Goeiemiddag na n lang afwesigheid.
Ons beplan 'n reis van Knysna af, wat Vrydag begin, oor Van Wyksdorp, Weweweekspoort en... tot in Sutherland en per lang-draai terug... so kamp-kamp, en reis van nie meer as 100 kilos per dag nie. Ons gaan onder andere oornag op Laingsburg... ek wou lankal... en kry vir daar net die "Sit en Rus"-Woonwaparkie wat ek tog gaan probeer. Ek weet die Woonwaparkie is langs 'n skynbaar besige vulstasie, omhein en die enkele resensies daaroor is positief...
Maar nou wonder ek oor daardie lys van lank gelede waarop mense op wie se erwe mens kan oornag nie dalk ook 'n opsie of twee vir Laingsburg het nie?
Wat dink jy?
Fanie van Knysna
More, ons kom nou net 2 dae…
More, ons kom nou net 2 dae gelede deur Laingsburg, daar gestop om biltong te koop. Daar is geweldig baaaaaie mense wat jou pla, neem aan dis maar werkloosheid. Ek sal nie daar oorslaap nie, dink net nie dis veilig nie. Ons het op n keer gekamp buite die dorp op n plaas, Ons Karoo Plaas. Baie mooi staanplekke op gras met water en krag en mooi ablusies. Die dorp self sal ek n mis gee. Net my opinie.
Fanie...
...ek stem saam met Jeanne se waarneming hierbo.
Ek is ook geneig om te dink dat mens veiliger op 'n gaste plaas se werf is, as in so 'n woonwaparkie, in landelike dorpie. Daar kan sekerlik uitsonderings wees, maar die fotos van "Sit en rus", het nie gemoedsrus ingeboesem nie.
Ek leen my ore altyd uit op die forum om te hoor of ander lede ervaring van oorde het, voordat ek bespreek.
Kanniedood 4x4 is so 30km…
Kanniedood 4x4 is so 30km noord van Laingsburg.
Ek was Dinsdagoggend in Laingsburg dorpie gewees.
Kanniedood 4x4...
...sê alles.
Voordat mens daar bespreek, bel eers en vind uit oor die grondpad/geenpad soheentoe.
Dit mag wees dat die pad nie geskik is vir gewone padwaens nie.
Ek het ook 'n gasteplaas gebel, Joosteswerwe buite Carnarvon. Die vriendelike dame het reguit gesê dis so 14km grondpad, sodat padwaens nie later kwaad is omdat hulle nie vooraf ingelig was nie.
As ek die grondpad Mokala toe kon sleep, kan ek seker hulle grondpad ook sleep. Alles hang af van voertuig en woon- boswa





Fanie...
....ek kan jou nie help met inligting nie.
Ek gaan wel jou toerverslag opslurp, om van Seweweekspoort te verneem onder andere.
Waarmee gaan jy die vakansie aanpak, sleepvoertuig en tipe woonwa/boswa/tent??