Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -9 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -9 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -10 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -10 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -10 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -11 hours ago

Meyer's se droom toer.

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So breek die oomblik aan........................................en kon ons die toer begin in Durban.

Na harde werk om die huis netjies en ordentlik agter te laat is die sleutels Sondagoggend om 7uur aan die agent oorhandig. Daarna is die Classique gehak en ons die pad na Johannesburg aangedurf. Pad was redelik stil en na byna 57 jaar van werk jaag niks ons meer nie en het rustig gery. Kon dit sien aan die brandstof verbruik wat my nogal verbaas het want ons is swaar gelaai.

By ons dogter aangekom en  ons seun het Vrydag geland van Papua New Guinea af vir sy vakansie. Gaan 'n paar dae saam kuier. 

Droom toer

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 01/11/2023 - 16:21

Chris.................................................................ons is bespreek by Eiland Spa van Sondag af. Daarvandaan wil ons einde November begin om ons weg te vind na Knysna. Wil vir kort tydperk by  Karoo Nasionale park stop want ons sal volgende jaar daar langer kamp. 

Familie saamtrek in Knysna vir Kersfees en wil daar wees voordat die paaie besig word in Desember. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 01/11/2023 - 18:49

Dr. het rekening direk vir mediesefonds gestuur en ondersoek en medikasie het my R486.00 gekom. Uitstekende diens gekry.

Ek is bly hulle kon jou mooi help. Ons het Julie maand weer heeltemaal die teenoorgestelde ervaar. Ek sou graag wou weet hoe werk hulle prys struktuur.....ons moes R800 net vir die besoek neersit waar hulle gesê het ons moet dit self terug eis van fonds. Dan het ek n voorskrif vanuit Pretoria daar gehad vir my bloedklonte.....hulle moes eers google om te sien watse pille dit was. Daai Dr het nog nooit van dit gehoor nie.....en met navraag of hulle enige iets anders vir bloedklonte het, was dit nee, hulle het absoluut niks gehad nie. Ons het toe Hazyview toe gegaan na Clicks waar die student apteker direk geweet het van watter pille voorskrif praat.....blykbaar baie algemeen....ook iets wat hulle altyd in voorraad hou. In Pretoria moes ek aangaan met die pille.....was oral baie bekend vir aptekers en is vrylik beskikbaar. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/11/2023 - 06:55

Gedagtig aan ons ervaring by die stasie, asook Jan se besoek, en dan die onbeholpenheid wat Geert ondervind het, wonder ek nou;

Hoeveel personeel en dokters is daar verbonde aan die mediese eenheid. Kan dit wees dat Geert net per ongeluk 'n onervare dokter getref het, en ons nie.

Ongeag, dit is gerusstellend dat daar dokters beskikbaar is. Ten minste kan mens daar begin, voordat mens dalk onnodig uitwyk na buite dorpe.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 02/11/2023 - 14:59

ons is bespreek by Eiland Spa van Sondag af. Daarvandaan wil ons einde November begin om ons weg te vind na Knysna. Wil vir kort tydperk by  Karoo Nasionale park stop want ons sal volgende jaar daar langer kamp. 

Familie saamtrek in Knysna vir Kersfees en wil daar wees voordat die paaie besig word in Desember. 

Ek was nog nie by Eiland Spa nie, maar die foto’s lyk lieflik en dis nog in die bosveld (my hart se punt). Dit lyk ook na ‘n goeie plek om te ontspan en lekker te kuier saam met ander mense. Julle moet dit geniet nadat julle die laaste paar aande in die wildtuin geniet het. Ek het gister probeer uitwerk hoe lank dit nog is voor ons weer wildtuin toe gaan, maar dis nog heeltemal te lank om oor opgewonde te raak. 
 

Karoo NP is ‘n lekker plek. Wat is julle roete daarheen? Van daar af Knysna toe is darem nie ‘n te besige pad nie. Ek glo meeste Transvalers wat Tuinroete toe gaan ry seker eerder die N9? Julle moet maar net die naweek van 15 Desember van die pad af bly. En ook die dag voor dit wanneer die skole sluit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/11/2023 - 15:25

Middag Jan

Ek wil aansluit by Chris S met raad. 

Oorweeg dit om maar eerder julle oorslaapplekke te bespreek, veral as julle terugkeer saamval met skoolvakansie datums. Veral KarooNP en Aventura Gariep is baie gewilde oorslaapplekke. 

Ek het al gesien hoe vol Gariep kan wees. Die ouens beset die staanplekke so met die ekstra treilers vir bote, Jetski's dat mens kwalik jou bespreekte lee staanplek kry. Ek het gesien hoe ouens sommer net op die plaveisel voor die ablusieblok oornag. 

Onthou van die nuwe plek neffens Aventura Gariep, genaamd Waschbank. Volgens Lapskag is dit aan te bevole. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 02/11/2023 - 16:42

Hallo Jan !  Ek is baie bly jou mediese probleem kon in Skukuza opgelos word.  Dis juis hoekom ons twee weke in Mei 2024 in Skukuza gaan kamp om naby mediese hulp te wees vir ons ou twee kranklikes.  Jou ervaring is darem 'n mate van gerusstelling.

Iets anders : as jy julle Porta-Potti gaan leegmaak by die ablusie, onthou vir wie jy moet bedank vir die fasiliteit.  Ek het in 2017 'n lawaai opgeskop omdat daar nie so 'n fasiliteit is by die grootste kamp in die Wildtuin nie.  Ek het 'n netjiese brief van SANParke se hoofkantoor gekry dat hulle dadelik aandag daaraan gee. Drie maande later kry ek 'n brief om te sê die fasiliteit is by alle ablusies in Skukuza aangebring.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/11/2023 - 17:15

...met die afbreek en wegpak van jou vakansie-chalet. Ongelukkig is dit die slegte deel van 'n woonwa vakansie, daai afbreek.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 05/11/2023 - 18:57

...staan jou vakansie woning by Die Eiland? Ek hoop julle kon weer 'n lekker staanplek met heeldag koelte kry. 

Julle is seker omtrent alleen daar, of nie. Laat kom maar 'n paar fotos en verslagdoening. Onthou, ons reis saam tot by Knysna.  

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 05/11/2023 - 20:51

Effense terugslag.................................................het my toe oorgekom. 

Die medikasie wat ek gekry het, het vir twee dae gewerk en toe kon ek glad nie urineer nie.  Met die raad wat die Dr. in Skukuza vir my gegee het as dit nie werk ek 'n kateder sal moet kry is ons Donderdag vroeg weg in die kamp want die pyn was ondraaglik en Medikliniek in Nelspruit besoek. Is dadelik ingeneem en kateder is ingesit. Binne twee minute is 2liter gedreineer en gedurende die 3ure daar nog 2liter. Alle toetse is gedoen en is ek aangesê om huis toe te gaan en Saterdag weer terug te kom om die kateder uit te haal. Ons is terug Skukuza toe en het ek Dr. daar gevra of hulle die kateder kan uithaal wat toe Saterdagoggend 10h00 gedoen is. 

Het toe vir ekstra dag in Kruger betaal en Eiland laat weet ons kom 'n dag later. Vandat die kateder uitgehaal is het ek weer niks urineer nie en laasnag besluit dat ons oppak en terug Nelspruit toe gaan eerder as verder na Eiland en van mediese fasiliteit en familie af. 

Vanoggend 06h00 uit Skukuza uit en weer kateder in hospitaal ingesit en 1.75l gedreineer. Het afspraak met Uroloog môre en sal maar wag om te hoor wat die uitslag is. Gelukkig is Elmarie by ons dogter want ek wou haar nie alleen in vreemde plek los nie. 

Weereens Eiland laat weet dat ons nie weet wanneer ons daar gaan uitkom nie en hulle het gesê dat ons Dr. brief moet stuur en hulle betaal ons  geld terug. 

So sal môre weet waar en wanneer ons toer kan voortgaan.

Len -  ek sê dankie vir jou.  Die leegmaak van die Porta-pottie is nou baie gerieflik en naby en hoef ek nie meer te ry daarvoor nie. 

Wil ook later my opsomming  hier doen oor ons kuier in die Kruger en veral Skukuza. 

 

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 05/11/2023 - 21:48

..................oor die laaste struikelblok wat julle by Skukuza getref het.  Ek is egter bly jy kon darem mediese hulp gekry het en dat jy nou deur 'n uroloog gesien sal word.

Dit laat my baie dink aan Mei-maand verlede jaar toe ek die laaste drie dae van ons maandlange Wildtuin-vakansie moes oppak en 2000km huis toe moes keer vir 'n operasie.  Gelukkig het my seun ons kom haak en Kaap toe gehelp met die karavaan.

Ek sien uit na jou verslag oor julle lang Skukuza kamp want dis ons plan ook volgende jaar Mei.

Ek wens jou sterkte en herstel toe sodat julle toer voortgesit kan word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 06/11/2023 - 10:46

Ons hoop saam dat die loodgieter die probleem sal vind en spoedig oplos sodat julle toer verder kan gaan. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 06/11/2023 - 20:32

Skukuza verslag.................................................soos ons dit ondervind het. 

Met ons aankoms  in Skukuza op 16 Oktober was die kamp baie vol en was ons gelukkig om 'n lekker koelteboom te kry. Kamp was baie stiller laaste 10 dae.

Die ablusie was altyd skoon behalwe vir die dag wat dit gereën het wat verstaanbaar is. Het ten spyte van vol kamp nooit gewag vir 'n stort nie. Elmarie het die karavaan badkamer gebruik. Net eendag was daar nie water in die storte nie maar wel by die toilette en wasbakke. Dit was gou herstel nadat ons die skoonmaker ingelig het. 

Die winkel het altyd vars groente, vrugte, eiers en brood gehad maar wel teen 'n prys. Bly net weg van die winkelarea tussen 12h00 en 14h00 want dan is al die groentrokkies daar. Res van die dag redelik stil. Het vleis by die nuwe slaghuis gekoop en die prys was redelik. Wafel kiosk se wafel en roomys was heerlik en het ons dit 'n paar keer ondersteun.

Brandstof was altyd beskikbaar maar duur. Die treinsrasie restaurant het uit hulle pad gegaan om die werêldbeker half en eindstryd te wys op vele TV skerms en selfs stoele daarvoor gereël. Die gees was soos om op 'n pawiljoen te wees.

Personeel het gedurende laas week die bosse en bome in die kamparea naby die swembad  "getrim" en dadelik die takke weggery. 

As ons kon kies sal ons die kamparea regs as jy om die sirkel is gebruik want daar staan meer kampeerders vir paar dae en heelwat stiller. Die area waar ons gestaan het naby die swembad word baie deur oornag en daktent kampeerders gebruik en dit is nogal besig. Het ons nie regtig gepla nie want het lekker op ons stoep gesit en dinge gaade geslaan. Braaiers selfs my eie een is daagliks skoongemaak. 

Baai groot pluspunt is die dokters en apteek wat ek ongelukkig gebruik van moes maak. 

Ons sal beslis weer van Skukuza gebruik maak want wild besigtiging was goed en daar is heelwat verskillende paaie om te ry.

Ten slotte dankie vir die goeie wense. Kan eers môre afspraak kry en sal dan uitslag weet wat voorentoe wag en of ons ons planne moet aanpas. 

 

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 06/11/2023 - 21:06

Dankie vir die omvattende dog bondige verslag. Dit klink heel positief en is goed om te hoor. Weereens sterkte môre en ons hoop vir die beste. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 06:32

Môre Jan en ander 

Ons het al die kamparea regs nadat mens regs by die sirkel gedraai het, gebruik. Soos mens in die deel inry, het ons aan die linkerkant gestaan. Dit is redelik plat met bome en struike aan die kant wat lekker koelte gee. 

Die regterkant het moeilik begaanbaar gelyk. Van die staanplekke daar is teen die draad, en na my mening moeilik bereikbaar met 'n groot woonwa. 

Wat het jy met julle woonwa se stortwater gemaak, met pype weggelei of opgevang in 'n kan.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 07/11/2023 - 06:55

Môre Wessel,..................................................omdat ons alleen op daardie area gestaan het, het ek die water direk in die drein laat uitloop met 'n pyp.  Het kan byderhand gehad indien iemand daar wou indruk. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 07/11/2023 - 16:12

Hospitaal toe.................................................met my môre. 

Uroloog gesien en prostaat is redelik geswel van blaasinfeksie wat ek gehad het. Hy vind niks verder as die normale grote vir my ouderdom nie maar het voorgestel dat hy die prostaat skraap om 'n groter opening vir urine vloei kan maak. Dit sal ook help vir later jare. 

So niks erenstig nie behalwe dat dit 3dae in die hospitaal is en dan vir 2weke my stil gedra en nie vêr bestuur nie.

Sal maar vergadering hou met Elmarie op die pad voorrentoe maar beskou dit net as tydelike oponthoud. Eersdags weer oppad. smiley

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 07/11/2023 - 16:28

.... jou sinsnede " hy vind niks verder", verwys seker maar na kanker van die prostaat. Het jy 'n bloedtoets onlangs gehad, wat negatief uitgekom het? Indien wel, kan jy mos ontspan.

Nou wat is vêr stilsit [bestuur], so 400km per dag of dan 5ure agter die stokke. Kan die beterhelfte sleep??

Sterkte. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 07/11/2023 - 16:53

Dankie dat jy ons op die hoogte hou van julle tydelike struikelblokkie.  Ek is baie bly dat niks ernstig fout is nie en teen die naweek is alles oor en uit en kan die toer lekker voortgaan.  Sterkte vir julle albei !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus