Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.
Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard het, die spesiale geleentheid hier deel.
Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.
Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.
Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep.
Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.
Groetnis.
Dankie dat jy die weer-bestelling geplaas het.
Gister was hier 'n wind-waaiende, mislike koue dag. Vandag fantasties en windstil
Ek hoop regtig jou bestelling word môre uitgevoer.
My inpakkery loop hierdie keer maar sukkel-sukkel - ek sal nog kom verduidelik hoekom.
Vanoggend half ses al aan…
Vanoggend half ses al aan die gang... met niks om te doen nie. Besluit toe om die Cruiser se enjin te gaan was, wil nou nie by Len hoor dat ek slapgat is nie. En daarna is dit gewas en gestofsuig. Daar moet ń polish een of ander tyd gedoen word, vol karakterskrapies, nes oupa se lagplooitjies.
Chris, dankie vir die reel vir mooi weer. As dit kan sit so paar vinnige buie in vir laat middag. Die veld ruik dan darem sooo lekker.
Weet die maters wat veroorsaak die aangename reuk, dit is nogals interessant. Een rok en twee kouse. Dankie Wildehont.
Karoo rakkers!!!!
Gaan julle om saam te kuier, of onderling te spog???
Aangename reuk----seker maar die nat bokmis en bossies![]()
Die nuwe naam
Wessel se "Karoo rakkers" (of een woord?) klink sooo reg!!
. Ek hoop dit het gekom om te bly. Geniet dit, Chris wat reeds daar is en die res wat nog gaan opdaag!
Rona......
....los dit 2 woorde Karoo rakkers.![]()
Kan jy dink hoeveel k 's erre, is dan in een woord. As Herman se beleë voggies eers vlam vat, kan dit tot allerhande verbuigings lei.
Interessant
Chris, en het aan presies dieselfde gedink, maar gereken ek moet liefs net shurrup
Verder is daar ook 'n verskil in kouse en sokkies sover ek dit het. Kouse is lank en word opgetrek tot onder die knieë terwyl sokkies die kortes is wat net maats bly met die skoene?
Jitte maar julle is…
Jitte maar julle is puntenerig !! Kousss het ook ń es in !! Ja, rokkie met die klem op die kie sal saam sokkies gaan. Maw jong en aanvalligge meisies van so, hoe sê Wessel, so 17/18 jaar.
Ouer dames, die met paar myle op, dra rokke en kouse. En hulle spel beter as die jonges.
Die beelde wat in Chris se geestesoog is waneer hy interessant skryf, sal nogals interessant wees as jy in sy binnetv kan loer. 17/18 ![]()
Wessel, ek gaan liefs nie van die lawaaiwater saamvat nie. Die klomp ou mans vat netnou die " Rakker" gedagte ernstig op, en dan moer die ouer dames my.
Herman...
...nou word ek sommer betrek by beelde van aanvallige meisies.
Los liewer die lawaaiwater, sodat die ouer dames nie ondeunde knormoere word nie.
Ek hoop Chris B het gaan voorraad aanvul, om soos julle daar insleep, darem die nodige versterkwater/lawingsmiddels byderhand te hê, vir die staning soekery, woonwa rondstoot en opslanery.
Ek hoop ...
... die twee rakkers wat môre hier arriveer kry plek as hulle hier aankom. Die park lyk my weer tjok en blok vanaand nadat die klomp 'motor homes' hier weg is. Hulle voorkeurplekke van laas is tans beset.
Wessel, dit is dalk 'n goeie verskoning - om te gaan lawaaiwater koop as die twee hier aankom. Dan hoef ek nie te help opslaan nie.![]()
Herman,.................
.............dit lyk vir my of die enigste rakker wat reeds daar is en die ander ou spulletjie wat tuis is (behalwe Jan) sien nogal uit om ons te sien arriveer. Wat het jy bestel vir die verwelkoming ? Ek moet nog besluit oor my bestelling.
Voorbereiding
Ek was nog nooit voorheen so agter met my inpakkery en goeters doen wat gedoen moet word soos hierdie keer nie. En die rede is : ek het mos al vertel dat ek 'n spreivel het van alles wat gedoen moet word as ons gaan kamp. Ek merk elke item af wat in die wa of diePathfinder gelaai is - ek kan glad nie daarsonder nie. Verlede week besluit my getroue skootrekenaar om te kalf en daar sit ek, my spreivel kan nie gedruk word nie ! My seun spring toe in met die rekenaar, maar die betrokke foutiewe onderdeel sou eers gister bekom kon word. Ek moes toe maar voortploeter sonder my onthou-lys en ek hou niks van so 'n onordelikheid nie. Gelukkig, gisteraand bring my seun die laptop en ek kon toe my spreivel druk en daarop afmerk wat gedoen is en wat nie.
Ons is so 90% klaar en behoort darem môreoggend 07:00 gereed te wees om te ry. Kar en wa is darem gewas en wiele gepoleer. Meeste goed is ook reeds in die P/F en die wa ingepak.
Nouja, die kuiertjie het uiteindelik aangebreek.
Item vir die onthou lys
Onthou om die hoekstutte op te wen voor julle ry ![]()
Hierdie gesprekslyn....
met al sy opgewondenheid (tasbaar!) het veroorsaak dat ek nie bygehou het met die datum nie. So wens ek vir Len en Neef Herman veilige paaie môre. Hoop julle kry lekker staanplek en ook dat julle ons tuisblyers op die hoogte van sake sal hou met verslae en foto's. Mooi ry![]()
Veilig ry en geniet jul kuier
Julle almal moet veilig ry en geniet jul kuier. Jammer Pretoria is so ver, maar ons sal so saam op die forum met julle kuier. Foto's altyd baie welkom
Len en Herman…
Len en Herman..................................................is amper oppad en veilige reis vir julle.
Dan sal ek maar vandag ons wa ook uittrek en saam met die Ford was siende dat dit blykbaar die norm is. 😳
Pak is nie 'n probleem nie want my lysie het net twee items op. Drink en eetgoedtjies. Al die ander goed bly in die wa. Sal net die tenk en krane bietjie uitspoel.
Skielik pak die opgewondenheid my nou ook en sien nogal uit om die ander twee rakkers te ontmoet. Herman al by ons kom draai maak toe ons in Oudshoorn oorgebly het.
Daai 2 rakkers ...
... wat op pad is, moet nou nie te laat hier aankom nie. Neef se staanplek tydens die Herfsblare-saamtrek is beset, maar Len s'n langsaan het vanoggend oopgegaan en die een langsaan is ook tans oop.
Darem weer 'n lekker dag na twee dae wat die wind ons maar geroer het. YR voorspel 33° vir vandag.
Pak meubels
Mense met motor homes los mos ‘n tafeltje en twee stoele op hulle staanplek as hulle in die wildtuin op ‘n rit gaan. Trek die Hilux op een staanplek en pak julle tafel en stoele op die ander.
Ons het dit in 2021 gedoen toe ons die dag by Shingwedzi aankom om die staanplek te hou terwyl ek die Kavango se watertenk daar naby volmaak. So kom ander kampeerders daarna in die kamp aan, vou eenvoudig ons tafel en stoele op en skuif dit van die staanplek af.
Hulle argument was dat hulle en hulle vriende twee staanplekke bespreek het en langs mekaar wil staan. Ons kan mos op ‘n ander plek gaan staan. Ek het mooi verduidelik dat ons ongelukkig voor hulle daar was, en graag daar wil staan.





Julle ouens (Len en Neef)…
Julle ouens (Len en Neef) wat môre die pad vat hier na die Karoo toe, moet lekker julle laaste voorbereidings vandag afhandel - en veilig ry. Geniet die reis. Ek het 'n bestelling ingesit vir lekker weer terwyl julle hier is. Kom ons hou duim vas daarvoor.