Terwyl hier nou 'n doodse stilte heers op ons forum, kan ons netsowel 'n bietjie afwyk van kampverwante sake.
Wat dink julle van die Amerikaanse verkiesing uitslag ? Hier is my opinie :
Ek kan Trump se gevreet op die TV nie verdra nie - sy arrogansie, beledigende opmerkings teenoor sy teenstaanders, sy haarstyl en sy geforseerde laggie (in daardie enkele gevalle waar hy wel glimlag) irriteer my grensloos.
Aan die anderkant is ek dankbaar dat die Republikeine die verkiesing gewen het want die Demokrate neig te veel na sosialisme. En Harris het nie juis beïndruk in haar veldtogte nie - ook volgens berigte, was sy maar 'n dooierige Adjunk President wat nie veel gedoen het nie. Haar veldtog was te veel gekonsentreer daarop dat sy 'n vrou is en ook nogal nie-wit en minder op haar (indien enige) suksesse van die verlede - ook die oordrewe aborsie-debat gaan nie 'n land laat floreer of nie.
Vir Suid-Afrika beteken dit net dat Trump eerder Amerika sal probeer bevorder (nie noodwendig 'n slegte beleid om jou eie land te bevorder nie) as om te konsentreer om ander sukkelde (sogenaamde opkomende) lande oormatig te ondersteun.
Wat sê jy ?
Biden en die missiele
Ek volg die nuus oor Oekraine oorlog, en is bekommed oor Biden se instemming dat Oekraine die VSA langafstand missiele nou mag gebruik. Daarmee het hy direk in raaskoppie Putin se hand gespeel. Die' beskou dit as 'n oorlogsverklaring van die Weste en Navo, wat regverdig dat Rusland nou naasliggende NAVO lande mag aanval/verdedig, selfs met kernwapens.
Ek wonder of Biden en sy adviseurs hierdie instemming, en die gevolge mooi deurdink het. Hierdie tameletjie gaan binnekort Trump se groot hoofpyn word. Kan dit Biden se afskeidgeskenk aan Trump wees. Indien wel, is dit beslis 'n seniele speletjie wat katastrofiese gevolge vir wêreld inhou.
Putin en sy trawante is lief…
Putin en sy trawante is lief vir dreigemente en tot dusver het daar niks van gekom nie...tipiese boelie gedrag. Sou hy NAVO aanvat sal dit redelik sleg met hom gaan, hy het reeds 650 000+ soldate verloor, Trompie sal wel enige reaksie deur NAVO kompliseer maar die NAVO mense weet dit. Dink ook nie Biden speel 'n seniele speletjie nie. Tyd dat die Russe ook bietjie van hulle eie medisyne proe...hou egter in gedagte dat die Britte lankal reeds Storm Shadow kruis missiele beskikbaar stel en die word lank reeds van tyd tot tyd teen die Russe gebruik (die Amerikaanse ATACMS langafstand wapen verrig basies dieselfde doel..en beide het 'n reik afstand van sowat 250 - 300km, nie juis vreeslike langafstand nie). En nee WWW 3 is sekerlik nie op hande nie!





Trompie
Hoewel ek nie 'n groot aanhanger is nie, is ek ook bly dat Republikeine ingekom het.
Ek twyfel of RSA tans hoog op sy "te doen/bedink" lys is. Ek is meer bekommerd wat sy ingrype by,
Israel--Iran en trawante gaan wees
Oekraine en Russe met Noord Korea soldate
ondersteuning en volhoubaarheid van NAVO gaan wees.