Freda, sterkte vir jou volgene week met die kinders wat NZ toe vlieg, al lê dit soos 'n berg voor jou, hou moed, ek weet dit troos nie werklik nie, maar my kinders is al tien jaar in Australia.
Die tyd leer jou om met die seer saam te leef, en steeds te glimlag met 'n traan, al breek jou hart.
Maak soos ek en my vrou, ons gaan sit eenkant waar geen mens jou nie sien nie, en huil jou hart uit, glo my, dit help.
Ja, ek erken openlik, ek kan lekker deur my oè pp.?
Sterkte weereens
Freda, sterkte wereens, ons kindeers nie so vêr, maar tog!!! Soos wat dit deesdae in ons land is, dalk vir hulle en hulle kinders die beter uitweg.
Ek moet nou ook erken, met die hedendaagse tegnologie, vernaamlik iets soos whatsapp video call, is dit makliker, werklik. Dit gebruik NIE baie data, (soos skype) maar ek dink amper dit werk net met WiFi, wat ook NIE onoorkombaar is nie. Sal bietjie mooi ;loer na ons goed en laat weet.
Mens SAL die krag kry om dit te oorkom!!!, kyk net na BO!!!!!
Sterkte Freda. In my geval…
Sterkte Freda. In my geval het my ouers 25 jr gelede Europa toe geskuif en kinders het agter gebly in SA.
Dankie tog vir Whatsapp en Skype.
Die tyd sal jou laat sien…
Die tyd sal jou laat sien hoe verander jou kinders se persoonlikhede in 'n goeie sin.
Dit is vir ons elke keer as my kinders hier kuier, nodig om hulle te vermaan om weer versigtig te wees. Ons sien die verskil in stress (hulle is so ontspanne) tussen hulle, en ons kinders hier.
Sterkte vir jou en ook aan jou kinders.
Daar is klomp ouers, wie se kinders oorsee is, en nou ook Voorie wie se ouers weer, oorsee is.
Dalk moet ons 'n kamp klub begin, "Kampeerders sonder ons geliefdes" ??
Dankie Frans & Voortrekker
Ja, daar is baie mense wat met die situasie moet saamleef. Sommige het kleinkinders wat hul nog net op foto's gesien het. Ons sal beslis gebruik maak van die moderne tegnologie om dit so maklik moontlik te maak. Die wattsup en skype is reeds in werking.
My seun vertrek Donderdag eers alleen vir 3 maande en kom dan op 29 Julie terug om sy familie oor te neem op 4 Augustus.
Sterkte aan almal wat kinders en/of ouers het wat daar vêr woon. ![]()
Jip. Is soos julle sê, dis…
Jip. Is soos julle sê, dis nie maklik nie. My dogter wat in Kanada woon wil ook he ons moet soontoe, maar ek sê haar wat van die kinders wat hier agter bly. Hulle kan nie, al wil hulle graag.
Ons is ou bome met wortels , diep ge-aard in hierdie land van ons. Plant nie maklik uit nie. Sommige mense kan, maar ek is van die wat nie kan nie. Ons bly, kamp maar voort en trek die gordyne van trane agter ons toe.
Dankie alma
Dit gaan goed met my kind sover. Hy begin Maandag werk as bestuurder van een van The Warehouse se takke. The Warehouse is 'n kettinggroep in NZ. Iets soos Makro, maar net baie groter. Hy is verseker van goeie bevordering in die groep. Die kind is nog altyd mal oor voertuie en ek is nie verbaas dat hy reeds vir homself en sy vrou elkeen 'n kar gaan koop het nie.
Hy het ook geregistreer vir inkomstebelasting daar en gaan aansoek doen vir 'n wapenlisensie (hy jag graag). Hy moes sy jaggewere almal agterlaat in SA en het reeds die eerste een gesien wat hy daar wil koop.![]()
Hy sê Auckland is 'n ongelooflike stad. Die mense is uiters vriendelik en behulpsaam en die hele atmosfeer is ontspanne en gelukkig. Hy bel my en maak kontak met watts up en praat op Facebook. Op die oomblik voel dit nie of hy so vêr van my af is nie. Hy verlang natuurlik na sy vrou en kinders en kan nie wag om 'n huis vir hulle te kry sodat hulle kan kom nie.





Dankie Johan
Ons is nou terug by die karavaan nadat ons vanaand hul afskeidgeselligheid bygewoon het, vir familie en vriende. Dit was nie maklik nie. Die kleinkinders het vir ons gesing en verskeie mense het iets gesê. Dit het natuurlik die emosies hoog laat loop. Maar my seun het vanaand die verhaal vertel van hoe dit gekom het dat hul die besluit geneem het en hoe alles daarna net eenvoudig reg uitgewerk het vir hulle met al die nodige red tape en reëlings wat getref moes word. Ek kan nie anders as om te glo dat dit die Here se wil is nie.
Soos jy sê, gaan huil maar eenkant. Toe ek en Colin in die bakkie klim om huistoe te ry, toe tjank ek behoorlik. So sal ek dit seker nog baie doen in die toekoms. Maar ek glo daar wag 'n beter toekoms op hulle daar anderkant. Solank ek weet dat dit met hulle goed gaan, sal dit seker ook makliker wees.
Dankie, Johann, ek waardeer jou omgee en die boodskap het juis nou vir my baie beteken.