Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Maer Leeu? Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -31 minutes ago
Kieterkatte Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Slange Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -49 minutes ago
12 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -3 hours ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

Strydoms oppad Namakwaland toe- 2023

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Aangesien die toer nou wel plaasvind, en nie meer net 'n idee is nie, begin ek die nuwe gesprek.

Vir die begin, plaas ek net weer hier die reeds bespreekte plekke;

KarooNP: 20 tot 23 Agustus

Rondeberg by Clanwilliam: 1 tot 3 September 

Kroon Lodge Kammieskroon: 4 tot 7 September.

Ons wou met die terugkom by MokalaNP oorbly, maar tans kon ek nie voldoende plek daar kry nie.

Die res van ons besprekings is 'n kontinue proses van nou af.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/08/2023 - 10:14

Kyk die Strydoms, of sommige dan, kan net nie klaar beplan nie. 

Ons gaan nou van Ritchie af eers 2 aande oorstaan by Sandgat Van der Kloof. Vandaar sal ons na die dam gaan kyk, en dan 'n erf/huis gaan soek in Oranialaughwink

Daarvandaan aan sleep om by Aldam te slaap, en dan huistoe. Marie wou nie op haar verjaarsdag op die pad wees nie.

0
Vereeniging, Gauteng

AntonvdM

Mon, 14/08/2023 - 12:46

Ek sal voorstel jy wysig jou plan verder.
Ek sou eerder in Britstown by Kambro oorslaap.
Vandaar draai jy dan by Hopetown af na Vanderkloof.
As jy by Ritchie wil oorslaap ry jy verby Hopetown en moet dan weer al die pad terugkom na Hopetown.
Van Vanderkloof sou ek ook eerder teruggaan na Hopetown en Kimberley om ry. Ons weet daardie pad is in goeie toestand met 'n sleepding agterna.
Ek het al gelees die paaie in die Suid Vrystaat is in slegte toestand.

0
Vereeniging, Gauteng

AntonvdM

Mon, 14/08/2023 - 12:56

Moenie vrees nie jy gaan geen blomme mis nie.
Ek sien jy gaan by Kamieskroon en Clanwilliam oorstaan. Gaan die eerste oggend wat jy in die dorpe is na die Kerkgebou. Beide het 'n Inligting Sentrum ingerig waar hulle daagliks die besigtigings bywerk en vir jou raad kan gee waarheen om te ry. Die blomme maak in elkgeval eers hier teen 10 uur oop. Oppad na Wuppertal sal ek ook voorstel jy gaan by die Biedouw Vallei aan vir blomme kyk. Stop by die Biesouw Padstal vir linigting.

Ek heg 'n foto aan van hoe dit tans in die Bidouw lyk.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/08/2023 - 13:29

Dankie vir die blomme info, ek het klaar dit gemerk op my padkaart.

Ek waardeer die padinligting ook. Ons begin die Namakwaland deel onder, 1ste kamp by Rondeberg--Clanwilliam. Ons kom verlaat Namakwaland via Springbok, dan Upington [slaap by Oranje rus] tot by Ritchie.

Jy beveel dus aan dat ek van Sandgat liewer op hoofpaaie bly, Kimberley om, Bloemfontein toe. Dit maak amper 180km ekstra maar dis op betroubare paaie.  

 

0
Vereeniging, Gauteng

AntonvdM

Mon, 14/08/2023 - 14:29

Jammer Wessel ek het nie weer na jou oorspronklike reisplan gekyk dat jy van Upington kom nie.
Vir gemoedsrus sal ek eerder op die hoofpaaie bly as om met wit kneukels te sit en die heeltyd vrees ek gaan my kar of karevaan beskadig op slegte paaie.
Ek stel voor jy doen goeie navorsing oor Vrystaat se paaie. Daar is mense wat Koffiefontein oor sleep, jy moet net stadig ry. Nouja hoe stadig is stadig. Onthou ek en jy ken nie die paaie soos die Vrystaters nie.
Dis jou keuse watter roete jy wil ry.
Hou in gedagte julle is 2 pensionarisse wat nie onnodig moelikheid op die pad wil kry nie.
Ek praat uit 'n pensionaris se oogpunt.
 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/08/2023 - 16:07

Hello Anton

Ek is 'n rowwe pensioenaris, sleep 'n Kavango boswa met 'n Hilux-----stuit vir niks, laughEk trek dit egter  nie deur my blaker of slaggate nie. Jou raad sal beslis gevolg word.

Soos jy seker raakgelees het elders, ek het amper laasjaar groot skade gehad weens slaggate. Mens sien gewoonlik dit te laat en doen dan verkeerde ding. Op daai enkel tweerigting paaie, kan daar nog verkeer van voor ook kom, wat uitswaai totaal verhoed. 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 14/08/2023 - 18:10

Naand menere, ek stem saam met die hoof roetes, al waar ek as reel afwyk, is wanneer my wa staan, en ons ry net rond om die omgewing te verken. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/08/2023 - 19:46

....dis presies wat ons gaan doen in Namakwaland. Staan paar aande in Rondeberg, en dan weer Kamieskroon, by Kroonlodge, en verken die omgewing sonder die wa.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 15/08/2023 - 08:15

Nee, komaan Wessel! Daardie Kavango en Hilux moet nog ten minste Nossob toe. Begin sommer nou al beplan vir volgende jaar. Gepraat van ‘n rowwe pensionaris; toe ons einde 2020 in Mata-Mata was, was daar ‘n 80-jarige omie op sy eie met ‘n daktent op sy bakkie. Hy was baie hartseer, want hy sê toe dis sy laaste keer in Kgalagadi omdat hy te oud geword het vir die daktent. 

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 15/08/2023 - 12:21

Hi Wessel, jy kan vir Liza van Sandgat vra hoe die pad oor Koffiefontein is vir sleep, hulle ry gereeld daai pad en haar kampeerders gebruik hom ook. Ons het soo 2.jaar terug daar gesleep, maar was toe al rof gewees. Maar ek verstaan dat aan die pad gewerk is en is nie seker hoe hy nou is nie. Hoop jy kom reg om daai rowwe draai uit te kan sny. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 15/08/2023 - 13:08

Middag Johan, noudat jy seelug inasem, is jy ook maar lekker vasgeroes. Kom gesels bietjie meer saam.

Ek sal beslis vir Liza uitvra oor die paaie. As ek egter die langer hoofpad moet ry, sal ek maar weer roekeloos raak. Dan stoot ek mos die spoed op so tot net oor die 100km/hrlaughDaarns trap die co-pilot die brieke raak

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 16/08/2023 - 14:12

Wessel, ek sien hierdie op 'n ander forum geplaas deur Danie Pienaar. Hy het ook verskeie pragtige fotos geplaas. Ek sit dit in aanhaling tekens.

"Ek sien nie baie foto's van die blomme vanjaar nie. Manne, as julle kan, vat die pad en gaan kyk. Selfs die locals sê dis die mooiste blomme in baie jare. Elke jaar sê ons "ons gaan nie hierdie jaar kyk nie" en elke jaar ....... gaan kyk ons weer na die blomme.

Ons het hierdie keer nie die Biedouw-vallei gaan kyk nie. Ons het net een aand in Van Rhynsdorp oorgestaan. Die blomme het BINNE-IN die kamp begin. Die volgende dag deur die blomme-tuin na Garies gery, en daarvandaan na die Groenrivier-monding waar ons langs die see tussen die blomme gekamp het. Mense, geen manier om dit te beskryf nie. Asem-wegslaan-pragtig!

Toe lekker ge-4x4 teen die kus af tot by Strandfontein. MOET NIE DAAR GAAN STAAN NIE! Dis n vieslike plek wat nie eens n karavaanpark genoem kan word nie. (Lang strorie, nie moeite werd nie. Patetiese bestuur.) Ons het deurgedruk en by Elandsbaai in die tipiese ou-tydse hotel gaan slaap. Heerlik!

Blomme-kyk is Hemels! "

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 16/08/2023 - 15:19

...dankie vir die inset. Dan het my vrou 'n goeie keuse gemaak om te blomme toer te kies.

Slegte nuus van Strandfontein, gelukkig gaan ons nie soheentoe nie.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 17/08/2023 - 09:48

Soos dinge tans in ons landjie gaan (en met ‘n verkiesing op die horison gaan dit nie verbeter nie), moet mens daagliks bepaal of die roete waarop jy is nog veilig is. Kyk nou maar na die onlangse taxi staking, en wat gister in Swellendam gebeur het.
 

So onsinnig soos wat dit vir my is, dat mense wat ontevrede is oor duur munisipale dienste die munisipale gebou afbrand, is dit wat gister gebeur het. Dit is soos om KFC af te brand omdat ‘n Streetwise Two duurder geraak het. Al wat dit beteken is dat jy daarna glad nie meer KFC hoender kan koop nie - duur of nie. 

Dan het hulle ook die N2 en paaie in Swellendam dorp toegemaak. Mens sou wel nog oor Tradouw pas kon ry as jy van die N2 af rigting Worcester (of omgekeerd) wou reis. Dan moet jy egter vooraf weet dat die N2 by Swellendam toe is. Jy wil ook nie in so ‘n betoging vasry nie. As jy weer sien gooi hulle jou wa met ‘n petrolbom. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/08/2023 - 10:49

Môre Chris s

Jis man, kan jy nou 'n pappery natmaak, so voor ek vertrek. Ek het juis laas naweek al die kaart bekyk met die idee om Tradouwspas te ry, na Barrydale, en dan Worcester toe.  Die idee was vir die natuurskoon, maar as die lot aanhou neuk in Swellendam, sal dit genoodsaak word.

So kan ek Swellendam mis. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 17/08/2023 - 15:55

..... ons in KarooNP land. Ek twyfel of ek die aande By Aldam en Ritchie, een elk,  die boksemdais met WiFi en skootrekenaar gaan opkoppel. As dit stil raak van my kant af, ek is nie gewip nie, slegs in transit. 

Sjoe wat 'n pakkery om vir so lank weg te wees. Die 2 Nat.Lunas bars omtrent uit hulle nate van disse en vleise. Marie wil elke aand groente saam met haar bykos-vleis eet. 

Chris S, ek weet hoekom is my wa so swaar op die neuswiel, dis daai volgelaaide NL. 

  

0
Worcester

Wildehont

Thu, 17/08/2023 - 20:48

hoekom is my wa so swaar op die neuswiel, dis daai volgelaaide NL. 

Laai die ruimtes onder die bankies agter die wiele vol swaar vloeistof soos bier of wyn om bietjie gewig van die neus af te haal.

Geniet die pak, julle gaan heerlik toer!

0
Vereeniging, Gauteng

AntonvdM

Fri, 18/08/2023 - 11:07

Wessel ek stelvoor jy vind uit in Clanwilliam van die roetes wat jy wil ry.
Daar is 'n kruising oor die Doringrivier wat nie tans begaanbaar is nie.
Ek lees op 'n aander blad dit loop tans nog sterk en is 100 meter wyd by daardie brug.
Dit is skynbaar op 'n roete van Bidouw na Calvinia. Die 'locals' beveel aan dat mense glad daar moet probeer oorgaan nie. Al ongerief sal wees dat jy jou vasry teen die water en terug moet draai in jou spore.
Ek twyfel of jy so er Oos sal wil gaan. Jy mik eerder Noordwes na Wuppertal.
Vind maar vir veiligheid uit van die toestand van die paaie op die roetes wat julle wil ry.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 19/08/2023 - 18:26

... en daarom is die forum nou doodstil. 10 uit 10 vir hom wat die forum aan die gang hou. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus