Dis nogal opmerklik dat baie mense geneig is om, as iemand 'n spesifieke vraag vra, bv. wat dink lede van 'n spesifieke oord op 'n spesifieke plek, baie min mense eintlik die vraag antwoord? Baie mense begin onmiddelik met iets soos "Jy moet eerder so en so oord in so en so ander plek probeer wat ek was daar en dis so fantasties". Dalk die hittegolf tans in Tshwanetoria maar my rug trek in 'n spasma as ek so 'n antwoord sien...die ou het mos 'n spesifieke vraag met 'n spesifieke doel gevra. Die ou wil mos nou nie juis hoor watter plek jou voorkeur is nie, of wil hy? As mens nie kan antwoord nie hou eerder verby? Julle gevoelens?
GW..........
...........jy raak 'n interessante punt aan wat my ook irriteer. Nog 'n voorbeeld, waag dit net om iets te vra oor die instelling van 'n TV op jou kampterrein dan oorspoel die antwoorde, "TV hoort nie in in 'n kampterrein nie", "los jou TV by die huis", "geniet eerder die bos-TV" (die braaivuur), ens.
Ek stem saam Len. TV's…
Ek stem saam Len. TV's hoort by die huis ![]()
......Of as mens iets vra oor 'n spesifieke voertuig en jy word vertel om 'n ander voertuig te kry
Net die hitte
Naand vriende
Julle ouens moet nou nie dat die hitte te veel onder julle velle inkruip nie.
Ek vermoed ons is almal soms aan die gedrag skuldig. GW, ons wat gewoond is[was] aan spesifikasies skryf/opstel/nakom, sukkel soms met vaaghede.
My vrou en predikant raak baie knorrig met my, ek is van mening dat die Bybel meestal baie vaag en te figuurlik geskryf is. 'n Stelling moet een-eenduidig neergepen word, geen kans vir verkeerde vertolkings.
Laat ons nou sien wie ek nou irriteer, dit was nie rerig die bedoeling nie.
Anton: ek moet jou mos reghelp, dis mos my plig, veral oor voertuig keuses, of hoe![]()
Dan natuurlik is sommige mense tog so fyn besnaard. Ek bevoorbeeld word nooit geirriteerd nie, ek pluk net my blaker in 'n krul.
Moet erken, stem saam met…
Moet erken, stem saam met Anton dat tv stelle tuis hoort, Len jy kan gerus daaraan dink om vir jou n ou wasmasjiendrom saam te karring en lekker bos-tv te kyk.
En net hier lyk my is ons volk se humorsin effe afgestomp of doodeenvoudig deur die katkisasieboeke opgedonner. Ek hoop jy stem Wessel, dit was in die tyd wat ek te veel vrae gevra het, en die antwoorde vir ons "kattegeese" was effe onvoldoende, wel vir my elk geval. Kan jy indink as n Dr. in Fisika n vraag moet vra, dan is dit heel moontlik bokant die gemiddelde Tokkelok se verwysingsraamwerk.
Elk geval, dit is partykeer , soos ek dit lees, net n hoflikheidsgebaar van sommiges om wel te antwoord, al se dit nou reguit dat n Ford bakkie nie so betroubaar is as die Japanese produk wat Baaaie beter gebou word,al is dit baie leliker. En dan die oulike antwoord van " elke man soen sy vrou op sy manier" Shit, hoeveel manier is daar om te soen. Hier is n Camasutra wat al stof optel, is dit "soen", wat die omies effe saffies vermom het.
Groetnis.
Wetenskaplike en ingenieurs metode
Naand Herman
'n Wetenskaplike sal teoreties verduidelik dat jy op afstand "x" van jou vrou is. Om te soen, halveer jy daai afstand, en so halveer jy elke keer die afstand, om nader te kom. Teoreties sal jy nooit kontak maak om ordentelik te soen nie.
'n Ingenieur sal jou vertel dat op 'n gegewe oomblik is die afstand tussen jy en jou vrou, vir alle praktiese redes naby genoeg vir 'n heerlike klapsoen.
Stof bietjie daai boek af, en be-oefen al die metodes sonder om uit lit te raak
Herman....
Ek vermoed daardie chemoterapie tas jou kwaai aan - ek moes jou inset hierbo driekeer deurlees om die draad van jou vertelling te verstaan. En dan stem ek natuurlik nie saam met jou en Anton dat die TV tuis gelaat moet word nie. As dit dan moet, dan moet braairoosters, tablette, selfone, tandeborsels, toiletpapier, beddegoed, skottelgoedseep en nog vele meer mos ook tuis gelaat word.
GW, nie heeltemal wat jy gevra het nie, maar darem !
Die een wat slimmer is en
Wat my grensloos irriteer as jy iets se en die volgende ou wat jou aandwoord is so slim dat hy te slim is vir hom self en alles wil afdwing om sy punt te bewys dis buite wit maar hy sal aanhou nee se dis blou ja daai slim ou hy irriteer die bollie uit my . As jy nie saam stem nie maak jou punt beweeg aan moenie krap krap krap nie ![]()
More Wessel
Daai ou wat ek verduidelik kry jy ooral ek nou geleer los die tipe ou uit laat hy maar bla bla bla die lewe is n lied en dankbaar ![]()
Shaun...
Môre vriend
Moenie worry, ek lewer meestal insette, tong in die kies.
Tog, soos ek heel aanvanklik in vorige inset genoem het, ons almal irriteer soms mense om ons, soms totaal onwetend. Ek verkies dat my vriende my eerder reghelp, as wat ek hulle verloor oor onbenullighede.
Jare gelede was ek ge-evalueer by die werk vir bevordering [bestuurspos]. Die uitslag was verdoemend; die ou is taktloos, het swak menseverhouding, en uitgesproke ongeag die rang/pos van ander persoon. Nodeloos om te sê, ek het 'n gelukkige wetenskaplike gebly.
Len, my hele inset was net…
Len, my hele inset was net om te "stir" en als moet tussen die lyne gelees word!!!
Ek soek maar vir die manne wat so tussen die lyne dit raaksien, en dan terug antwoord.
Grootwind se vraag lok mos vir n bietjie reaksie, en om reguit n ander aan te haal, is bietjie slegte bedside manners in my oee, so dit was my poging.
Die chemo gee my so biejie "brain fogg", so verskoon dat my skrywes nie heeltemal lekker lees nie. Die lees hier is so bietjie salvation vir my gemoedstoestand.
Herman/Len
Môre julle ou Herfsblare
Ek het geweet dat Herman vir Len gaan uitlok met sy terloopse TV- kommentaar.
Daai hoflikheidsgebaar/opmerking waarna Herman verwys, laat my altyd dink aan 'n aanknopingspunt by die vrye-kerk waar ek lank deel was;
"Ek wil in liefde vir jou sê" Die oomblik as ek dit gehoor het, was ek ge-irriteerd, want dan kom daar 'n erge preek en persoonlike teregwysing.
Face book webblaaie
Middag vriende
Ek haat oorde wat se webblaaie mens na Facebook toe neem.
As ek op 'n webblad klik, wil ek daar uitkom. Ek stel nie belang om Facebook en dergelike goete te gebruik nie, en het dit nie op my foon nie..
Facebook: met uitroep…
Facebook: met uitroep tekens in hoof letters en bold skrif, ek stel hoegenaamd geensins in die skinder hoekie boekie belang nie.
Ek stem ook saam met die…
Ek stem ook saam met die Facebook goete, dit pla my baie. Maar harde musiek in 'n oord irriteer die rook uit my uit, baie meer as julle gekerm om mekaar so 'n bietjie warm onder die kraag te maak. Hier was darem nog nie bloed gewees nie ![]()
Eie musiek/sang
Middag vriende
Lapskag slaan die trom mooi op die noot, ek wil nie ander kampeerders se musiek hoor nie.
Tesame daarmee kry ek ook ongeduldige aanval as kampeerders dink hulle sing mooi, en ek word verga[l] met hulle gekerm uit volle borste.
Let wel Servaas, die inset is NIE op jou gemik nie, want ongelukkig het ons nog nie saam gekampeer nie, en ek vermoed jy mag maar sing.
Waar kamp die maters waar…
Waar kamp die maters waar daar so lekker musiek gemaak, gesing en gekuier word? Klink net soos my dam se ganse, en moet bietjie gaan inloer. Neef se bariton stem is nou nie te waffers nie, maar gooi, kan hy gooi.





Ek probeer nou ...
... hard dink of ek ook een van daardie skuldiges is. Indien wel, bied ek my verskoning aan.
Gee vir ons 'n voorbeeld of twee waar dit gebeur het. Dalk moet ek die skoen aantrek (as dit pas).