Die minister van vervoer dink blykbaar as almal s-t-a-d-i-g-e-r ry gaan ons paaie veiliger wees. Ek sien vanaf 11 Mei verander 60 km/h na 40 in stedelike gebiede, 100 na 80 in landelike gebiede en 120 na 100 op snelweë. Wat sy blykbaar nie aan dink nie, as almal in die eerste plek gebly het by 60, 80 of 120, nugter bestuur, die padreëls gehoorsaam, respek het vir ander motoriste, padwaardige voertuie het, sal die paaie in elk geval baie veiliger gewees het. Nou moet die wetsgehoorsame bestuurders stadiger ry en die wat alle reëls en regulasies oortree en hulle nie aan wette steur nie, sal dit nog steeds doen.
WAT????????
Jinne, tog, julle is eker nie ernstig nie!!!!, ekskuus, ekke nie baie op hoogte van nusgebeure nie!!!, het BETER dinge wat my besig hou!!!!!
Is dit nou 'n laat 1 April grappie???? Laer spoed SAL NIE die GESINDHEID van 'n sekere groep bestuurders verander nie!!!! EN, daardie groep val ook in die MEESTE dronkbestuur arrestasies!!!!, Maggies, hulle LOOP onder die invloed voor karre in, gaan hulle nou gewing word om te KRUIP oor die pad????
Nie so seker of dit waar is nie.
Ek is nie so seker of dit waar is nie. Daar was nog niks in die staadskoerant gewees nie. Het ook die berigte op FB gesien maar ook weer plekke wat dit as fals afmaak. As dit wel die geval is gaan dit ook so wees dat ons elke 5 jaar onse wa sal moet haak en gaan vir die liksens hernuwing met n praktiese toets
Nie waar nie?
Colin reken ook dit is net 'n storie en dat so iets nog nie goedgekeur is nie. As dit waar is, veronderstel mens die maksimum spoed op nasionale paaie sal nog 120 wees?
Daar is nog iets wat pla....
Waarom dit op n Donderdag in die middel van n maand begin.? Ek sal verstaan as dit op n maandag of n vrydag of selfs op n Woensdag as dit die eerste van n maand is.. maar die 11de Mei?
Tjoekie hier kom ek..
Dit is darem vrek stadig en die doel heilig nie die middele nie.
Ek wonder of hulle sal toelaat dat ek my laptoppie in die tjoekie sal gebruik want teen daai spoed beteken dit dat die tronke vol gaan wees.
U moet egter weet dat die mense wat daai simpel besluite neem, wel simpel is en dinge nie naastenby deurdink nie.
Sien hierdie op internet…
Sien hierdie op internet
False berugte…
False berugte.
Hier is 'n skakel na 'n berig wat die stelling as on waar af maak.
Mica tot Phalaborwa
Die pad vanaf Mica tot Phalaborwa is so te se klaar oorgedoen dit n nogal n lang stuk pad met versteekte potholes gewees my ma se pad puik en baie ouens sleep weer waens oorrie pad
Komen Sence
Ek wou draad begin maar onthou van Freda sin. Ons paaie sal veiliger wees as ouens eenvoudig hou by padreels en net dink voor hulle oor n blinde built op n witstreep verby gaan en hou by die spoed
Sleep nou. Dit wat jy sê is…
Sleep nou. Dit wat jy sê is baie waar. Maar ........
+90% van die bevolking het nie komen sence nie.
Die bevolking is van kleintyd af geleer dat wette gemaak is om te breek. Pa en Ma stop nie by stopstrate nie. (monkey see monkey do)
Daar is n opvatting, en daar is baie mense wat dit openlik op die FB groepe sê... Die boete vir ... is R 100 in jou ID.... en n lisensie kos maar net R1500 by .....
Nothing todo with "safety"
Everything to do with the condition of the roads...
They have to reduce the speed limit
because they can't afford to fix the roads
because they stole the money
we have paid to fix the roads...
Simple...
Ek lees en besef
Ek lees weer deur die draad en besef as mense by spoedgrens hou moenie drink en bestuur nie as die verkeersafdelings die soft targets los en hulle toespits op wat hulle moet doen en ons as bestuurders net meer geduldig gaan wees met mekaar sal die pad sterftes minder wees of wat se ek nou ![]()
Jy is heeltemal reg Shaun…
Jy is heeltemal reg Shaun maar die mense willie luister nie daar is baie wat doen net soos hulle wil steur hulle nie aan padreëls nie dink dit is vir ander mense bedoel hulle dink hulle is in beheer van hul voertuig en kan ry so vinnig hulle wil verbysteek al kom daar karre aan ja 'n dop maak 'n man mos braaf
Nou is ek uitasem![]()
![]()
Sjees, ek moes nou eers gaan…
Sjees, ek moes nou eers gaan asem skep ha julle twee se lang sinne😂😂
Freda, na......
............so 'n lang sin sonder stoppe sal ek ook uitasem wees ! Jy moet onthou Shaun is heelwat jonger en jy kan hom nie sommer "beat" nie.
Iets anders sal bedink moet word om die nakoming van padreëls af te dwing. Dit help beslis nie om net te dreig en te vra padreëls moet nagekom word nie. Daar moet nuut en uit die boks gedink word soos byvoorbeeld :-
- Verbied taxis op alle nasionale- en hoofpaaie tussen sononder en sonsopkoms
- Verkeersbeamptes moet in ongemerkte voertuie met kameras saam met verkeer ry en nie onder bome of langs die pad sit nie. (Dit is my belangrikste voorstel).
- Kry die publiek om dash-cams aan te skaf en vergoed hulle op een of ander manier wanneer fotos/videos susesvol tot 'n vervolging lei. (Die webtuiste Roadhoggs beteken niks nie - die owerhede kyk nie daarna nie en deelnemers huil net op mekaar se skouers).
- Trokke : dwing hulle met groot boetes om baie grootter volgafstande vanaf mekaar te volg
Len, ek hou van jou punte!! …
Len, ek hou van jou punte!!
Al het ins die beste grond wet en beste pad wette in die wêreld, alles gaan oor die toepassing en af dwing daarvan.
Ek het al gesien waar klomp verkeers beamptes onder 'n brug sit en braai, terwyl die voertuie verby ry.
Hier in die Baai sien mens…
Hier in die Baai sien mens nie eers meer verkeerskonstabels nie. Ek weet nie wanneer ek laas een gesien het nie. Is daar nog sulke goed?? So hier en daar sit hulle langs die hoofpaaie maar ek vermoed hulle sit meeste van die tyd en slaap of is besig op hul selfoon. Min gespin oor die verkeer. Dit is eintlik net kameras wat jou afneem en vir jou 'n foto stuur van jou voertuig en in kennis stel jy het te vinnig gery. Wat meeste mense ignoreer en opskeur. Meestal by die ingang of uitgang by dorpe. So kry daai munisipaliteit inkomste. Hulle hou seker daarvan as jy die spoedbeperking oortree.
Nee wat, solank dit so jolly gaan, gaan mense ry nes hulle wil.





en soos ek dit voorspel,…
en soos ek dit voorspel, gaan die taxi's en soortgelyke bestuurders nou net meer kanse kry om voor mens in te ry en verby te steek op die kante.