Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -2 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -3 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -4 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 03/07/2025 - 13:47

Praat van duur herstelwerk. Dogter se Merc B200 turbo se tydketting het gegly, of so iets. Die kwotasie vir regmaak is dig by R60 000.00. 

Gelukkig kan ek dit nie doen nie, jy strip letterlik die voorkant van die voertuig af, maak die voorste raamwerk met suspensie los. Voertuig word opgelig bo- oor die spul. Eers dan is dit toeganganklik om die werk te doen.

Die beste is om soos Wessel kontant te koop. Fyn bragg daai man nou. devil 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 03/07/2025 - 14:04

Ek sien in vandag se Citizen- motoring seksie, die nuww Chinese trok wat die land binneval.

Lengte is allemintige 5500mm, sonder trekstang en aanporstaaf. Duidelik is die Chinese nie goed ingelig oor normale huise, se garage binnemate nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 07/07/2025 - 08:04

maar die voertuie het soveel foefies en tierlantyntjies ingebou wat alles met sensors en rekenaars en Body Control Units werk en as iets daar fout loop sit jy met jou hande in jou hare. 

video
0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 07/07/2025 - 11:20

Die Duster sluit vanself sodra jy begin ry. Jy kan egter dit ook sluit met ñ skakelaar op die console. Daar is nie knoppies waarmee die deure oopgesluit kan word aan die binnekant nie. Nou wonder ek as die battery se pool losgaan soos by Geert en Len, sluit die slotte vanself oop, of sit jy vasgekeer soos die man wat in sy Ford doodgebrand het. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 07/07/2025 - 12:20

Hennie, daar is bespreek hoe om in die kar te kom met ń dooie battery. Ek wil die prosedure hoor wat jy moet doen as jy binne die kar sit en die battery se pool val af. Die deure sluit vanself toe sodra jy beweeg, en bly gesluit totdat jy die deur oopmaak. Die oopmaak het ń elektriese skakelaar ingebou, of so klink dit, wat die deur slotte oopsluit. 

Ek dink aan die Kuga man wat se deure nie kon oopmaak na ongeluk nie. Battery het seker kortsluiting op gehad. 

Ek sal due agentskap bel.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/07/2025 - 13:54

...jou vraag geld vir baie fabrikate. Grompie sluit ook vanself op 25km/hr. Dit bly gesluit tot ek 'n knoppie  druk, of 'n deur se binneknip trek.

Nog nooit daaraan gedink wat as die battery dood is nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 07/07/2025 - 14:05

..nounet met Toyota gepraat, en hulle het gou getoets. Die deurknip op my bakkie werk meganies. As jy die knip trek gaan die deur oop, selfs met battery ontkoppel.

Gaan toets Stoffer ook so. Jy sit binne, sluit die deur elektries en handlanger ontkoppel battery. Kyk wat gebeur as jy deurknip trek.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/07/2025 - 12:23

Ek het vanoggend die lys van Santam gekry. Dit is baie insiggewend, en hulle opspoorstelsels -vereistes geld vir die volgende provinsies;

Natal. Gauteng, NoordWes, Maphumalanga, vir die laaste 2 slegs in sekere dorpe. Brits is ongelukkig een daarvan. In die ongenoemde provinsies word geen opspoorstelsels vereis nie.

Die volgende voertuie word pertinent genoem;

Toyota: alle Hiluxe, Lexusses, Fortuners, Prados en LC 200 en LC300, sowel as die Etios. Die voertuie moet 2 stelsels in hê.

die Lexus, Prado en LC200, LC300 moet in al die provinsies 2 stelsels inhê.

Hyundai trokkies, 2 stelsels

Isuzu: 2 stelsels in omtrent al die modelle

Kia trokkies

Nissan NP200 steeds 2 stelsels

Wat opvallend is dat die volgende fabrikate/vervaardigers nie op lys is nie. Dus, geen opspoorstelsels nie.

Ford Rangers

Triton

Mahindra

Navara

VW Amaroks

Santam behou die reg voor om ter enige tyd die lys aan te vul, mens moet dus maar voordat mens koop, eers bevestig wat geld dan.

Ek vertolk die info dat ongenoemde voertuie in genoemde provinsies/dorpe nie hoë diefstal risiko is nie.

Diefstal in ongenoemde provinsies is blykbaar laag vir alle voertuie.

HERMAN: Jou Land Cruiser word nie in lys genoem nie, en bowendien word WesKaap as veilig beskou, met geen vereistes nie. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/07/2025 - 13:33

...ek sal maar kyk hoe lyk eiendomspryse wanneer ons volgende maand deur die WesKaap toer. 

Ongelukkig is my kinders nie meer woonagtig in Hermanus nie, en is Brits net 500km van Kruger af.laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 10/07/2025 - 14:12

... jy sal hom (Wessel) nooit sover kry om Wes-Kaap toe te verhuis nie. Ek dink sy gatkant is vasgegom aan Brits.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 10/07/2025 - 15:37

Bly om te sien die Cruiser 76 is nie op die menu nie. Veral die nuwe face lift is vir my ondraaglik lelik. Santam het aangedring op ń opsporings stelsel en dit is nou nog so op die polis dokument. Dalk navraag doen en dit Tracker kanselleer. Spaar paar pennies.

Wat Von pla is dat waar ons Diesel in gooi die pompmekenieks altyd kwyraak " I like your car" Daar bo in due Noorde waar Chris nou is, het die klomp regtig begeerlik staan en kyk. Nie dat hulle die klomp is wat die sneller trek nie, voel net effe ongemaklik.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 10/07/2025 - 17:22

...van Marie is nou 22 jaar oud, met 144000km op. elke keer as ek petrol ingooi, kom lê die manne so effe teen die kar en vra---"djy wil hom nie verkoep nie".

Dan kry ek ook so 'n rilling na die sluitspier toe.

Herman: ek kan die lys vir jou epos, maar dan moet jy epos adres vir my watse aap stuur

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 11/07/2025 - 07:26

... jy sal hom (Wessel) nooit sover kry om Wes-Kaap toe te verhuis nie. Ek dink sy gatkant is vasgegom aan Brits.

En Marie, die "yard voorman" sal ook nie maklik trek nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 11/07/2025 - 09:10

....ongelukkig het makelaar  super glue aan my gatkant gesmeercrying Marie het hopeloos te veel damwater van kleintyd af ingekry. laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 15/07/2025 - 14:33

Gister ry ek agter ‘n nuwe Prado VX-R tussen Swellendam en Ashton. Die Ranger was vol gelaai met ons vier en meer negosie as vir ‘n Krugerwildtuin toer. Drie fietse was agter op die fietsrak ook. Teen een van die steil bulte ry ek 120, want ek wil in Worcester kom om die Kavango te gaan haak oppad huis toe. Die Prado was vir lank en gesonde ent voor my, maar teen die bult begin ek dit inhaal en moes op die ou end stadiger ry omdat daar nie ‘n baan was om dit verby te steek nie. Oor die bult teen die afdraende gee dit vet onder my uit want ek hou by die spoedbeperking. Die voorval het my weer laat wonder oor die geskiktheid van die 2,8 enjin vir die swaarder voertuie soos die Prado en LC79. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus