Ry ek Vrydag middag gou Pretoria toe, bietjie haastig, moet iemand dringend sien voor hy die kantoor verlaat vir die naweek.
Spring hier so opgeskote mannetjie voor my in die pad en wys ek moet aftrek. Draai my venster oop en die mannetjie kom staan so breed by die venster en se "Middag mnr, hoe gaan dit" Ek kyk hom so en se, dit het goed gegaan tot hy hier voor my ingespring het nou gaan dit maar so poeferig! Die man wil hom amper natmaak soos hy lag!
Vertel my toe dat ek so bietjie oor die spoedgrens gery het, ek vra toe hoeveel is die skade, R600 vertel hy my. Ek se toe nee maar ek kwalifiseer vir pensioen afslag, einde van storie is toe net R200 boete.
My laaste boete was seker so 9 jaar gelede, so kyk ek vandag op internet waar moet ek die ding betaal, kan nie onthou waar ek vroeer boetes betaal het nie. Sien toe op Arto se web werf dat as ek binne 32 dae betaal kry mens 50% afslag!!??
Nou lyk my die R600 boete gaan op die ou end net R100 wees, klink vir my maar lekker verkeerd.
Nog nie betaal nie, sal maar…
Nog nie betaal nie, sal maar Maandag Brits toe ry en by die lisensie kantoor gaan betaal.
My dagvaardiging wys net die R200 dus neem ek aan dit is wat ek sal moet betaal?
Nogal gedink dit klink te goed om waar te wees!
Ja swaer, is swaar swaer. Om…
Ja swaer, is swaar swaer. Om jou hard verdiende geldjies so te moet loop sta en weggee. Pleks jy daai mannetjie maniere leer, respekteer jou meerdere.?? nou is jy nog laat ook nog, en dit net omlat daai kind jou tyd so loop ga en steel.
Jy moes eindlik vir hom sê dis stupit om so voor 'n blinde bestauurder in te spring.
Braaib koevert..
Met die nuwe Hilux sal ek maar so n ou koevertjie met sweeties in die gloveboksie moet aanhou want die Luxie is bitter vinnig en jy voel en hoor dit gladnie.., en dis daai spoed waar jy vir Pappa, Skollie en Priester gaan ontmoet...
Met die ou trokkie was dit nie nodig om die speedo dop te hou nie, sy lyftaal het jou vertel as hy nou sy beste gee, windgeraas, enjin wat begin uitklim uit die bonnet uit en hy wou vlakvark-vlakvark speel..
Die vorige een was seker…
Die vorige een was seker daai Volksie met die grasnyer enjintjie in??
Verbaas my nogal dat die Toy so kan hardloop, ek het glad nie bessef hulle kom nou met Ford enjins uit nie??
Oom Vleisballetjie, ek spot maar, jy ken my mos al lank, baie geluk met die nuwe Toy en mag jy duisende kilo's se plesier uit haar kry!
Arie!!
Jy spot so met die Ford, sal n man my toe mos nou vertel by Weesgerus dat die eenigste rede waarom ek die Toy gevat het is oorlat al die Fords uitverkoop is....hehehehe!!!!
Lekker gelag vir die Oom en n paar birre saam met hom gedrink.
Dankie vir die goeie wense Arie en stuur groete vir Tannie Petra.![]()
Uiteindelik daai vervlakste…
Uiteindelik daai vervlakste boete betaal na ek seker 40 lit petrol uitgery het en my dinges goed gestrip het.
Op die website kry ek glad nie betaal nie, ry polisie stasie toe, nee ek moet poskantoor toe gaan en daar betaal. Ry poskantoor toe, nee ek moet 'n poswissel koop dan pos hulle dit per gerigestreede pos, sal my net R100 kos. Ry mislikepaliteit toe, hulle beduie my na 'n ander gebou. Kom daar, groot bo die ingang se dit "Metro Gesondsheidsdienste" ???? Gaan maar daar in en daar is 'n groot kennisgewing "Verkeersboetes" [geen blooming idee wat dit onder die son met gesondheid te doen het nie???? Onder die kennisgewing is daar 'n kleiner nota, "Jammer, geen drukker ink, kan nie boetes verwerk nie"
Ek verloor toe maar my "cool" en storm in die gang af, by die eerste oop kantoor help 'n swart dame my toe, blykbaar is dit 'n provinsionale boete en ek moet by hulle gaan betaal!! Ry maar soontoe ------- julle sal nie glo nie, almal is in 'n vergadering en die gebou is gesluit!!
Ry toe maar na 'n Steakhouse, kry 'n groot fillet en twee biere, ry weer terug, vergadering is klaar en ek kon uiteindelik my boete betaal!!
Steakhouse
Arie, plaas jy sommer maar vir die manne/vroue so ou klein stukkie steakie saamgevat het, in servet toegedraai!!!, mens moet mos maar mededeelsaam wees!!!!, ek ken jou mos NIE as 'n suinige man nie!!! he-he-he.
Ja-nee, ons is MIDDE in DONKER AFRIKA!!!!!
Nee wat die Toy manne hoef…
Nee wat die Toy manne hoef nie sleg te voel nie, die nuwe Fords gaan blykbaar met Toy enjins uitkom?
Blykbaar om die reenveers aan te dryf.





Betaling van boete
Arie, hoe betaal jy toe die boete? Op Arto se webwerf? Dankie vir die inligting, sal dit onthou vir die toekoms.