Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -9 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -17 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -19 hours ago

12volt/220volt ys en vrieskas

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on
Forums

More almal. Vandag uitgevind ons motorhome se 80 liter engel yskas se 12 volt power supply het opgepak. Die koste om te vervang R4000 !!!!!!!Die yskas moet aan wees terwyl ons ry. Nou moet ek inverter kry...

..

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 13/08/2024 - 16:44

Invertors is nie vrek duur nie, maar jy gaan nie teleugesteld wees nie.

Hou net in gedagte, dat die goed ook krag trek en dat jy nie die motorhome te lank op dit alleen los nie (toets batery vir genoeg krag om die enjin te draai)

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/08/2024 - 17:00

Middag Jeanne en Johann

Verskoon my opmerking, moontlik uit onkunde. 

So terwyl julle ry wil jy 12V van voertuig met omseter opjaag na 220V, om die kas op 220V te bedryf.

Jy sal 'n berekening moet maak om 'n grootgenoeg omsetter te koop. Ek sal raai, dit moet die maksimum "start up" Watts van die kas kan lewer. Dan moet jy ook kyk wat is die stroom [amps] effek op die karbattery en altenator.

Dalk is dit goedkoper om die kas se kragbron te vervang, as om al die modifikasies, bedrading, uitklik skakelaar, omsetter ensovoorts aan te skaf. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 13/08/2024 - 17:29

Jeanne, gaan gerus die 12v konneksies nagaan.

My 60l Engel het dieselfde fout getoon, twee keer in 20 jaar, en ek kon elke keer  die probleem opspoor as       " corroded" terminals waar dit inprop op die yskas.  Dit is nogal moeilik om te sien omrede die " female" konneksie op die kabels nie oopgemaak kan word nie.

Kry van die electrical terminal cleaner, en spuit dit in. Ek kon ook met ń baie dun stukkie gereedskap die terminale kon effens toebuig vir stywer kontak maak. 

Ek verwys spesifiek na die 12v kant. Daar is ook ń 10 amp fuse waarvan jy die kontakte van moet skoonmaak. Voorspoed

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/08/2024 - 17:37

Jeanne, moet asb nie die Blixem produk gebruik nie.

Ek het dit op Brad Harison proppe gespuit en binne sekondes verander die BH prop in taai gemors, wat plak soos gom. Ek kon amper nie die 2 proppe uitmekaar getrek kry nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 13/08/2024 - 17:49

Na my mening behoort 'n 1 kw inverter oor genoeg krag te lewer, maar dit is net my beskeie opinie. Sit dit met 'n 80amp inlyn smeltdraad en 'n aan / af skakellaar tussen die batery en die inverter en jy behoort reg te wees.

Maar, kry profesionele inligting, onthou, my lekkerste drie jaar op skool was die drie jaar in std 3wink

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 13/08/2024 - 18:43

Wessel, ek dink jy het dalk " drain cleaner" gebruik.devil Maak Blixem ń spesifieke electrical terminal cleaner wat dan plastiek hulsels oplos?

Johan, jy weet dat motors ń pure Sine Wave verkies. Van die goedkoper invertors is modified, en nie die beste vir motors nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/08/2024 - 19:24

....nee man, ek hou drain cleaner om saam met battery suur by my dop te gooi-----aansienlik meer skop, EN die rioolstelsel kom sommer skoon laugh

Die Blik Blixem wat ek spesiaal gekoop het voor ons Kruger toe was, is spesifiek vir "electrical contact cleaner" gemerk. Daar is in fynskrif so 'n effe waarskuwing teen materiale wat NIE daarmee gespuit moet word nie. Ek het gelees en nie gedink dat dit BH prop materiaal ook dek nie.

Stem saam met neef Herman---slegs "pure sine wave" omsetters. Seker in keurige afrikaans, "pure sinus golf" vir ons kakieklere brigade.laugh 

  

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 13/08/2024 - 21:09

Sover loop my yskas nou al meer vier jaar op 'n modified sine wave (goeie afrikaans Wessel devil) inverter (1 kw) en hou nog goed,  ek hou duim vas.yes 

Dit is 'n moderne Hisense yskas, maar ek moet ook noem, dat dit net op die inverter is wanner daar nie 220volt is nie, dalk die verskil, en my geluk?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 13/08/2024 - 21:10

Nee man sinus is 'n soort siekte wat jou laat snuifdevil

pure sinus golf" vir ons kakieklere brigade.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/08/2024 - 05:16

...afrikaans lol maar in 'n tegniese/wetenskap werkomgewing, waar die engelse omskrywings makliker vir almal was.

Ene wat nogal lagspier prikkelend is, is die afrikaans vir "core box wall" Dit is die kant van die reaktor. Nou in afrikaans het dit amptelik geword " kerndooswand". 

In my studentedae het ek 'n tegniek gebruik met 'n kernversneller;

Rutherford backscattering spectroscopy of dan 

Rutherfordterugverstrooiingsspektroskopie. 

Dink nou aan die praktiese, ek moes dit in 150 bladsye tesis by herhaling skryf/tik sonder 'n spelfout, en dit moes 1 woord wees.    

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/08/2024 - 11:11

............darem lekker tussen die lyne met jou lywige tesis.  Die naaste wat ek aan 'n tesis gekom het is my testis !

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/08/2024 - 12:16

...nee wat, ek spog nie. Dit is mos maar my lewensverhaal en bly my verwysingsraamwerk. Net soos ander se staaltjies en  ervaringe spruit uit hulle werksomgewing en kundigheid. Jy deel byvoorbeeld finansiële begrippe waarvan ek weinig kennis het, maar ervaar dit nie as 'n gespog nie. Netso is daar vele ander lede wat gerekende manne in hulle werkomgewing, hetsy tans, of in verlede, is.     

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 14/08/2024 - 13:06

... jy moet tog laat weet of daar fout was op die proppe/kontakte, en/of wat jy besluit het om te doen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 14/08/2024 - 13:28

.............stadig ou maat, ek trek sommer jou been  -  ek het sommer 'n geleentheid gesoek vir 'n flou grappie.

Ek het die hoogste agting vir akademici, die navorsing wat hulle doen en die eindresultate.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/08/2024 - 18:47

die mooi woord vir "modified sine wave" sal seker wees;

aangepaste sinus golf

Dis sommer my vertaling en nie volgens 'n tegniese woordeboek nie. Lank gelede het my ou werkplek nog 'n taaldienste groep gehad, wat taalversorging gedoen het. Hulle het 'n omvattende tweetalige woordeboek opgestel vir tegniese terme en woorde, van toepassing by die werk. Ongelukkig het ek dit nie geneem met aftrede nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 15/08/2024 - 19:46

Nou sê daai woorde boek is 'n "selfstarter" in afrikaans?devil

Nee wat ek het sommer net gespot daai inset.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/08/2024 - 19:52

....sekerlik nog 'n humoristiese ene.

selfstarter ====knormoer.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus