Na die " onbeplande in die pad val" gesels van nou die dag, is daar so paar trips wat ek kan deel wat dalk nie die normale Badplaasvakansie avontuur gevolg het nie. Maar net as die makkers die afgesaagde detail wil hoor.
Wat ek vir nou in gedagte het, was ń trip na Madagaskar.
Op n dag toe die Getaway tydskrif nog jonk was, sien ek so klein advertensie agter in. "Ekspedisie na Madagaskar" Groep van uiteenlopende professies wat ń toekomstige ekotoerisme moontlikheid kan bevorder in ń afgeleê deel van Madagaskar. Kontak Prof F vir telefoniese onderhoud. So gemaak, en vir finale keuring is ek en Vonnels Kaapstad toe. Sosiale geleentheid, kyk of ons drank kan hanteer, nie veel meer nie.
Ons is in. Groep van n dosyn. Marine bioloog, komputor bof Plantkundige, Siviele engineer, dokter ,onderwyser, tydskrif redakteur, die uwe en dan Prof F en sy crew van dreadlock post grad studente.
Laat weet .
Bagasie
Wessel, as ek reg onthou was die hele groep 14? Geen tafels of stoele nie, klein 2 man tentjie vir ń couple, sonder matras. Daar is borde eetgery, potte,ketels en bietjie droeë rantsoene saamgevat wat in trommels vervoer is. Daar was ń paar keer van " Porters" gebruik, en ek dink so ongeveer 20 kon als baasraak. Ek het nie juis baie na die detail opgelet nie. Ons het lig getravel.
Laat ek vertel van die binnelandse vlugte. Ons het van ń paar gebruik gemaak met die terugkomslag . Na Nosy mMangabe waar ons laaste deel van die toer was. Google die eiland.
Elk geval, vir binnelandse vlugte koop jy ń kaartjie. Soos ons destydse trein of bioskoop kaartjies was. Dan gaan staan jy in die bondel by die deur. Sodra die vlug reg is, word die hek oopgemaak, en die koppe word getel soos dit verbygaan. As die getal vol is, stop dit die toeloop net daar, en jy moet wag vir die volgende vlug. Miskien vandag nog, môre en enige tyd, nie vasgestelde skedule nie. Een keer het die gedruk van mense tussen my en Von ingekom, en daar stop hulle dit reg voor haar. Gelukkig het n barmhartige prof wat reeds deur was sy plek met Von geruil. Hy het n aaklige aand deurgebring, en eers die volgende middag met ons opgevang.





Herman...
...dis darem baie bagasie vir hoeveel mense??? Dis seker tente, stoele, tafels, kos en drank. Dan nog elke persoon se eie bagasie.
Dis 'n ander tipe avontuur, en mens sal bereid moet wees om effe vuil te word!!