Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -30 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -38 minutes ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Januarie '23 algemene gesêls

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

👋🏻 Dagsê, geniet jou dag en jou ☕🫖

Lyk my ek gaan Vrydag 'n nat oppak he volgens die weer.

 

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 06/01/2023 - 22:33

Hi Wessel, die menorah kom van die Bybel se tyd. Is soos 'n lamp stander met 7 olie lampies op. As ek reg het was hy oorspronklik in die tempel gewees. Daar staan nou 'n replika in Jerusalem in 'n glaskas. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 07/01/2023 - 00:37

Goeie môre almal, geniet julle dag en naweek.

Ons sit nou hier en lekker koffie drink, ry oor 'n uur iewers noord, die kinders het die plek genoem, maar hierdie boereseun kry nie die name uit gespreek nie, maar dit klink baie lekker. Hulle bly in net so snaakse naam plek.

Dankie vir die whats apps van die vriende, ek en Bennanta waardeer dit opreg.

Hennie, jou solar stelsel is puikyes

Die mense wat gaan kamp, geniet dit.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/01/2023 - 05:52

Môre Johan

Dankie vir die verduideliking. Ek het dit gou op internet gesoek, en weet nou presies waarvan jy praat. 

Ek sal daai basis [voetstuk] lekker swaar maak om die 7 lampies/kerse regop te hou.   

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/01/2023 - 11:15

alle vriende.

Willem: ek hoop jy vorder fluks met skoonmakery en weg/reg-pak vir volgende kamp.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 07/01/2023 - 12:08

Dankie, ek is 'n luigat om die karavaan uit te pak en die tuin lyk woes, hoop David kan volgende week tenminste 2 dae kom help skoon maak.  Ek het besluit omdat ek eers Vrydag moes terug kom gaan ek myself hou by die vakansie en nie met die uitpak en gras sny ophou nie.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 07/01/2023 - 12:38

Nou net Dana Snyman................... se storie op Netwerk24  "Skielik begin ek anders kyk na kampeer" gelees. 

Lekker gelag want sy beskrywing oor die kamplewe is seker soos ons almal dit al beleef het. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 07/01/2023 - 13:37

..............juis en wik en weeg hoe en waar ek oor Dana Snyman se storie vanoggend in Die Burger kommentaar moet lewer en toe open jy die gesprek !

Op 'n Saterdag blaai ek heel eerste na die middel van die koerant om Dana se storie vir die dag te lees.

Ek was eers teleurgesteld, maar na 'n rukkie besef ek wat hy sê oor die kamplewe is in die kol, maar jy hou daarvan of nie.  Die goed wat hom pla, pla my nie en ek is gek oor alles wat in 'n kampomgewing aangaan, by die see, of in die binneland of in die bos, min of baie mense...........ek geniet dit altyd.

0
Brackenfell

HennieBo

Sun, 08/01/2023 - 09:15

Hennie, jou solar stelsel is puikyes

Dankie Johann. Baie tevrede tot dusver. Soos ek  nou hier sit is die battery klaar op volsterkte en trek my huis al sy krag van die panele af. Ek is nie bewus van enige beurtkrag nie.

Lekker dag vir almal. Vir baie is dit dalk die laaste rusdag voor teruggaan werktoe môre.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/01/2023 - 08:27

..... aan almal wat vandag teruggaan werk toe. 

Ons lot pensioenarisse gaan maar net heerlik aan met niksdoen-besigbly take.Dis nou belangrike werk soos grassny, houtkap, karre was, klerewas en konsultasie werk aan wie ookal moontlik na onbenullige kantlyn advies wil luister.  

Dank en waardering word oorgedra aan alle werkendes, veral die tipe wat volgens CR nie meer 'n bedreiging inhou nie.  

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 09/01/2023 - 09:00

Hallo Wessel. Ja ek is een van hulle wat weer volstoom aan die gang is.   Die skilpad het kos gekry en vroulief koffie in die bed.

Lekker dag vir almal!

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 09/01/2023 - 09:39

More almal was vir 6 dae in phallas gemiddelde temp 36 hoogte 41 gewees vrydag die 6 tot saterdag die 7 Januarie het phallas so 105 mm reen gehad , paaie in dorp begin soos Lydenburg lyk gehoor wiltuin mooi groen laeveld bly maar lekke 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/01/2023 - 07:18

Ek sien nou eers die vakansiebundel aan die regterkant van die tuisblad, as mens inteken.

Wie ookal is darem oulik om so 'n skuif van 'n gespreklyn te bewerkstellig. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 10/01/2023 - 10:18

Môre vriende

Ekn lees nounet 'n interessante studie in die Business Insider. Navorsing deur WITS toon dat 16-myl strand besig is om te verdwyn onder die branders. Volgens hulle is die strand reeds 52m smaller plekplek, as in 1937. Teen die versnelde tempo wat hulle waarneem, gaan dit heeltemal weg wees teen 2040. 

Dit hou ingrypende implikasies in vir huiseienaars en ontwikkelinge aan die strook. Gaan lees dit gerus.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 10/01/2023 - 11:02

Teen die versnelde tempo wat hulle waarneem, gaan dit heeltemal weg wees teen 2040. 

So oor 17 jaar kan hy die sonsondergang by Yzerfontein oord van sy braaier af sien.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus