Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -5 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -6 hours ago

Alternatiewe sleepvoertuie

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums

Môre vriende

Almal van ons het ons voorkeur voertuig, al is dit soms net in ons drome. Daar word baie gepraat oor fabrikate soos Ford, Toyota, Mahindra, Nissan ensovoorts, maar wie het ervaring van ander fabrikate? Wie sleep byvoorbeeld met 'n Kia, Fiat, Mitshibushi, Amarok of Hyundai produkte en wat is julle mening daarvan. Daar is sekerlik nog vele ander opsies ook.   

Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Wed, 20/08/2025 - 17:47

Hello Neef Herman.

Hoe vind jy die Renault Duster ?

Het jy Dci of Petrol?

Ek kyk na Duster of Ford EcoSport.

My X-Trail het ń M9R, 2,0lt Dci Renault engine en ry lekker en is ekonomies met brandstof (Diesel), maar parte en herstelkoste is heng duur en is moeilik bekombaar as jy buite die stad lewe.

My seun ry die Ford EcoSport - Ecoboost (Petrol) en vir ń 1000cc engine het hy lekker "Woema".

Ek moet byvoeg dat my X-Trail se brandstof verbruik op diesel is baie beter as die Ford se petrol verbruik

Ek is nie opsoek na ń VW Polo, Golf ens.. nie, want hier in PTA en GP is dit "Gryp en Vat" en jy sukkel met versekering.

VW Caddy sal ek so 70% oorweeg.

Wat sal jy voorstel ?.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 20/08/2025 - 18:22

Dennis. Aanvanklik wou ek of ń Toyota RAV of ń Honda CRV kry vir die rede dat ń 10 jaar oue model met 150 000km op die klok sou kon doen waarvoor ek dit wil gebruik. Die brandstof verbruik was nie so erg belangrik nie omrede dit dalk 5000km per jaar sal doen, en hopelik nog 10 jaar kan hou. Betroubaarheid was oorwegend die besluit op Toyota en Honda as 1ste keuse.

Ongelukkig was daar nie iets beskikbaar nie, of ouer, of bietjie deurgetrek. Nie gereeld ge-diens nie.

Toe vang die een eienaar met 80 000km , nog onder waarborg, by Renault handelaar,Duster 4x4, in puik kondisie, met leersitplekke en paar ander ekstras my oog. Gaan doen huiswerk, en dit blyk nie te slegte reputasie te hê nie. 

Die 1500 Dci ejin is regtig verbasend lewendig. Hierdie model, het 80kw, 20 meer as die 2x4, verstaan ek. Brandstof verbruik is baie goed, sommiges kry 20km/l of praat van 1000km op die 50l tenk. Nogals klomp foefies in proximity waarskuwing, etc, etc. Ry regtig lekker, en stewig op die pad.

Persoonlik dink ek die hoë verrigting klein enjins gaan bokant 200 000km dalk moet ashoop toe, so sal versigtig wees om 2de hands met baie kilos aan te skaf. 

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Wed, 20/08/2025 - 18:38

My jonger broer het ń GWM Steeds 6 gehad met 2.0 VGT en volgemaak in Alberton en deur gery met ń tenk tot in Graaff-Reinet.

Weereens, te groot vir my en my vrou.

Ek sal maar nog "Rond - Shop".

Baie dankie vir terugvoer yes.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/08/2025 - 09:43

Wat sê julle van sy mening? Van so 7 min af begin hy praat oor belastings in Australië en is dit nie nodig om verder te kyk nie. 
 

Ek stem saam met hom, en het besluit om die Prado te hou. Ek betaal eerder ekstra aan brandstof daarvoor as wat ek meer as die ekstra brandstof betaal elke maand aan die paaiement vir ‘n nuwe ryding vol tierlantyntjies. 

video
0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 21/08/2025 - 15:23

Is 'n ouer voertuig beter as 'n nuwe? Hoe lank is 'n stuk tou? Realiteit is dat nuut altyd "beter" is, dit kom gewoonlik met 'n lang waarborg en behoorlike diensplan en het die nuutste magaftirs in. Bly ook 'n feit dat hoe ouer die voertuig hoe groter die kans dat iets duur gaan breek en dan ook die beskikbaarheid van onderdele.....Ek moet darem vir Oom Neef met sy Stowwer, daarop wys dat Franse voertuie met 'n spesiale klomp nukke kom. Ek onthou toe ons in die 1990's vir 3 jaar in Ingeland gewoon het was daar 'n storie rondom die Europese Unie, iets soos "Hoe verseker mens 'n motor is 'n goed? Wel, mens kry 'n Ingelsman om die ontwerp te doen want hulle is nogal innoverend in hulle denke, maar hulle verstaan absoluut niks van produksie prosesse nie. Vir goeie kwaliteit produksie kry mens dan 'n Duitser, hulle is vrek goed daarmee. Dan kry jy 'n Hollander om die spul te bestuur want hulle staan bekend as van die beste bestuurders. Maar wat jy ook al doen, hou die Franse en Italianers so ver moontlik weg"!laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/08/2025 - 16:19

Realiteit is dat nuut altyd "beter" is, dit kom gewoonlik met 'n lang waarborg en behoorlike diensplan en het die nuutste magaftirs in. Bly ook 'n feit dat hoe ouer die voertuig hoe groter die kans dat iets duur gaan breek en dan ook die beskikbaarheid van onderdele

‘n Nat nuwe ryding het moontlik minder kans om te breek (tensy dit ‘n Ford is wat herroep moet word), maar al daardie nuutste tierlantyntjies gee my alles behalwe gemoedsrus. Soos ek voorheen gesê het - hoe meer foefies hoe meer poefies.

Ongelukkig het vervaardigers (heel moontlik weens kopers se nukke en grille) voertuie al hoe luukser gemaak en hulle hou nie op om nog nuwe foefies by te voeg nie. Vergelyk nou maar enige bakkie van 15 jaar gelede met die dubbelkajuite wat tans verkoop word. En al die sensors wat al die foefies met inligting voer, en al die elektroniese skakelaars wat deur ‘n rekenaar beheer word voeg net nog komponente by wat kan breek of wanfunksioneer om jou gestrand te laat of ‘n klomp geld te kos om te herstel.

As jy kan bekostig om nuut te koop en elke vier jaar in te ruil voor 100000km is dit seker redelik veilig om heeltyd die nuutste ryding te hê. As jy egter soos ek ‘n ryding so lank as moontlik moet hou en ten minste 250000km daarmee moet aflê, doen ek dit eerder met ‘n ouer voertuig as ‘n nuwer een. Selfs my 2013 Ranger het aspekte soos ‘n body management unit wat se kop deurmekaar kan raak as jy ‘n gloeilamp vervang wat my nie aanstaan nie. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 21/08/2025 - 18:09

My vrou wil vir haar 'n nuwe voertuig aanskaf.   Sy wil weet watter een. My advies.  Kry die een met die langste diensplan en waarborg.   Chery?

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 21/08/2025 - 18:45

Man het ek nou jou video geniet Wildehont. Die man het heeltyd na die ou 76 agter hom beduie. Én jy hou nie van hulle nie.devil  

Die wat jy nog seker ń paar rygoed on jou lewe gaan nodig kry, is ń werklikheid. So op ń stadium gaan die "ou tegnologie" rygoed nie meer bestaan nie, en om dan ń ou nuwe tegnologie ou ryding aan te skaf....

Self hoop ek werklik dat in die volgende 10 jaar, sou die lyf dit maak, daar ń vrot van die tegnologie elektriese voertuig op die werf staan. Met auto pilot. Ek is mal oor Kaapstad, eintlik enige mooi stad, maar die verkeer is angswekkend vir ń Karoo Omie.

In die ryding wil ek agter sit en net rondkyk. smiley

Terloops Grootwind. Jy het vergeet van Renault Gordini, Citroen Pallas en daai jare se Peugeot's. Weet jy hoe graag wil ek ń Citroen 2CV besit. Meer as ń Ford Raptor Ranger met ń chrome exhaust. devil.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/08/2025 - 21:09

Én jy hou nie van hulle nie.

Ek het net ‘n grap gemaak oor hoekom hulle die 79 in ‘n dubbelkajuit maak. Ek het baie met hulle gery toe ek in toerisme gewerk het - veral in Botswana. Dis hardebaard voertuie en juis van die ouer tegnologie wat nog werk sonder te enige foefies.
 

Hulle ry hard, maar enige voertuig met bladvere ry maar so. My eerste 4x4 was ‘n 2.2 Hilux wat nog voor ook bladvere gehad het. Die ding was dors en het jou gat deurgestamp, maar ek het my eerste besoek aan Namibië alleen deur die land getoer daarmee. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 22/08/2025 - 08:32

Neef, hoor jou rondom daai Franse tjorre. My oorlede suster het 'n Renault Dauphine gehad, die het twee glas blom potjies agter teen die kant gehad met plastiese blomme in! Self het ek vir 'n kort rukkie 'n 2CV6 in Engeland gehad, ongelukkig het die ding so geroes jy kon amper die roes hoor gate vreet. Kyk juis gister na 'n Car SOS episode op TV waar hulle iemand se 2CV herbou en opgradeer van 'n 2CV na 'n 2CV6, en nee, die 6 staan nie vir 6-silinders nie, dit staan vir 600cc enjin inhoud teenoor die standaard model (sonder die 6) se 480cc!. Die ouens in die program wonder toe hoe vinnig die Citroen kan versnel van 0-30mpu, het 'n hele 50 sekondes gevat, hulle kon nie 'n 0-60mpu toets doen nie, die Citroen kan nie so 'n duiselingwekkende snelheid haal nie! Moet erken van al die Franse is ek steeds gek oor die 2CV asook die oorsronklike Renault Gordini, daai wat so 'n blou Renault Racing kleur gehad het - die twee Fransmanne was op hulle tyd legendes in die motor wêreld gewees, vir verskillende redes natuurlik.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 22/08/2025 - 15:48

ń Citroën stasiewa het vir 26 jaar die rekord gehou vir die vinnigste tyd opgestel in die Moose test. Dit is eers onlangs deur ń Porche GT 4 spesiale paket model verbeter. 

Dit is nogals oulik om te sien hoe naby fancy karre, en Hiluxe kom aan omval in die maneuver.

Praat jy van Renault Gordini Grootwind. Ek was die metgesel van ń koshuismaat van my suster na hulle skool se matriekfunksie. Sy....het ń poeierblou Renault Gordini by pappa gekry om naweke self na Pta te kon ry. Hy was argitek. Sy het haar bes probeer om my te oortuig om Argitektuur te gaan studeer. Ai.

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Fri, 22/08/2025 - 16:55

My Exa, 1982 model, het 350 000km op die klok gehad toe ek hom verkoop het sonder ń enkele olie lek of rook.

Die nuwe eienaar ry hom nogsteeds.

My VW Polo Playa, 2000 model het 213 000km op die klok gehad en die eienaar ry hom nogsteeds.

Albei loop nog sterk yes.

Deesdae as jy 2de Hands koop: Bv: VW Golf, Polo, Nissan Sentra of enige ou Nissan asook Toyota, asook nuut, koop jy RDP PROBLEME.

Hulle los hulle "Vingertjies" nie weg nie.

My VW Golf Mk1 was ge - RDP by ons kamer venster met Alarm en G/Lock en al nadat hulle slaapgas deur die venster van ons kamer gespuit het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/08/2025 - 13:22

Ek sien net twee van die 17 variëteite (wat is ‘n beter Afrikaanse woord?) van die Nissan Navara dubbelkajuit het bladvere. Die ander 15 het kronkelvere. Ek wonder of daar nog bakkies is wat kronkelvere het. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/08/2025 - 13:56

My buurman in Mokala het n stokou Prado gery. Dit was nog die 3.4l petrol. Syne het nou 340 000km gedoen. Nog geen olie rokie nie. Dus Chris S, hou jou Prado nog n rukkie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 27/08/2025 - 15:15

Die opskrif is misleidend. My Prado ry nou daagliks want Salomien gebruik dit. Haar Fiesta probeer Pierre Nolte nog red sonder om die enjin oop te maak. Ek oorweeg dit sterk om die motortjie maar te verkoop wannneer dit weer op die pad is. Dan moet Salomien maar aanhou ry met die Prado. Van die drie rygoed op my naam vertrou ek dit die meeste. 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 28/08/2025 - 11:21

Dan moet Salomien maar aanhou ry met die Prado.

