TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84744 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -53 minutes ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -1 hour ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -8 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -8 hours ago
Dit was 'n baie lekker kuier… Len & Annatjie se Kruger… Koos Mol -9 hours ago
Dis darem lekker as man met… Die Boucher's en die… Koos Mol -9 hours ago
Hi Chris, die besoek is… Die Boucher's en die… Lapskag -10 hours ago

Mei 2021 - Koffiekroeg Praatjies

Centurion
Submitted byDusty onSat, 01/05/2021 - 04:56
Forums

Goeie môre Mede Kampeerders

Ek kan vanoggend voel daar is byt in die lug. Die winter kruip nou vinnig nader na die reën.

Lekker dag vir elkeen

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 01/05/2021 - 07:07

More Stoffel en ander vriende, geniet die laaste van die jaar se herfs maand, dit 8s ook die begin van groot toere Kruger / noorde toe. 

Net sommige mense is sommer al reeds daar in die wild tuin, vervlaks.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sat, 01/05/2021 - 08:18

Goeie more Mede kampeerders,

Kan nie glo dit is al die 5 de maand nie, was net nou die dag Kersfees, wel mag Mei maand vir almal net asemrowend wees, die wat moet werk, by die huis is of op vakansie is, geniet hom en gooi baie hout op die vuur.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 01/05/2021 - 09:40

Ja dit raak nou koel hier in Pretoria.

Sie nou die reën vir April 2020 was 157mm en net 58mm vie April 2021.

Vir die op toer veilig ry en geniet dit.

Geniet julle Saterdag voluit.

Secunda

Sleep nou

Sat, 01/05/2021 - 10:32

Lekke dag vir almal ja more begin my en Berdien se KZN en laeveld kuier en gatskuur vrede

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 04/05/2021 - 06:51

Môre sê mense, geniet die dag asof dit jou laaste is, in vrede en vreugde.

Die wat kamp enjoy, die wat werk geniet en die wat niks doen, geniet dit ook, ons het lank daarvoor gewerk.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 04/05/2021 - 07:45

die wat niks doen, geniet dit ook, ons het lank daarvoor gewerk

Stem saam want dis lekker.

Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 05/05/2021 - 08:48

Dit klink nou lekker Neels, julle moet dit geniet, waar staan julle ?

Almal moet die dag voluit geniet en wees feilig op die pad.

Centurion

Dusty

Thu, 06/05/2021 - 03:58

Goeie môre almal.

Arie, jy moet gou gesond word. Dit is nie lekker om longontsteking onder lede te kry nie.

Die weke begin nou nog vinniger verby gaan.

Lekker dag vir elkeen

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 06/05/2021 - 06:55

Môre almal, lekker dag vir julle.

Arie, word gou gesond.

Ek sit en lees van almal wat in die wildtuin is en op pad is, of baie binne kort gaan, ek wens julle 'n heerlike gras groen prag wêreld toe, al is dit so dat wild besigtiging dan beperk is bly dit net 'n lekker plek plek om te wees.

Blaas maar die wiele van die lawaai waters se bande af, dalk sal hulle te besig wees om te suip.