Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.
Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard het, die spesiale geleentheid hier deel.
Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.
Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.
Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep.
Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.
Groetnis.
Die res van die Coke
Ek neem aan dit is gemeng met vuurwater in Oom Neef se glas?
Nee!!
Ek dink die ou hou hom nog ordentlik - dalk vanaand wanneer ons die saambraai beplan. Ons wag eers vir Jan wat nog vandag op pad is. Ons gaan sommer van die geleentheid gebruik maak om Joey's en Van Rensburg se boerewors teen mekaar op te weeg.
Ons het gister laatmiddag op Len se stoep lekker saam gekuier en 'n sondonnertjie geniet. Vandag word koelerige weer (20°C) voorspel.
As YR reg is, mag dit dalk neuk om Maandag met droë seile te vertrek. Die voorspelling dui dat ons vanaf Saterdag tot Maandag 'n bietjie reën kan verwag.
As ek alles hier lees en…
As ek alles hier lees en sien dan trek my kamp hart so 'n lang punt Karoo Nas Park toe om ook daar daar saam die "rakker" maats te kan kuier. Maar nou ja, ek moet maar vrede maak met die omstandighede en gun hulle die lekker kuier daar waar dit lekker is. Ons mis julle en julle geselskap baie hoor.
Wors kompetisie
Môre al julle Karoo rakkers
Ek wil julle net inlig dat ek my stem vir Armond formeel gegee het. Dit sal as 'n veto stem hanteer word.
Ek verwag dat julle die veto-stem sal respekteer, in my afwesigheid.
Ek, en sekerlik 'n menigte ander op die forum, wag in spanning op die uitslag. Nie net watter wors gewen het nie, maar ook die punte verdeling.
Aan die slaap?
Klink vir my of hulle meer slaap as enigiets anders daar in Karoo NP. Dalk sal Jan hulle wakker skud.
Oor die worskompetisie....
stem ek saam met Wessel. Vir 'n maand of meer is ons al opgewerk oor dié geleentheid. Julle klomp rakkers sal iets groot hiervan moet maak. Ons wag in spanning vir 'n volledige verslag met foto's![]()
Lees lekker saam aan julle…
Lees lekker saam aan julle toer en kuiers en praat niks! #Roofleser.
Hou met groot belangsteling die uitkoms van die wors proe dop.
Ons groot aanhangers van, Van Rensburgs se boerewors. Joey's al probeer, heel skaflik.
Neef Herman, Camp Roadhouse in Oudtshoorn hou Joey's boerewors aan. D&J vleis produkte bring dit in vanaf die Kaap en verkoop dit vanaf die Roadhouse. Ek het dit Maart by hulle gekoop tydens ons jaarlikse KKNK.
Rakkers moet dit geniet.
Ek lees verder
Ek wil darem ...
... net 'n regstelling maak. Dit is nie 'n worsbraai-kompetisie nie. Ons gaan net die twee onderskeie boereworse met mekaar vergelyk wat smaak aanbetref. Neef ken nie Joey's boerewors nie. VW sê dit is wel beskikbaar in Oudtshoorn. Ek en Len ken nie Van Rensburg se boerewors nie. Ek wens ek kon Oranje Slaghuis in Porterville se wors ook hier gehad het, of Malmesbury Superspar in "in house" boerewors. Maar dit kan wees dat smaak vanaand verskil - dis mos logies.
Ongelukkig kan Armond nie vanaand sy veto-reg stem kom gebruik nie. Hy't genoem dat hy sal kom inloer, maar dat hulle vanaand vir Appel (die sanger) in Beaufort-Wes gaan kyk. En môre-aand het hy 'n kameelpotjie aan die gang by 'n vriend. Ons klomp ouballies sal dus maar self ons keuses moet maak. Maar braai gaan ons braai.
Jan het darem intussen hier arriveer. Ons is dus voltallig. Hy en Len staan langs mekaar. Dit is waar die "rakkkers" vanaand gaan rumoerig raak.
Die pawiljoen raak al voller!!
Chris, ons praat nie van 'n worsbraaikompetisie nie. Dit gaan wel 'n worskompetisie wees aangesien elkeen sy/haar voorkeur-smaak gaan uitspreek. Dit tel stemme waar daar 'n wenner en 'n verloorder gaan wees
. Moet ons nou nie teleurstel nie.
- Hallo VW. Dit lyk asof jy die "game" saam met ons gaan kyk. 'n Bietjie opwinding vir die naweek sal nogals lekker wees. My plekkie is al ingerig met 'n tafeltjie langsaan vir die nodige verversings. Ai, die spanning loop hoog....
As Armond weet....
...wat hy gaan mis, gaan van sy Appel konsert net mooi dadels van kom. Nou het ek my veto stem op 'n bleddie appel gemors.
Nou gaan staan Jan sommer van meet af daar langs Len, ek hoop nie hy gaan sy stem ook langs Len s'n gooi nie. ![]()
Ek het geweet daar is 'n rede waarom Herman op nr 3 wegkruip. Na vanaand se rumoerigheid, gaan daar 2 Jurgense op die kamp se swartlys wees. Dalk moet julle met paar plakkate die ander kampeerders waarsku---die rakkers gaan hulle worse vergelyk, dit kan 'n lawaai afgee!!!!
Moet nou net nie julle brikette, trikette en wat se braaigoete ook name gee nie. Netnou word dit sommer Kole-issie, of is dit Ko-lissie of iets dergeliks.
Ai my rakker maters, ek wens ook soos Lapskag, om daar te wees. Met my wors ok![]()
Wessel,
dankie vir die waarskuwing - sal 'n plan moet maak want tans verwag ek 'n rowwe party innie Karoo. Jy sien, sommige is tjoepstil, ander praat so 'n bietjie en een moet nog opkom vir asem na die langpad. So reken ek die spannetjie is uitgerus en ons kan uitsien na groot vermaak vanaand![]()
Chev en Ford.
My voorlopige skatting is 50/50 uitslag vir die rakkers se stem
Wat ons kan leer uit ons volk se geskiedenis . Sappe Natte of Chev en Ford ondersteuners het nooít oorgeloop het nie. NOOIT.
Dus is die voorspelling dat die 2 rakkers wat van die Weskaap se wynwêreld afkomstig is, klaar afgespreek dat daar net een kandidaat kan wees. En so gaan Jozie se worsie minstens 50% , of dan die Chev span se stemme werf.
Jan gaan ek netnou be- arbei, gaan hom vertel dat sy Ford ń moerse bakkie is. So weet ek dat hy sal saamstaan. Ons dan nou bure hier in die Suid Kaap.
Nou... die onsekere stemme is die van die 4 dames met hulle 4 stemme. My sjarme is wel bekend en gepaard met my goeie gedrag die afgelope 2 dae, kan dit dalk die " swing vote" vir die Ford span bring. Moet net oplet en hulle glasies mooi vol hou. ![]()






Jan...
...jy moet tog by Rhino 'n handvatsel kry, soos agterklap, en dit op sykante ook sit. Dit werk baie lekker.
geniet jou uittog, en sleep veilig.