Dagsê maters. Chris is al amper op pad en glo hy sal seker binnekort ń gesels begin oor sy trip.
Neef wil nou sy sy spotlight steel nie, maar gedink dat die ander "gate crashers" wat Chris se rustige stoepsit in die Karoo N P in ń impromptu saamtrek laat ontaard het, die spesiale geleentheid hier deel.
Vir die wat opdaag is daar vir elkeen een van die oorspronklike venstersplakkers van die Park. Dit het die Bakoor jakkals op, en... dit is nie meer beskikbaar nie. Armond het ń aantal van die by die vorige parkhoof gekry.
Vanmiddag laat Armond my weet dat hy vir ons ook van die epulette?? wat hulle oorspronklik gedra het gaan gee.
Hy is aan diens die naweek wat ons daar is. Ek het hom gevra of Saterdagmiddag hom en sy familie sal pas vir ń kuier saam ons. Hy is reg daarmee. Hopelik pas dit almal in ons groep.
Ek sal paar ekstra biere en ń vleisie inpak vir hulle. En ek hoop Len stem in dat ons sy werf gebruik vir die kuier, Von het vertel hoe lekker hulle sit in en gesels het, in julle wa, toe ons Wessel dopgehou het waar hy in die reen sy slag met die skillies bewys het.
Groetnis.
Len...
....hoe gaan dit met voorbereiding vir KarooNP uittog.
Is julle klaar met alles wat aangekoop moet word, ingepak moet word ensovoorts. Ek neem aan dat jy ook van julle sogenaamde bobaas Joeyes wors saamneem vir die proe kompetisie wat gaan plaasvind.
Gaan julle so paar aande oorbly by Goudini-spa om pad korter te maak?![]()
Nouja Wessel, hier is 'n paar antwoorde.............
.................op jou vrae :-
- Goudini-spa : Ten spyte daarvan dat ek 'n vurige ATKV-ondersteuner is, vermy ek hierdie plek in alle erns - dit sal net verdere vakansie-kuiers in die wiele ry
- Pad-onderbrekings : Slegs 'n lekker ontbyt by Touwsrivier sal plaasvind op roete
- Inpakkery : Dinge vorder nie heeltemal na wense nie. Annatjie se jaarlikse aflewering van klein-groenvytjies het gister plaasgevind en ons kombuis is omgekeer in 'n konfyt-fabriek. En ek word vir allerhande take ingespan, onder andere die styf toedraai van die botteltjies. Ook, saam met hierdie bestelling vanaf Robertson is Annatjie se reuse klomp vriendinne se vytjies ook hier afgelewer. Die voordeurklokkie lui gedurig soos die mense hulle voorraad kom haal.
- Joey's boerewors en Vleiswinkel skaaplam-bestelling : Dit moet nog afgehaal word.
- Bier en wyn : dis gelukkig in voorraad en moet net nog ingepak word
- Exclusive : Ek het mos vertel (of het ek nie ?) van die linker-agter hoekstut wat ek in my domgeit gebreek het. Nee, ek het dit nie as 'n domkrag gebruik nie, iets meer stupids gedoen waaroor ek baie skaam is. Ewenwel, dit moet herstel word en Pine Joubert kan my eers môre daarmee help. Ek neem die wa dus vanmiddag na sy werkswinkel en kry dit môre weer terug.
- Opsommend dus : Die voorbereiding is iewat agter, maar hoe nader die tyd kom, kom my g@t nie net inrat nie, maar sommer in overdrive.
Op 'n meer interessanter noot : volgende week hierdie tyd behoort ek al wakker en op te wees in heerlike Karoo lug.
Ek kan maar nie help ...
... om soms te wonder oor Sanparks se besprekingstelsel nie. Ek dink nou sommer onwillekeurig aan Len se gesukkel om 'n gewone staanplek vir die een betrokke aand hier in die park te kry.
Die ou wat gister die ongeluk met sy Nissan X-trail se agterruit gehad het, sou môre vertrek. Hy gaan verneem toe by die kantoor of hy dit met een aand kan verleng - waarin hy toe wel slaag. Terwyl hy daar staan, bel een van die dames na die hek toe om te sê dat hulle vir onbespreekte gaste wat by die hek sou verneem oor staanplek vir gisteraand, moet sê dat die park vol is. MAAR hier was gisteraand minstens 6 staanplekke oop???
Chris, ek maak................
.............staat op die 17de vir een van daardie "volgeboekte" vakante staanplekke !
"Hulle weet nie wat ons weet nie", want ons is bevriend met een van die veldwagters !
So effe voor met die…
So effe voor met die beplanning. Met ń bietjie tyd op hande Jurgie werf toe gebring. Yskassie aansit, paar biere insit en toets of die teperatuur nog reg gestel is. Deur op die drumpel te sit en enetjie geniet. Ai ek kry Wessel jammer.

Ek neem toe netnou...............
................die Exclusive na Pine werkswinkel hier naby my sodat hy môre my flenters hoekstut kan herstel. Hy sê ek moenie afhak nie hulle gaan my sommer gou help. Twintig minute later en die reuse koste van R350 ry ek terug huis toe met 'n opgefixde stut. Ai dis darem lekker as 'n diensverskaffer jou graag met 'n glimlag help en dit nogal teen glimlag-koste.
Len...
....ek is bly dat jou probleem soos mis voor die geldjie verdwyn het.
Ek trek gewoonlik my stokou skoon klere aan, na sulke plekke en die kerk, dan kry mense my partymal jammer en vra die minimum. ![]()
In jou geval sal dit nie werk nie, daai jare lange bankwese geldreuk en voorkoms verklap jou vermoëns.![]()
Geldreuk sê jy Wessel …
Geldreuk sê jy Wessel ![]()
. Flinkdink , en moet nie glo dat Len gaan aanstoot neem nie... inteendeel.
Ek het 'n vriend genaamd Wessel.
Hierdie blêddie man bel my vanoggend (Saterdag) vroeg om 07:30 om te sê daar is 'n plavei staanplek op die 17de oop en ek beter my g@t inrat kry om die plek te vang. Ek is te deur die slaap om te kla oor die oproep so vroeg in die oggend. Ek bel toe dadelik vir TrudieKotze van Sanparks Kruger Lowveld en bel haar toe ook wakker by die huis. Sy bel my 10 minute later terug en rapporteer die 17 de het ek toe wraggies 'n plavei staanplek gekry. Soos gewoonlik, uitstekende diens. Dus, danksy Wessel se oproep vanoggend, het ons vanaf 16/10 tot die oggend van 21/10 kampplek op dieselfde plek.
Baie dankie Wessel !
Len...
.... die saak is reg mater, skink 'n lekker rooie saam met die ander ander KarooNP kampers, en dink aan my.
Ek was bekommerd jy sien my inset op forum en whats-up te laat. Sal nie weer so vroeg bel nie![]()
Ek hoop jy gaan vir die Trudie blomme en 'n botteltjie groenvye konfyt gee.
Koel weer vir samekoms
Ek sien dat 3 weervoorspellings lekker koel weer voorspel vir KarooNP, tot einde volgende naweek. Dit blyk dat Woensdag [16] 'n uitskieter is met 33C, en paar druppel reën.
Dit is net verstommend hoe KarooNP en Oudshoorn se temperature so skielik, drasties kan verander.
Dit is moeilik om te glo dat…
Dit is moeilik om te glo dat ons gisteraand nog met die waaier aan gaan lê het en vanoggend trek jy 'n sweetpak aan teen die koue windjie. Gister was ons warmste dag sedert ons verlede Maandag hier arriveer het (39°C) en vandag voel na langbroekweer. Sal maar die stappie op die Sylvester-roete probeer inkry wat ons nog graag die hele week wou doen, maar waarvoor ons nie kans gesien het gedurende die warm dae nie.
Die kamp was bykans vol laasnag, maar nog steeds 4 staanplekke oop - en die web het geen beskikbare plek gewys. Dit wys vanaand weer vol - sal maar sien.
Hier het laat gistermiddag 'n klomp 'motor homes' ingekom. Blykbaar 'n klub (wat vanaand nog hier is) en môre Gariep toe vertrek vir die klub se 40 ste verjaarsdag.
Die weer Woensdag
Ek sien in vanoggend se Die Burger die weer in Beaufort-Wes vir Woensdag wanneer ons en Herman-hulle daar arriveer word op 35° voorspel.
"Why worry ?" Dit gaan 'n lekker uitdaging wees !
My pakkery is klaar gedoen…
My pakkery is klaar gedoen. Von is ook al vêr, sy doen dinge op ń rustiger manier as ek. Yskassie getoets, het ń Cider getoets, perfek. Moet erken dat geniet die goue appelsappies nogal. Net jammer hulle is so sterk.
Môre die kar was, dit is vol beesmis van die pad wat behoorlik bemis was deur Antie Edna se trop melkbeeste wat elke dag teerpad stap kampe toe.





Ek stem saam ....
... Len. Die geel sambreel bly maar tops. Nie een ander versekeraar met wie ek gepraat het, kon hulle premie klop nie. En hulle diens is uitstekend - ek werk egter wel deur 'n makelaar (my finansieële raadgewer se seun) en kry uitstekende diens van hom af ook. My voertuie, geboue en huisinhoud is al's op een polis.
Terloops - dié gesprek pas seker nie heeltemal op dié gesprekslyn nie.