Dit is voorwaar 'n pragtige plek met baie groot gras staan plekke, daar is tans net 10 met eie ablusies. Die staanplek is tans so 11m x 25m.
Al nadeel is die grondpad is so 7km maar as jy dit rustig vat is dit nie te sleg nie.
Daar was 'n verassing kort voor ons aankoms, sleutel deposito van R1,000, maar as jy by aankoms kontant betaal kry jy dit in kontant terug met vertrek.
Kyk hoe verlate lyk die 3B op daai staanplek.
Die braaiers was nog nie eers gebruik nie en hulle kom skrop dit elke oggend.
Daar is 'n gas geyser wat gedeel word met die twee staanplekke se ablusies.
Daar is 'n lieflike water park en hulle gaan ook 'n warm binne huise swembad bou met nog ander goed ook.
Daar is altyd lewens redders wat ook die kinders help waar-ook-al nodig.
Daar is ook 'n lekker groot Boma met 5 braaiers.
Die winkel het die nodige maar die goed is nogals hoog in prys, so vat maar genoeg hout en ys.
Daar is ook kamers bo (die een waarin ek gaan kyk het het 2 d/beddens, TV, yskas en gas braaier op die stoep.
Daar is ook 'n "games room" met 'n groot DSTV.
Daar is ook vis vang plek, maar hulle vat jou soontoe en kom haal jou weer.
Gert het so ietsie gevang.
Amper vergeet ek, die hele oord het gratis WiFi, maar is soms stadig maar steeds daar. 👏👍
Lethabong Lodge Karavaanpark
Dit is 'n nuwe kamp, die Lodge is al lank daar.

Sal ek weer soontoe gaan ..... BESLIS !