Goeie more almal.
Kan amper nie glo dat die eerste maand van die jaar verby is nie.
Lekker dag en week vir elkeen
Genugtig, julle maak my…
Genugtig, julle maak my honger met daai ingelegte vrugte en blatjang, en pap, en eiers, (lg kom van Jors se storie af) ai tog, laat ek loop voor ek versuip in die water in my bek.
Josef, hier in Vaalpark, staan ons nou by die 750 vir die seisoen, ek meet van Julie tot Junie my seisoen / jaar se reen val om met die seisoene saam te stem. Klink my jy ook?
Nou ja, dan sê ek maar goeie…
Nou ja, dan sê ek maar goeie môre mense, geniet die dag, hier gaan ons nog reen kry na gister se 14mm.
My jongste kleinseun is vandag 4, ons gaan dus daar by hom kuier vandag. Jongste 4, oudste kleinkind 25, hel ek raak nou oud.
Wonder of iemand die naweek kamp?
Môre sê Kampforum
Hoor jou Oupa ![]()
Ek weet Hakaf hulle kamp by Klein Paradys buite Brits.
Hier ook lekker gereën. Môre kom my kinders en kleinkinders pot eet by Oupa.
Geniet jou Saterdag.
Goeie môre almal. Willem…
Goeie môre almal.
Willem julle moet die pot geniet..
Hier het dit deur die nag lekker gereën.
'n Rustige Sondag word vir elkeen toegewens.
Goeie môre almal, geniet die…
Goeie môre almal, geniet die dag, wees rustig.
Dit was maar stil hier op di forum die naweek, klink my Theo was nie die enigste wat gekamp het nie.
Goeie môre almal, lekker dag…
Goeie môre almal, lekker dag vir julle.
Reen per seisoen
Môre Josef
Baie bly om te hoor van jou goeie reen. Verduidelik net wat jy as seisoen beskou, teenoor "per jaar".
Ek teken my reen per maand aan. Nou 50mm vir Februarie, en ongeveer 130mm vir Januarie.
Groete
More Wessel, party ouens…
More Wessel, party ouens meet van 1 Jan tot 31 Desember, ek werk dit weer begin winter (wanneer ons reen seisoen verby is) tot herfs, wanneer ons reen seisoen stop.
Dit gee my 'n prentjie van jare, oor seisoene.
Môre sê Kampforum
Moet nog gister en laasnag sin gaan uit gooi. Ek teken my reën val elke dag aan en maak dan 'n maandelikse totaal as ook 'n kalender jaar totaal, miskien moet ek net nog 'n kolom gebruik wat van 1 Julie tot 30 Junie strek.
Stoffel ek glo die pot gaan vir almal lekker wees.
Julle moet dié Sondag voluit geniet.
Goeienaand Was die naweek…
Goeienaand ![]()
Was die naweek bietjie op ons plaas naby Swartwater. Maggies maar die wêreld is nat! Die Mahindra het lekker geswem.
Goeie more almal.anton, ja…
Goeie more almal.
Anton, ja, dit het oral gereen behalwe die Noord Haap.
Geniet die dag en 'n lekker week
The fight continues It's epic... Worse than Braveheart
Back to that 'orrid blooming designer coffee....![]()
Only "koffee-klonte" inne Rickoffee blik.....![]()
Ek gannie hulle verklien, te veel mooite so vroeg inni more.... Brein moet eers wakker...
Skuus..... Wat'se brein.....
Goeie môre almal,, lekker…
Goeie môre almal,, lekker dag en nuwe week vol nuwe dinge vir julle.
Môre sê Kampforum
Die Laptop is darm weer aan die gang maar het baie om te recover wat weg is, soos als op my Google Bar waar ek oor die jare baie web tuistes gestoor het. ![]()
Julle moet die res van die dag geniet.
Goeie naand allie mense…
Goeie naand allie mense. Goeie nuus Geert☝️👌
Goeie nuus Geert. Ek sien…
Goeie nuus Geert.
Ek sien omtrent al die binnelandse damme is vol, tot oorloop![]()
Goeie more mede Forumiete. …
Goeie more mede Forumiete.
Dit is goed dat amper al die damme vol is. Mag die Noord Kaap ook reen kry.
Geniet die dinsdag.





Goeie more Mede Kampeerders
Ja so vroeg vroeg vanoggend, om en by 04:30 is ek uit die huis uit om te gaan sien hoeveel het dit gereen deur die nag, n wonderlike 50mm en die weer is nog steeds dik hier by ons, staan nou op 560mm vir die seisoen waar dit gewoonlik net so 200-300mm per jaar hier by ons reen.
Ons is dankbaar vir die reen, die relings en beplanning vir die Limpopo tot Weskus Road trip kom ook goed aan en April beter nou vinnig kom, kan nie meer wag nie. Oorspronklik net 2 weke en 4200km, nou is ek al op 24 dae en amper 6000km. Net ek, Die Hilux en die oop pad, gaan awesome wees.
Geseende dag vir almal