Forums
Hallo almal. Wil net laat weet ons kamp gewoonlik by Karoo Nasionale Park buite Beaufort Wes. Die keer het ons besluit om n ander plek te probeer. Steenbokkie ook net buite Beaufort Wes. Wat n lekker, netjiese en veilige plek. Pragtige groen gras on bome. Jy mag tent, karavaan of motorhome. Hulle het ook netjiese woonstelletjies. Pragtige uitsig op Nuweveldberge in n reservaat op werkende plaas. Langs kamp plek n blou swembad. Pragtig
Steenbokkie
Jeanne, ek het gou gaan loer. Dit lyk na oulike plek.
Ek vra sommer namens Chris B-----hoe vêr is dit grondpad???
Ek wou by Steenbokkie gaan…
Ek wou by Steenbokkie gaan inloer tydens my onlangse verblyf by Karoo Nas Park - veral toe Armond Nel (veldwagter in die park) aan my vertel het watter netjiese plek Steenbokkie nou is. Ek het uiteindelik nie daarby uitgekom om te gaan loer nie. Maar ek glo nie dat ek ooit die park sal verruil nie. Ek en Ralie praat van "ons plaas" as ons verwys na die park.
More, Voortrekker straat uit…
More, Voortrekker straat uit die dorp, verby hospitaal op Aberdeen pad, na 1km, links, ook teerpad so 5 km en 2km grondpad. Die moeite werd.
Steenbokkie Beaufort-wes
Ek het ook al, male sonder tal, oorweeg om daar te oornag, maar as ek my kom kry, is ons maar weer by Karoo Nasionale Park !
Met die heenreis sal ek maar hou by Karoo Park want dan bly my Pathie en Exclusive mooi skoon vir 'n paar dae totdat ons die Wildtuin binnegaan, en in die Wildtuin bly die Exclusive mooi skoon, alles tog teerpad ! Met die terugreis is alles tog vuil en vol stof, 'n mens is haastig terug huis toe en die oornagkoste is heelwaarskynlik goedkoper, dus kan Steenbokkie tog oorweeg word. Sal maar sien.
Len...
....jy moet nou skeef foeter nê!!! Ek skuif my KarooNP datums volgende jaar sodat ons saam kan kamp daar, en nou wil jy sowaar Steenbokkie oorweeg.
Dis nou 'n toets vir vriendskap, of nie