Sy gaan in elk geval weer moeilik iets anders wil ry. Dit is maar net die brandstof rekening wat redelik hoog is. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 29/08/2025 - 08:26

Met verwysing na die Navara bakkies wat kronkelvere agter het, hier is ‘n interessante gesprek daaroor op die 4x4 forum. Die mening word gelug dat die kronkelvere saam met ‘n steeds soliede as nie so gemaklik sal ry as wat ‘n SNV met onafhanklike vering sal ry nie. Dit maak sin, maar dit sal sekerlik nog sagter ry as bladvere. Wat interessant is, is dat die Navara met kronkelvere nie werklik minder kan laai as die paar Navara modelle wat nog bladvere het nie. 
 

Dan gee iemand ook die raad dat mens net twee sakke sement in die bak moet laai om gemakliker te ry. Ek moet sê; my Ranger ry baie lekker as die bak vol gestop is, die hele gesin saam ry en die Kavango gehaak is.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 29/08/2025 - 08:32

Sy gaan in elk geval weer moeilik iets anders wil ry. Dit is maar net die brandstof rekening wat redelik hoog is. 

Sy skimp al lank dat ek die Fiesta moet verkoop sodat sy met die Prado kan ry. Gelukkig ry sy nie vreeslik ver in ‘n maand nie.
 

Ek sal eintlik jammer wees om die Fiesta te verkoop, want dis ‘n lekker ekonomiese motortjie wat nogal rats is en dis die Titanium model met al die luukshede. Ek het egter ‘n gly gevang daarin, en as dit gebeur hou ek moeilik ‘n ryding. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 12/09/2025 - 08:40

Pierre Nolte het nou alles probeer, maar die kompressie op die Fiesta se een silinder bly te min. Die gevolgtrekking is dat die piston seergekry het toe die silinder te arm geloop het weens ‘n verstopte inspuiter (eie vertalings). Die agent vra R80000 om nuwe pistons in te sit en die verwante werk te doen. Pierre het nie die toerusting om dit self te doen nie, maar het ‘n kontak wat onlangs dieselfde soort enjin vir R30000 gedoen het. Dit sluit darem vervanging van die simpel nat tyd belt in. Hy sê egter dat stukkies van die piston gewoonlik in die turbo beland, wat dan later breek. ‘n Nuwe turbo kos nog R7000. 
 

As ek die Fiesta nou gesmous kry gaan ek seker nie meer as R50000 daarvoor kry nie. Ek sal dus die meer as R40000 (Pierre moet ook betaal word) moet leen om dit te laat herstel. Asof dit nie erg genoeg is nie, kom ek so ruk gelede agter die Ranger se lugversorging maak nie koud nie. Om ‘n lang storie kort te maak, is die kompressor besig om te groet en dit veroorsaak dat dit nie meer mooi seel nie en die gas lek. Om dit te vervang gaan R23000 kos. As ek dit nie doen nie is die kans dat dit vasslaan en weer die serpentine belt laat breek. Dan  kos dit bykomend tot ‘n nuwe kompressor waarskynlik weer die vervanging van die plaat voor aan die enjin soos verlede jaar in Phalaborwa. 
 

Dis nou wat gebeur as mens met ou karre ry (en boonop Fords). Soos ek gisteraand vir Salomien sê kan ons een nuwe kar koop en dan R15000 ‘n maand paaiement betaal, maar om nou amper R70000 te moet leen (plus rente) vir herstelwerk maak seer. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus