Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daarshy! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Voortrekker -4 minutes ago
bollie vraag gewees Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Len, Len gaan weer Kruger Wildtuin… Johann L -1 hour ago
Antwoord op Wessel se vraag Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Dit is ... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Chris Boucher -2 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago

Goggas in jou karavaan/boswa ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Na Annatjie se bosluis-byt in die Karoo Nasionale Park verlede maand, het ek opdrag gekry om die Exclusive te reinig van alle tipe goggas.  Ek het toe oral navraag gedoen en is toe aanbeveel vir Doom Fogger (R50 by Spar).

Ek het die spulletjie toe gister in die karavaan ge-aktiveer en vandag gaan kyk hoe lyk die resultaat.  Ek was verbaas om te sien hoeveel motjies en ander goggatjies lê dood op die vloer.  Ons was nie eers bewus van hulle teenwoordigheid tydens ons onlangse kampering nie.

Ken julle dit en wat is juller ervaring ?

.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 23/11/2024 - 15:55

Ek het 'n blik hier by my - lánkal gekoop, maar nog nooit gebruik nie. Jy laat my nou dink om dit wel te gebruik. Ek is hoeka tydens ons Okt-vakansie in die nag deur "iets" gebyt wat vir dae-lank gejeuk het. Gewonder of dit nie een of ander spinnekop was nie. Muskiete lief my bloed, maar met hulle byte jeuk ek gelukkig net 30 - 45 minute. Vir laasgenoemde werk Tabard (voorkomend) vir my uitstekend.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/11/2024 - 16:22

....werk soos daai ou storietjie----die sendingkerkie het so 'n spits sinkdakkie gehad. Dan kom probeer die duiwe om op die nok te sit, en gly gly af, met die geritsel van duiwepootjies op die sink. Die paar wat hulle sit kry, koer natuurlik luidkeels. Die sendeling het die "lawaai" Sondag na Sondag redelik steurend gevind.

Gee hy toe een oggend die opdrag, halfpad deur die diens, vir die hoofdiaken om die duiwe te jaag, as volg ---gaan skree net mooi vir hulle voert-voert-skoert, en hulle sal vanself f...ckoff.

Ek ken die Doom blik, dit werk uitstekend in 'n toe huis ook. Maak al wat 'n kasdeur is, oop en blik in elke vertrek, gaan weg vir naweek. Kom terug en suig al wat 'n googa is op.   

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 23/11/2024 - 18:51

Twee jaar gelede het ek ook Doom Fogger gekoop, spesifiek om een of ander gogga in my bussie te verjaag (einlik te dood), maar nadat ek weer daaroor gedink het, het ek die blik uiteindelik net in 'n laai gepak, ongebruik. Ek was bekommerd dat dit moontlik geel/bruin? vlekke aan die plafon en kassies kon maak. As Len dit met sukses gebruik het, het dit waarskynlik ook geen ander skade aangerig nie en kan ek dit maar oorweeg indien dit ooit weer nodig sou wees. So leer mens....

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 26/11/2024 - 08:24

Len dankie vir die tip.

Ek gaan dit gerus probeer voor ons trippie na Onrus.  Ek is self nie lief vir kreepy craulees.

 

Lekker dag.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Sat, 30/11/2024 - 13:27

Julle kan by NTK hulle produk ook gaan probeer, veral vir julle huise want doen n groter oppervlak, nu-pro aerosol,  voordat jy die voordeur sluit om op vakansie te gaan, koop 2-3 van die blikke, versprei deur jou huis, aktiveer hom en laat Spaander by die deur uit en sluit, as jy terug kom is alles wat beweeg het in die huis, vrek. As n dief die eerste aand gaan inbreek sal jy hom heel moontlik ook daar sien lê. Ek doen dit gereeld by my, veral in die somer om die muskiete wat nie wil vrek van Doom of iets anders nie, nu- pro aerosol sort hulle vinnig uit, vlermuise vat ook pad uit die plafon uit.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus