Hallo almal. Ek is nuut op Kamp forum. My naam is Anton jnr en ek is Lolla en Voortrekker se oudste seun.
Ek is 10 Jr oud en hou van kamp en toer saam met my ouers.
Hallo oom Willem.Haha nee…
Hallo oom Willem.
Haha nee Ek Wil saam kamp my PA Sal maar nog manage. Stuur groete vir Wian. 😂😉
Hallo my seun! Jy moet…
Hallo my seun! Jy moet nie alles glo wat hierdie klomp ou ooms op Kampforum vir jou wil vertel nie ![]()
Ons vakansie
Hallo ons het op vakansie gegaan. Hier is die storie.
Ons het begin 4 uur die oggend het ons gery. Ons het Gariep dam toe gery en in Whschbank gekamp vir een aand.
Oppad soontoe het oom Lapskag vir on lekker koekies en koeksisters gegee by engen Bloemfontein dankie oom dit was Baie lekker.
Hallo Anton jnr, baie welkom…
Hallo Anton jnr, baie welkom, jy moet ons ou ooms se raad vat en sommer sorg dat jou pa-hulle jou en boetie BAIE laat kamp, so tel jy ondervinding op![]()
Naand jongman
Nou kan jy ons oumanne in toom hou. Ons sal nou ons woorde baie versigtiger kies.
Jy moet sommer lekker saamgesels oor julle kampeer uitstappies, met fotos gehoor.
Hallo Anton Jr, welkom hier…
Hallo Anton Jr, welkom hier op die lekker kampforum. Daai koekies en koeksisters was 'n groot plesier gewees. Was eintlik vir jou en jou broer gewees, maar ek hoor pa en ma het ook lekker saam geëet. Laat weet my as julle weer in die rigting ry dan maak ons weer 'n plan. Lekker gesels hier saam met ons.
Vir oom Lapskag
Hhaha🤣🤣 Mamma en pappa het lekker geeet. Dankie dit was lekker.
Welkom Anton Junior
Gesels lekke saam en kamp n hond uit n bos saam jou pa hulle ![]()





Anton jnr ...
Baie welkom hier Anton jnr.
Lyk my jou Pa wil hê jy moet vroeg die Admin op Kampforum oorvat sodat hulle meer kan gaan toer ? 😉