Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -38 minutes ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -1 hour ago
Frankryk Springbok rugby Geert -14 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -22 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -22 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -23 hours ago

Kampering eetgerei

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dit sukkel maar met die geselsery en dan praat ons oor allerhande twak behalwe kampsake.  En toe begin ek wonder, hoe maak ander ouens met hul eetgerei daar waar hulle kamp ?  Dis hoe ons maak :-

Ons teerpad karavaantjie het natuurlik in die kombuis 'n netjiese laaitjie, onder die mikrogolf waar al jou messegoed (messe, vurke, lepels, tange en sulke goed) gestoor kan word.  Maar omdat ons altyd buite in die tent of rally kook en eet, is dit  lastig om in-en-uit die karavaan om die nodige te kry.  Veral ook omdat 'n ou feitlik daagliks buite braai, is dit lastig om kort-kort iets in die karavaan te gaan soek.

'n Vriend wat lief is vir houtwerk het die ondervermelde houer vir ons gemaak waarin ons alle messegoed, braaitange, opskeplepels, ens. plaas.  Dit bly daar en staan gewoonlik op 'n tafel in die tent, toegemaak met 'n bypassende slopie wanneer nie in gebruik nie teen beskerming van stof.  Ons kamp net soms alleen, maar meeste van die tyd is dit saam met kampvriende of ons kinders en dan is dit gerieflik dat elkeen wat saam eet, hom/haarself kan help met wat nodig is.

Hoe maak jy met dié goed ?

.

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 02/04/2020 - 11:04

Netjies Len ek sal foto neem en plaas ja soos jy doen is alles bymekaar en jy hoef nie te soek na iets nie

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 02/04/2020 - 11:28

Len, ja, dit lyk goed. Ek sien op elke foto van julle kampe als is netjies op sy plek.  👍

Wens ook dit kan soms so by ons lyk sad al is als daar.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 02/04/2020 - 12:33

Len, ek het vir myself 'n laai gemaak in my een kassie in 'n spasie wat nie gebruik word nie. In die laai het ons die gewone plastiese houer met vakkies vir verskillende eetgerei.

Ek het soortgelyke spasie gebruik om my radio te monteer. Sal nou nou 'n foto soek van die radio. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 04/04/2020 - 07:50

Môre Len en ander

Ek verstom my aan julle ouens wat so baie "geriefies" saamsleep, letterlik.

Die voordeel van 'n boswa met die buite kombuis is dat alles reeds buite is, en netjies ge-orden. Messegoed in 'n sak met vakkies, aan binnekant van deur, wat oopstaan. Borde, bekers ensovoorts in die spons gevoerde rakkies.

Ek laai eerder nog vleis en drank saam as sulke goedjies. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 04/04/2020 - 08:55

Wessel, hoekom verstom wees oor ons padkaravaan-mense se messegoed-geriefie wat saamgesleep word  -  jy sleep joune mos ook saam soos wat jy mooi verduidelik het ?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 04/04/2020 - 10:38

My vrou het sulke klein emmertjies wat ons gebruik vir tee lepels (skoon in een, gebruik in ander een) en 'n miniatuur sink bad waarin sy die eet gerei end in sit. Die kom ook op die tafel in die tent. Sal een of ander tyd 'n foto op sit.

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 04/04/2020 - 11:24

Hello Len

Tegnies gesproke is jy reg, ek sleep ook my eetgerei saam, soos voorsien word deur die boswa.

Ek laai egter nie ekstra gewig by deur ekstra houers en mandjies saam te sleep nie. Ek wou sommer jou uit jou inperkings sluimerslaap terg met die voordele van 'n buite-kombuis.

Groete

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 04/04/2020 - 13:56

................waarheen jy mik Wessel, maar onthou daardie ekstra gewig word deur 'n Nissan met gemak gesleep terwyl jy met jou Toyota maar moet oplet op jou gewig !  Probeer gerus Chris B se "intermittent diet"

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 05/04/2020 - 08:39

Môre Len en ander

Jy is heeltemal reg met jou aweregse gewig opmerking.

Die eerste keer wat ek die Kavango ingeneem het vir 'n diens, merk hulle op dat ek 'n Hilux as sleepvoertuig het. Soos goeie verskaffers betaam, het hulle onmiddellik kosteloos  al my roesvryestaal eetgerei vervang met plastiese gerei. smiley

Ongelukkig bied dit geen voordeel nie, want ek ry 2 hand-neuswiele en 'n elektriese ene saam.  

Groete

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus