Met ons aankoms by Eastco Magalies was dit rus en vrede tot ń gister.
Mak bokke het tussen ons beweeg, selfs by die karavaan se sytent ingekom asook die eende en makoue.
My vrou en ek is baie lief vir diere en sal nooit leed aan enige doen nie. Ek is nie eers kwaad vir die spinnekop wat my gebyt het nie, wat ń dag van my vakansie gekelder het, maar dit is die natuur.
Gister oggend trek hier 2 families in, werklik geraasgatte en daarby ń klein "Brat" saam.
Die bokke word gejaag en met briquttes gegooi, die makoue en eende word verjaag en so nou en dan geskop.
Nou het ek oorgegaan na oorlog en my dissipline toegepas wat skort by die ouers.
Alle wild is nou heeltemal sku en verwilder.
Werklik so onnodig.
Diere by jou kampterrein
Dit is vir my altyd tog te lekker as daar mak diere in die kampterrein rondbeweeg. Hoekom sal mens hulle nou verjaag en selfs skop? Kyk, apies is maar 'n groot lastigheid. Ons kry hulle gereeld hier by Willows. Gister was hier ook so 'n jong seun en sy pa wat hulle met ketties en klippies geskiet het. Hul verwilder hulle nie net van hul tent af nie, hulle volg hulle en gaan soek hulle behoorlik waar hul verder bo in die bome sit. Jy kan dalk so 'n apie se oog uitskiet. Wie wil dit nou op sy gewete hê? Hier is ook katte wat snags in jou tent inkom, maar hulle soek net kos en rig geen skade aan nie. Dan het ons ook pragtige poue wat hier rondloop (pronk met hul sterte oop) en baie eekhorinkies wat rondhardloop.
Ja, sit daar outjie op sy plek, DK.
Gooi hom terug met briquettes
Nee, watse oor my skoot trek.
Ek begin terug gooi met briquettes sodat hy dieselfde seer kry as die wild.
My moermeter het vandag nou genoeg gehad en sommer 5 km gaan draf
Dennis maar kry vir jou 'n…
Dennis maar kry vir jou 'n skepnet en sit daai klein donnertjie daarin laat hy stil word??
Adriaantjie het by Buffelspoort die mak duiwe gevang en gevoer, ons moes loop kos koop.
geen probleem
Ek sien niks fout as iemand of kinders mak diere vashou of voer nie, maar om die arme goedjies te verjaag, laat my moermeter styg.
Baie gelukkig het ons makou, eende en bokke vanmiddag weer kom aan klop by ons karavaan.
Dennis, ek stem, Adriaantjie…
Dennis, ek stem, Adriaantjie weet, as hy my wil rooi warm maak, moet hy diere "pla"
Freda, dankie vir die kompliment, Adriaantjie is my lewe. Jy weet hoeveel kleinkinders ek al het, en toe klein Armand nog "op pad was" was my vrees dat ek onderskeid sal tref, maar kleinman het al klaar sy plek.
Is soos jy sê…
Is soos jy sê.
Kinders se altyd vi my hulle is bang hulle gaan nie so lief wees vi die volgende een nie..
Ek antwoord altyd. Liefde vi kinders is nie soos n glas water nie. Jy gooi nie van die een glas water uit vi die ander een nie. Jy begin elkeen met n nuwe glas vol.
Spreekwoord sê. Liefde is die enigste ding wat nie verdeel kan word nie. Dit vermeerder net.






Hehehehehe. Trek hom oor…
Hehehehehe. Trek hom oor jou skoot DK!