van die kar se Anderson prop, direk na die 12v kant van die inverter te vat. (Dit is mos ook direk na die batery gekoppel) As my redenasie reg is, beteken dit dan laai die kar die batery in die ry?
Andersins moet ek dit maar direk na die batery vat, wat dalk maar die beste is, maar, ek wil nie graag gate in die vloer maak nie.
Ek het die Herculus laaier uit gegooi en 'n nuwe DB ingebou, dan het ek 'n intelligente laaier wat vanaf 'n 3punt prop die baterye laai as daar krag is.
Die leek se probleem
Middag Johann
Ek is bekommerd dat indien jy die kar se inset direk koppel aan jou woonwa battery, ongeag waar en hoe, dat daar geen beheer oor die laaiproses is nie. Ek is bekommerd dat jou woonwa dan kan oorlaai en kook.
Ek mag verkeerd wees, maar as jy benodig 'n moniteer en beheerstelsel tussen jou voedingsbron[kar] en woonwabattery om te verhoed dat jy die woonwa battery oorlaai.
Wessel is reg. Jy gaan na…
Wessel is reg. Jy gaan na 2 dinge moet kyk as jy 'n 2de battery vannaf die voertuig se battery / alternator wil laai. Wel, eintlik 3 dinge.
1. Jy moet die 2 batterye kan isoleer van mekaar indien die voertuig nie aan is nie.
2 Jou 2de battery sal sy eie laaier moet hé om hom afsonderlik te bestuur en in stand te hou.
3. Moderne voertuie se altenators kan moontlik ontwerp wees om slegs die een battery by jou engin te laai. 'n 2de en ander tipe battery kan die sisteem deurmekaar maak en veroorsaak dat nie een van die batterye reg gelaai en beheer word nie. Smart Alternators ...
Dit is waar die DC to DC laaiers inkom, wat al drie die bogenoemde punte sal monitor en bestuur. Vir jou scenario waar jy nie solar ook wil gebruik nie stel ek voor 'n victron orion TR Smart DC to DC CHARGER. Jy kyk na so R 2700 vir die eenheid wat teen 18A kan laai.
So 'n tipe DC to DC sal slegs krag van jou voertuig vat as die voertuig loop en die altenator spanning / volts bo 'n seker voldoende vlak is. Dit sal altyd jou voertuig battery eerste in ag neem. Dit sal ook jou 2de battery monitor en laai / beheer soos wat nodig is en afhangende van die tipe battery wat jy in het.
Een ding wat jy in ag moet neem met 'n direkte koppeling is dat daar 'n redelike groot spanningsval oor die lang draad van voor na agter gaan wees en dit gaan veroorsaak dat die volts te laag gaan wees om jou 2de battery voldoende te laai teen die tyd wat die krag by hom uitkom. By jou alternator en voertuig battery mag die spanning dalk 14.2 V wees, maar agter in die woonwa gaan hy heelwat kan val. Die DC to DC sal kompenseer vir dit en die laer spanning wat agter beskikbaar is d.m.v elektronieka weer opstoot tot op die regte vlak om die battery voldoende te laai deur al die nodige stappe.
Nog 'n ding wat pla is die afstand van die inverter na jou battery. As daardie afstand te lank is, gaan jy weereens 'n spanningsval kan kry - daarom moet jou DC to DC laaier so naby moontlik aan die battery wees om 1) korrekte battery spanning te meet om die regte berekening te maak vir watter laai stap nodig is ens. en 2) om die optimale spanning na die battery te gee om hom optimaal te laai en in stand te hou.
Môre manne, ek dink ek het…
Môre manne, ek dink ek het myself nie duidelik uit gedruk nie.
In die Penta het ek paar veranderings gemaak.
1. Die oorspronklike Herculus DB bord met ingeboude laaier uit gehaal, en 'n klein DB bord net vir 220 volt in gebou.
2. 'n deep cycle batery ingesit met 'n intelligente laaier wat op 'n 220 volt prop gekoppel is om die batery te laai.
3. Die batery is onder die regterkanste bank, waar die ou Herculus laaier was, in gebou.
4. Van daar, onder die karavaan deur na die inverter onder die yskas is kabel deur getrek direk na die inverter. (aan die linker kant van die Penta)
Aan albei kante is reeds deur Jurgens gate gemaak vir drade om deur die vloer te gaan vir verskeie redes.
Wanneer ek sleep, is daar dus geen 220 toevoer nie, slegs die 12 volt van die kar af, wanneer ek nie sleep nie is daar weer geen krag van die kar af nie, slegs 220 volt van 'n eksterne toevoer af.
Die regterkanste gate in die vloer is vol, aan die linkef kant is bitter min spasie in die gat wat die drade deur die vloer vat, maar ek kan dit bietjie groter maak en dan die kabel van die kar af, daar deur vat en direk op die inverter koppel. Van die inverter af is daat reeds draad wat direk na die batery gaan.
Intussen het ek ook die batery op die A-raam uit gegooi en elders gebruik, daarom moet ek nou nuwe (langer) draad aan lê vir die laai van die batery terwyk ek sleep.
Hoop ek maak meer sin met my leke kennis van "auto electric".
Nee Johann ....
.... niks maak vir my sin nie, want ek weet niks van sulke tegniese dinge af nie en verstaan nie eens die terme wat gebruik word nie. Ek's 'n ware voorbeeld van 'n TG (tegnies-gestremde). Ek moet eintlik maar by hierdie onderwerpe verbyhou.





Penta laaier
Môre Johann
Eerstens, waarom wil jy die normale Penta laaier vervang? Werk dit dan nie goed nie.
Tweedens, ek dink nie jy moet jou bekommer oor die effek van die 14.7v BOOST laai nie. Die intelligente laaier laat toe dat die battery vir 'n rukkie so hoog gelaai word. Dan begin dit die stroom verminder, asook die Float spanning, rondom 13.6v.
As jy dan kamp en die battery begin stroom lewer aan jou ligte, sal die laaier basies net die battery aanvul soos nodig. Ek vermoed die spanning gaan dan naby die russpanning [resting voltage] van 12.7v, vir 'n vol gelaaide battery wees.
Die meeste boswaens, myne ook is deesdae net toegerus met LED ligte. Ek dink jy is verniet bekommerd.