Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Double cheese burger November 2026 Geert -2 hours ago
30% November 2026 Geert -9 hours ago
see water November 2026 Geert -9 hours ago
KI November 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Kat aan die knaters beet. November 2026 neef Herman -17 hours ago
Groot teenstrydigheid November 2026 Wessel Strydom -17 hours ago

Februarie 2021 - Koffiekroeg Praatjies

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Kan amper nie glo dat die eerste maand van die jaar verby is nie.

Lekker dag en week vir elkeen

Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Fri, 05/02/2021 - 08:21

Ja so vroeg vroeg vanoggend, om en by 04:30 is ek uit die huis uit om te gaan sien hoeveel het dit gereen deur die nag, n wonderlike 50mm en die weer is nog steeds dik hier by ons, staan nou op 560mm vir die seisoen waar dit gewoonlik net so 200-300mm per jaar hier by ons reen.

Ons is dankbaar vir die reen, die relings en beplanning vir die Limpopo tot Weskus Road trip kom ook goed aan en April beter nou vinnig kom, kan nie meer wag nie. Oorspronklik net 2 weke en 4200km, nou is ek al op 24 dae en amper 6000km. Net ek, Die Hilux en die oop pad, gaan awesome wees.

 

Geseende dag vir almal

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 05/02/2021 - 08:46

Genugtig, julle maak my honger met daai ingelegte vrugte en blatjang, en pap, en eiers, (lg kom van Jors se storie af) ai tog, laat ek loop voor ek versuip in die water in my bek.

Josef, hier in Vaalpark, staan ons nou by die 750 vir die seisoen, ek meet van Julie tot Junie my seisoen / jaar se reen val om met die seisoene saam te stem. Klink my jy ook?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 06/02/2021 - 07:59

Nou ja, dan sê ek maar goeie môre mense, geniet die dag, hier gaan ons nog reen kry na gister se 14mm.

My jongste kleinseun is vandag 4, ons gaan dus daar by hom kuier vandag. Jongste 4, oudste kleinkind 25, hel ek raak nou oud.

Wonder of iemand die naweek kamp?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 06/02/2021 - 09:29

Hoor jou Oupa wink

Ek weet Hakaf hulle kamp by Klein Paradys buite Brits.

Hier ook lekker gereën.  Môre kom my kinders en kleinkinders pot eet by Oupa.

Geniet jou Saterdag.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 07/02/2021 - 05:56

Goeie môre almal. 

Willem julle moet die pot geniet..

Hier  het dit deur die nag lekker gereën.

'n Rustige Sondag word vir elkeen toegewens. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 07/02/2021 - 06:10

Goeie môre almal, geniet die dag, wees rustig. 

Dit was maar stil hier op di forum die naweek, klink my Theo was nie die enigste wat gekamp het nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 07/02/2021 - 08:53

Môre Josef

Baie bly om te hoor van jou goeie reen. Verduidelik net wat jy as seisoen beskou, teenoor "per jaar".

Ek teken my reen per maand aan. Nou 50mm vir Februarie, en ongeveer 130mm vir Januarie.

Groete

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 07/02/2021 - 09:09

More Wessel, party ouens meet van 1 Jan tot 31 Desember, ek werk dit weer begin winter (wanneer ons reen seisoen verby is) tot herfs, wanneer ons reen seisoen stop.

Dit gee my 'n prentjie van jare, oor seisoene.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 07/02/2021 - 09:25

Moet nog gister en laasnag sin gaan uit gooi.  Ek teken my reën val elke dag aan en maak dan 'n maandelikse totaal as ook 'n kalender jaar totaal, miskien moet ek net nog 'n kolom gebruik wat van 1 Julie tot 30 Junie strek.

Stoffel ek glo die pot gaan vir almal lekker wees.

Julle moet dié Sondag voluit geniet.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 08/02/2021 - 13:09

Die Laptop is darm weer aan die gang maar het baie om te recover wat weg is, soos als op my Google Bar waar ek oor die jare baie web tuistes gestoor het. sad

Julle moet die res van die dag geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus