O genade, daar breek die teoretiese Lente aan. Brits omgewing se somer het amptelik vanoggend begin, maar ons brul al van so 10 dae terug.
Julle moet tog nou mooi oplet en hier klets, moenie in die verlede van laasmaand gesels nie, netnou is ons terug voor '94![]()
Ek kyk vanpggend na baie lekker moerkoffie wat ons koop. die pakkies is in mooi bruin met allerhande 4 kleure. Afkomstig van Vryheid, en 'n uitdrukking op die pakkie lees--- "die koffie wat 'n nasie laat opstaan." Ek drink elke oggend 'n paar bekers koffie, maar die nasie is maar traag.![]()
Ook is daar 'n gedig van ID du Plessis op gedruk. Dit is rerig baie lekker koffie, en 2% van koste gaan aan boerehulpskema.
Goeie middag julle
Vertrou gaan goed met almal loer net in aan my kant gaan dit regtig goed was vir n week in Phalas gewees ook maar droog in daai wereld volgende naweek kamp by De Voetpadkloof se boskamp met bakkie en RTT. November kamp vir n week by Natalia ja lewe is n lied mooi loop
Lekker naweek
Afgelope naweek in Mosselbaai was regtig eersteklas. In ń 5 ster gastehuis oornag. Spliternuwe gebou, bitter netjies, maar nie my en ouma se smaak nie, net te blink.
Die motorskou het nie aan verwagting voldoen nie, jammerte. Die gedagte van ou sportmotors het ontbreek, ek dink daar was so 4 Benze. Moderne motors ń paar, maar ryk manne se daily runners. Ons gasheer het na hulle as die Mosselbaai Mafia verwys
. Dan ń paar DKW's en ń Anglia met ń cross flow vuurwarm Cosworth enjin. En ń paar ou veterane. Basies was die dieselfde tema as George se jaarlikse motorskou, net baaie kleiner.
Wat neef se ogies laat train het, was die kostes deesdae, ek het agter gebly in die 2000's lyk dit my. Vis en chips met ń bottel wyn skud so R700.00 uit die sak vir ons 2. Brekfis, ń lekker fry-up met 2 koffies so R 450.00 vir twee. Ons het die net aansit etes gedoen die naweek, ouma se break van potte, en myne van skottelgoed wegpak.![]()
Die Zipline kan jy ry vir R950.00. Ons het toe nie ![]()
Maar dat dit die bederf die moeite werd was, verseker.
Grompie se kajuit filter
Nadat ons van die Kruger NP af terug is, ruik ek stof sodra ek die lugreëling aanskakel. Vanoggend los ek toe die belangrikste niksdoen take, en met gesukkel kry ek die filter uit. Dit sit gewoonlik agter 'n Hilux se paneelkissie.
Kry vir Kirby uit, sit sagte borsel aan en suig die filter van alle kante skoon. Nou is die stofreuk redelik weg.
Ek wonder of die filter met vorige twee diensplan dienste vervang was, derde diens is so 2000km verder.
Chris S....
....as dit my Prado was, het ek elke dag 'n rede gesoek om daarmee te ry.![]()
Het jy nog so baie voertuie op jou naam/werf?? Neem jou gladnie kwalik dat jy klou aan die spinnekopnes nie![]()
Die manne is gewoonlik laks…
Die manne is gewoonlik laks om die Pollen filter te vervang. Dit word egter nie met elke diens gedoen nie, tensy mens baie grondpad ry en daarvoor vra.
Meeste grondpad...
...wat Grompie loop is in wildtuine. Grompie het nou ongeveer 28000km op, en dalk is die helfte daarvan op grond wildtuin paaie gery.
Eintlik behoort die kajuitfilter slegs stof in te kry as mens agter 'n ander voertuig op 'n grondpad ry. Dit gebeur selde in 'n wildtuin dat ek in iemand se stof ry..
Wiele op my erf
Wessel, ek het mos besluit om die Prado te hou. Vir waarvoor ek dit kan verkoop kan ek skaars ‘n tweedehandse Fiesta koop.
Alhoewel die Prado baie lekker ry, het die Ranger meer wringkrag na die verstellings en dit kos R1,30 minder per km gemiddeld teen huidige brandstofpryse om daarmee te ry as met die Prado. Die Prado ry dus maar min.
Ek het ‘n slegte gewoonte om altyd ‘n voertuig se brandstoftenk vol te maak, en selfs al kos petrol nou “net” R21,70/l gaan dit my amper R3700 kos om die Prado weer vol te maak. Die Ranger maak ek so elke drie weke vol, en dit kos minder as R1000.
Afgesien van die twee is dit net Salomien se Fiesta en skoonsuster se Etios op die erf. Lg behoort gelukkig nie aan my nie. Die Everest is nog op my naam, maar ek druk nou die persoon vir wie ek dit sedert Maart verlede jaar leen om dit by my te koop. Dis ook ‘n saak van gebed. No good deed goes unpunished…
Die Everest is nog op my…
Die Everest is nog op my naam, maar ek druk nou die persoon vir wie ek dit sedert Maart verlede jaar leen om dit by my te koop. Dis ook ‘n saak van gebed. No good deed goes unpunished…
Ek hoop nie hierdie het ook nou 'n demper op julle vriendskap geplaas. Gewoonlik is dit maar die geval.
Wêreldsgoed
Ek hoop nie hierdie het ook nou 'n demper op julle vriendskap geplaas. Gewoonlik is dit maar die geval.
Ek is gelukkig nie bevriend met hom nie. Ek het gedink ek gaan hulle help vir ‘n paar weke of ‘n maand tot hulle Pajero weer reg is, maar dit het toe anders uitgewerk. Hy het ‘n paar persoonlike uitdagings beleef intussen, en ek wou nie iemand wat lê nog skop ook nie.
Dit het my egter intussen ‘n klomp geld gekos aan versekering en nog meer aan waardevermindering want gulle het klomp km opgesit. Na my terugslag met die Ranger in die wildtuin het ek besluit om maar ‘n streep in die sand te trek. Hopelik kan hy ‘n plan maak vir die fondse, want as hy dit nie koop nie gaan ek minder moet aanvaar van iemand anders weens die hoër km.
Ai Chris, jy is 'n goeie…
Ai Chris, jy is 'n goeie mens. Ek het die naweek in JHB weer met my skoonseun se Everest gery, en weereens besef watse nice voertuig dit is. 'n regte donkie enjin maar so 'n lekker voertuig, alhoewel hy die handrat weergawe het.
Ek maak so
Ek sal paar fotos neem van boskamp en diere sien baie daarna uit mooi loop
Wees gegroet. Die jaar loop…
Wees gegroet. Die jaar loop met spoed en ons het nog net een keer gaan kamp. Skande ja ek weet...
Elektriese neuswiel
Daar dop my katoeter vanoggend 'n toets. Met die oog op volgende week, toets ek vanoggend of my elektriese neuswiel die wa op die geelwig sal kan trek/stoot. Dit kon nie, die wieletjie staan en spin net op die plaveisel.
Ten minste weet ek nou dat ek altyd 'n staanplek moet kies waar dit moontlik is om die wa met die bakkie op die geelwig te trek/stoot. Daarna moet ek Grompie nog daar kan uit rangeer, vir rondry.
Ek sal moet uitvind of ek "movers" op die Kavango kan aansit.





Rona
Die oord waarheen ons gaan is weer Wagonsdrif. Dis die plek waar ons saam met Voortrekker (Anton) by sterre naweek was en ons was met klompie vriende weer daar gedurende paas naweek....so daar gaan miskien nie veel nuuts wees om te vertel nie. Ons gaan hierdie keer saam met ons Kerk se gemeente naweek....is altyd heerlike gesellige naweek