Ek weet hierdie onderwerp is al holrug gery, maar gedagtig aan my vraag laer af, kom ons los die alewige kritiek hoekom wil jy TV kyk as jy gaan kamp. Elke ou kan mos doen wat hy wil met vakansie.
Ek het 'n TV wat permanent in die Exclusive geïnstalleer is, maar ek kan dit ook in die tent opstel as vriende dalk saam na 'n sportwedstryd wil kyk. Tot dusver het ek ons huis PVR-dekodeerder saamgeneem op vakansie, maar intussen het ons nou 'n Explora-dekodeerder met 'n gekoppelde Extra view dekodeerder vir 'n tweede vertrek in ons huis aangeskaf. Die PVR-dekodeerder is nou surplus en ek het dit by MultiChoice as 'n "holiday home" dekodeerder laat registreer. Hierdie PVR het ek ook nou permanent in die Exclusive geïnstalleer en bedraad.
My vraag aan ouens wat van die "holiday home" fasiliteit gebruik maak, is die volgende :-
- By jou vakansiebestemming, skakel jy MultiChoice telefonies om die omskakeling te doen of doen jy dit rekenaarmatig via die webwerf ?
- Is daar koste verbonde aan hierdie aan/af omskakeling en indien wel, wat beloop dit ?
- Watter tipe seinmeter gebruik jy om 'n goeie sein te kry ?


Johann...............
................dekodeerders het deesdae nie meer kaarte nie.
Die fasilitieit om van die een na die ander oor te skakel is beslis daar (via die webwerf of telefonies), maar ek wil graag hoor by iemand wat dit wel so gebruik of dit suksesvol is en of daar 'n koste aan verbonde is.
Ek wil ten alle koste vermy om MultiChoice telefonies te skakel, want dan sit jy met 'n "call centre" en 'n ewigheid se sekuriteitsvrae.
Dis moeilik om dit hier tuis te toets want ek moet eers die skottel opstel en as iets fout gaan, sit ons dalk sonder TV in die huis.
Len, Dankie ek sien jou…
Len, Dankie ek sien jou probleem, dit maak sin.
Hoop die mense sien jou vraag, en help betyds om not 'n toets lopie te kan doen.
Tegnologie vang ons onkant
Môre vriende
Ek is bly dat ek nie die enigste ou is wat tegnologies gestrem is nie. Ek kan iets oorkom as al die foefies my so vasvang. Ek bel eerder 'n eskort center voordat ek 'n call centre bel. Die diens by eersgenoemde is veel vinniger en bevredigend.
Diens sentrums is net so irriterend as 'n epos "customer care adres. Ek sukkel nou 'n volle jaar net om my epos adres by MTN te verander.
Jammer Len, soos jy kan aflei, kan ek jou nie van raad bedien nie, maar skakel my "call center"![]()
Len, doen my oorskakeling op…
Len, doen my oorskakeling op die webwerf en daar is nie koste aan verbonde nie.
Ons het net 'n apparte dekodeerder en rekening vir wanneer ons kamp. Het te veel gesukkel om dit af te sit by die huis en dan weer aan te sit as ons kamp met minute op die telefoon.
Nou skakel ek die dekodeerder aan op die webwerf 'n dag voordat ons ry en die werk goed vir ons. Betaal dan net pro-rata vir hoeveel dae jy dit gebruik. Enigste nadeel van ons opset is dat jy moet kennis gee van afsit op die eerste dag van die maand want jy betaal dan vir die volle maand en hulle skakel dit eers aan die einde van die maand af.
Verg bietjie beplanning en onthou maar dit werk beter vir ons as daardie gesukkel as ons terug by die huis is om die weer te laat werk.
Ons het ook die extra view dekodeerder van die slaapkamer gebruik en dit is waarmee ons so gesukkel het met die oorskakeling by kamp en weer terug by die huis.
Nuttelose bydrae
Ek beskik net oor die basiese "single view decoder" - en dit gaan maar saam wanneer ons die TV saamneem. Die TV, wat destyds spesifiek vir die karavaan gekoop is, is ook nie permanent in die karavaan nie. Toe ons slaapkamer se TV die gees gee, het ons die karavaan s'n daar begin gebruik. Die TV en dekordeerder is dus op die inpaklys (net as ons voorsien om die TV tydens vakansie te kyk). En binne enkele minute kyk ek TV as ek die skottel (een van die draagbare kleintjies) opgestel het.
Ek gebruik die klein metertjie, wat ek by 'n DSTv-agentskap gekoop het. Werk soos 'n droom.
ChrisB & Jan..............
Dankie vir die terugvoer hoe julle die TV in die karavaan aanskakel. Ek wag maar om te hoor of daar iemand is wat dalk die"holiday home"-omskakeling doen want dit is wat ek graag wil doen - sonder tussenkoms van MultiChoice se "call centre" en sonder om dekodeerders te ontkoppel en weer te koppel.
Miskien net noem, ons gebruik selde die TV in die karavaan, veral as ons in 'n wildtuin is. Ons was in Meimaand vir 'n maand in die Wildtuin en die TV was nie eers saam nie. Ek hou egter van aktualiteitsprogramme, sport en die verskillende nuuskanale, maar meestal net as ons by 'n seevakansie of 'n binnelandse oord is. Skattie het nou weer haar voorkeure van 'n paar programme wat sy graag kyk.
Hieronder was 'n uitsondering in 2016 toe ons in Shingwedzi tog die TV gebruik het - die buffel in die agtergrond is baie mooier as my skottel.

"holiday home"
Len, ons doen die oorskakeling na el die sein gekry het, maar soms skakel ons hulle maar mel al die nodige inligtin byderhand. As ek nou reg onthou vra hulle die datum waarop hy terug geskakel moet word, as ons dan by die huis kom is als weer terug.
Laai die App af.

Gaan dan na "More"

Dan kies jy "Settings"

Dan kies jy "Live Chat"

Hulle vra dan jou informasie wat jy moet in sit.
Darem netjiese kampeerders....
Middag vriende
Ek kyk so na die foto van die sit/woonkamer van Len se vakansiehuis. alles netjies op sy plek, van tafeldoek tot geen enkele blaar op die vloer nie.
Ek besef net skielik, o genade, ek is 'n slordige kampeerder. Ter versagting, hoe minder spasie mens het, hoe meer word alles ingedruk, om uit die reën te bly.
Ook maar goed ons het redelik "eenkant" gestaan in Karoo-NP met die Herfsblare byeenkoms. ![]()
Dankie
Dankie Willem, maar dis nie wat ek wil doen nie. My drie dekodeerders is by MultiChoice op hul webwerf by MyDSTV geregistreer en die karavaan PVR is as "holiday home" geregistreer. Al wat ek hoef te doen is kliek op die webwerf op my huis dekodeerder "Switch Off" en op die "holiday home" dekodeerder "Switch On". Ek wil net by iemand seker maak of dit goed werk, want soos ek voorheen verduidelik het, kan ek nie self toets sonder dat die karavaan skottel opgestel is nie.
Len TV ...
Al wat ek hoef te doen is kliek op die webwerf op my huis dekodeerder "Switch Off" en op die "holiday home" dekodeerder "Switch On".
Ek weet Len, maar kon nog nooit dit op hulle App reg kry nie, daarom gebruik ons die "Live Chat"
Ek het ook 'n dekodeerder wat in die karavaan bly.
Geert daai TV Box werk baie…
Geert daai TV Box werk baie goed, jy het egter nodig om 'n rekening by bv. netflix, DTV ens te he. al wat jy doen is 'registreer" een keer op die TV box al jou rekeninge, daarna is dit net kies wat jy wil kyk.
Jy het egter wifi, of baie data nodig, ek het 'n TV box spesiaal vir die Penta wat permanent daarin bly met 'n wifi dongel.
Terug na my aanvanklike vraag :
Ek stel net belang in DStv en glo my installasie in die karavaan en registrasie by MultiChoice is perfek reg en gereed. Omdat ek nie sonder 'n skottel kan toets nie wou ek net graag gehoor het by iemand wat dalk van die "holiday home" funksie op MultiChoice se webwerf gebruik maak.
Len, ek maak jare lank al…
Len, ek maak jare lank al gebruik van die holiday home opsie. Het twee cheapie (single view?) dekodeerders (vir my sinneloos om die duurder modelle te koop wat o.a. programme kan opneem....programme word in alle geval so gereeld herhaal dat ek wat ek nou mis weer een of ander tyd kan kyk!). een dekodeerder is vir gebruik in die huis, die ander vir vakansie. Slegs die huis ene is meestal ge-aktiveer, die word so gelos as ons weggaan sodat my dogter darem ook iets het om te kyk, ek bel dsTV se Jhb kantore sodra ek opgeslaan het om die holiday home ene te aktiveer en vra dat hulle die ook de-aktiveer op die datum wat ons terugry - neem sowat 10-20minute voordat ek TV kan kyk terwyl die de-aktivering soos per my versoek geskied sonder dat ek weer hoef te bel. Nog nooit enige probleme gehad nie en slegs goeie diens gekry. Kos basies dubbel vir die tyd wat ons weg is en daarna weer die normale fooi. Andersins kan jy vra dat die ene by die huis oor die tydperk ge-deakitveer word en weer geaktiveer word as jy terugkom, dan bly die koste dieselfde. Ek kan ook bevestig dat die nuwe dekodeerders nie meer die inprop kaart gebruik nie. Vir die wat dit nog die ouer modelle het, die kaart is "getroud" met die spesifieke dekodeerder en kan nie bloot net na 'n ander een geskuif word nie. Wat ek wel die jaar verander het is om die klein kamp skottel in die swart tassie by die huis te los en eerder 'n nuwe groter 80 cm ene aan te skaf, die groter skottel het 'n beter "gain" en sukkel nie om die satelliet op te spoor soos die kleiner kamp ene nie, daarby gebruik ek die meter wat ek dink deur Ellies verprei word. Met die nuwe opstelling was dit blitsvinnig om die spul aan die gang te kry.
Dankie GW......................
....................., maar ek wil graag via die webwerf die huis-dekodeerder afskakel en die "holiday home" dekodeerder aanskakel sonder om die call centre te skakel. Maar as my plan nie werk nie, kan ek maak soos jy maak.
Geert, die TV box werk net…
Geert, die TV box werk net met wifi, geen drade nie, behalwe die koppel na die TV en kan enige tv streaming doen.
JohannL....werk die TV boks ook via skottel of net met internet sein soos Netflix?





Dalk 'n dom vraag, maar is…
Dalk 'n dom vraag, maar is dit nie mootlik om net jou kaart uit die een dekodeerder uit te haal, en in die ander een in die wa te sit nie?
Ek weet nie, het lank terug myne vir my dogter gegee.