Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -4 minutes ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -7 minutes ago
Braai broodjie debat Kgalagadi Oktober 2026 Geert -12 minutes ago
Wonder ek nou.  Hoe lank… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -24 minutes ago
Kamieskroon Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -59 minutes ago
Dankie Rona Aartappelsop (Vichyssoise) Geert -1 hour ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 13/11/2023 - 11:30

Dankie Herman ................................................sal George om ry. 

Geert, hulle bly in Bryanston.

0
Pretoria

Geert

Mon, 13/11/2023 - 11:39

Geert, hulle bly in Bryanston.

Naaste wat ek van weet is Country Park in Muldersdrift area.....maar is steeds omtrent 20km se ry na Bryanston. Miskien weet ander forum lid van iets nader

Caravan Park & Camping (countrypark.co.za) 

0
Irene

Grootwind

Mon, 13/11/2023 - 13:30

Jan, ek stem saam met Herman se voorstel om eerder oor George Plett toe te ry en die pas tussen Uniondale en Plett te vermy. Heelwat van my skoonfamilie het op Wittedrift gebly en lê daar begrawe (dis so 'n klein dorpie net regs van die laaste stuk van die Prins Alfred pas langs die Bitou rivier as mens van Uniondale se kant kom, my suster lê weer op Uniondale begrawe. Ek het die pas tussen Plett en Uniondale jare gelede etlike kere met 'n 5 reeks BMW gery, was meestal geen probleem nie, maar dit verander oornag. As daar reën in die pas geval het word dit moeilk begaanbaar vir die volgende paar dae (dis meestal grondpad). Ons het maar altyd vooraf gebel na die familie om te hoor wat die toestande is. Wonderlike mooi pas, maar definitief nie aan te bevele met 'n pad karavaan nie. Maar doen julleself 'n guns en ry die pas sonder karavaan as julle eers in Plett opgeslaan is, dis regtig die moeite werd en met die Ranger is dit geen probleem nie (terloops word beskou as een van Thomas Bain, die pas bouer se kroonjuweel skeppings!). 'n Brokkie interessantheid, as mens in Wittedrift inry, reg langs die NG kerk is daar ook die pastorie en bibliotekie, die ingang van die biblioteek het by sy hek so 'n geboude boog van herinnering wat die naam "Johanna Blignault Boog" (vir ons was sy bloot Tannie Johanna) dra, haar man was jare lank die plaaslike skool se onder-hoof en sy het vir vry en gratis die biblioteek vir die gemeenskappie bedryf. Dink byna elke klein dorpie in die land het seker sulke herinneringe en geskiedenis ineengeweef met sy vorige inwoners? 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 13/11/2023 - 15:43

My ou vader is ook op Witterdrif begrawe. Hy het van die gemeenskap gehou. Binne 6 maande nadat hy daar gaan aftree het, is hy oorlede.

Was so rukkie gelede daar verby, en die begraafplasie is vreeslik mooi versorg.

Skuus Jan !!

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 14/11/2023 - 06:37

Goeie môre Jan, baie dankbaar om te verneem die gesondheid is beter, sterkte vorentoe.

Wat oornag plek aan die Rand betref,weet ek net van Inkwe langs die N1 (Pretoria Oos), is nie seker hoe ver dit van Bryanston is nie, maar dit is 'n baie gawe en still oord, sommer naby die N1, maar ver genoeg om nie die pad geraas te hoor nie.

Ken nie Muldersdrif wat Geert noem nie.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 14/11/2023 - 07:33

Môre Johann..............................................en dankie en ook aan Geert. 

Sovêr is die plan dat ons van Nelspruit af sal ry en sien hoe voel ek as ons naby JHB kom en dan maar 'n besluit neem. 

Ons dogter bly in 'n "estate" en sal uitvind dat as ons slegs oornag by hulle of die karavaan dan daar kan staan. 

 

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 14/11/2023 - 08:00

Môre Jan, hoop jou dogter kan die vergunning kry. 

Behalwe vir die oord wat Geert aanbeveel het, twyfel ek of jy ordentlike ander verblyf opsies het. 

Ek het geen kennis van oorde tussen JHB en Kroonstad nie. Wat ek wel weet is dat die woonwapark by Kroonstad vermy moet word.

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 14/11/2023 - 11:10

Ek glo dat dit nie 'n probleem sal wees as jy net oornag in die estate nie, mits daar spasie is, ons stop baie in Midrand by my skoonsuster (ook in 'n estate) 

"Gelukkig" is daar egter nie spasie vir 'n voertuig met karavaan vir oornag niewink

Dit klink in alle geval na 'n beter opsie om by jou kind te oornag.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 19/11/2023 - 07:32

Môre Jan, hoe gaan dit nou na verwydering van gruisklippers uit die filters? Maak julle al reg vir die langpad huistoe? 

Dalk het jy al genoem, maar ek het vergeet, het julle reeds 'n huis gekoop in Knysna. Ek lei af dat julle reeds gekoop het en Kersfees daar gaan spandeer.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 19/11/2023 - 20:53

Naand Wessel............................................dankie alles werk reg en voel baie goed. 

Laat in Knysna aangekom nadat ons eers in JHB en gisteraand in Forever Garieb oorgebly het. Plan was om by Reynecke Park te oornag maar het 2uur in Boemfontein aangekom en dit was te vroeg vir ons. Het toe deur gedruk Garieb toe. Eerste keer dat ek in Garieb kom en was baie beindruk met die mooi oord.

Vanoggend by Garieb weg. Môre na Plettenberg Baai Forever oord tot Kersfees. Al ons kinders trek saam vir Kersfees by ons seun in Knysna. In die nuwe jaar gaan ons bietjie Weskus se rigting. 

Nog nie huis gekoop nie en meubels is gestoor in George. Gaan terwyl ons hier is rond kyk en sien of ons hier wil vestig. Op die oomblik staan Sedgefield ons aan. Gariep Firever oord

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 20/11/2023 - 05:37

Môre, ek is bly dat julle veilig daar onder aangekom het.

Gariep is 'n pragtige oord, en baie gewild oor die Desember vakansies. Dan wemel dit daar, en geen oop plekke te siene nie.

Geniet die huis soekery. Sedgefield is oulik, en op die oog af, nie so vol en bedrywig soos George en Knysna nie. Ek het net deurgery verlede jaar, maar nie na die woonbuurte gaan kyk nie. 

 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Mon, 20/11/2023 - 20:17

So arriveer................................................ons by Plettenberg Forever oord op die Keursboom rivier. Hier gaan ons vertoef tot die 10de Desember. 

Nog 'n baie mooi oord met bome en groen gras en meeste staanplekke het plaveisel. Ons was gelukkig en het 'n staanplek teenaan die rivier gekry met 'n pragtige uitsig. Die ablusies is ook skoon en goed toegerus. Sien die manne wat gereeld hier staan het almal stormtoue op. Wind kan sekerlik sterk in die kloof opkom.

Bietjie moeg na die groot opslaan maar hoop om my krag weer gou terug te kry. Neem dit maar rustig en slaan in paaiemente op.wink

0
Worcester

Wildehont

Mon, 20/11/2023 - 21:07

Ek het wen aand in Desember’97 daar ervaar hoe die wind daar kan afkom. Ons het in ‘n nylon boogtent geslaap toe word ek wakker van die wind wat die tent platgedruk het tot teen my gesig. Hier waai juis ‘n woeste wind by ons in Worcester vandag, en dit reën. Die stelsel kan dalk julle uitkom oor ‘n dag of twee. 
 

Geniet dit daar, dis ‘n pragtige omgewing. 

0
Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 10/12/2023 - 06:26

"....waar is julle nou?"

 

Geert ons is nou tot na Kersfees by ons kinders in Knysna. Te duur om nou te kamp vir pensioenarisse. Gaan groot familie saamtrek wees. 

In die nuwe jaar sal ons Karoo Nasionale Park toe gaan en dan die Weskus besoek. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus