Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -14 minutes ago
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -38 minutes ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -38 minutes ago
Skerp reuke Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago

Wat irriteer?

Irene
Submitted by Grootwind on
Forums

Dis nogal opmerklik dat baie mense geneig is om, as iemand 'n spesifieke vraag vra, bv. wat dink lede van 'n spesifieke oord op 'n spesifieke plek, baie min mense eintlik die vraag antwoord? Baie mense begin onmiddelik met iets soos "Jy moet eerder so en so oord in so en so ander plek probeer wat ek was daar en dis so fantasties". Dalk die hittegolf tans in Tshwanetoria maar my rug trek in 'n spasma as ek so 'n antwoord sien...die ou het mos 'n spesifieke vraag met 'n spesifieke doel gevra. Die ou wil mos nou nie juis hoor watter plek jou voorkeur is nie, of wil hy? As mens nie kan antwoord nie hou eerder verby? Julle gevoelens?

Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/10/2022 - 14:24

....wat sy eie persoonlike eksklusiewe kampterrein in die Swartberge ontwikkel het.

Ek wonder of dit vir die dam se ganse is, of is dit 'n bymekaar kom plek vir die Suidlanders!!!! Antwoord sommer direk na my per posduif. Ek kan net haak en sleepdevil

0
Pretoria

Geert

Sun, 09/10/2022 - 05:38

Neewat...ek is seker maar n oorvriendelike kampeerder en waardeer enige moeite wat n mede kampeerder doen om my te help om die regte oord vir my te kry sou ek onseker wees. Ek het byvoorbeeld vroeer navraag gedoen oor 2 oorde in Sabie omgewing.....iemand het my toe geantwoord en geskryf hoekom ek nie Panorama in Graskop oorweeg nie. Gelukkig het ek nie in spasmas ingegaan oor die ou nie my vraag direk beantwoord het nie, maar sy woorde waardeer, die opsie oorweeg,  en op die ou einde is ons soontoe. Ons het so lekker daar gekamp dat ons die plek definitief weer wil besoek. Die persoon ken duidelik die ander 2 oorde en het n nicer opsie vir my voorgestel omdat hy meer kennis het van oorde in daai area.....dink nie dis nodig om aanvalle te ontwikkel nie

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 09/10/2022 - 07:28

Môre vriende

Ek stem heeltemal saam met Geert, ek verlaat my menigmaal op advies van ander mense, forumlede inkluis, oor goeie oorde.

Daarom is dit belangrik dat ons eintlik gereeld die oordresensies moet invul en/of opdateer.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus