VOORTREKKER: Luister ek vanoggend lekker radio en hoor van die aunties wat nie tannie genoem wil word nie, en tannies wat nie auntie genoem wil word nie.
Nou wat moet ek jou dan noem?
FREDA: Toe ek klein was het ons antie gesê. Of die naam van die persoon bygevoeg dan was dit bv. Ant Elize. Eers het ek niks gehou daarvan om tannie genoem te word nie, maar vandat ek my hare ophou kleur het, aanvaar ek dit. Speknek is die enigste een wat my auntie mag noem. Mense wat min of meer my ouderdom is, moet my net nie tannie noem nie, dan noem ek hulle ook tannie of oom. :\ Beter nog, noem my eerder net Freda, maak nie saak hoe oud jy is nie.
Ek noem egter niemand meer tannie nie omdat ek weet baie vrouens hou nie daarvan nie. Ek sê Mevrou of noem hul op die naam, maak nie saak hoe oud hulle is nie.
SLOWSTRIKE: Deesdae sê te veel van die jong meisies vir my oom. Dis nie baie lekker nie. Seker die baard en hare wat grysword want ek voel dan nog 25
Groetnis
FRIKADEL:
Slowstrike het geskryf:
Deesdae sê te veel van die jong meisies vir my oom. Dis nie baie lekker nie. Seker die baard en hare wat grysword want ek voel dan nog 25
Groetnis
Ek is ook baie vroeg reeds grys! Ek gee nie om as hulle vir my Oom Frik sê nie, moet net nooit NÉÉ Oom Frik sê nie!
GRYSWATER: Nee oom Frik!
VOORTREKKER: So wat moet ek nou die tannies noem? Mev of dame? So gepraat van aunties... was daar nie n auntie nickerball op die ou forum nie???
DASSIE: Om te Auntie of nie te auntie nie .Jare gelede het die mense mos in sulke nag jurke geslaap en belaclava op die kop vir die koue .So is die ou in sy nag jurk in die bed toe iemand klop aan die voordeur .Staan op en maak die voordeur oop dis die bure se seun .Die laaitie bekyk die lang nag jurk en se Auntie my ma vra vir bietjie suiker om te leen .Die man vererg hom bloedig en se Ek is nie jou Auntie nie .Weer vra die seuntjie Auntie my ma vra vir bietjie suiker asseblief .Hierdie keer lig die ou die nag jurk bokant sy heupe sodat die laaitie kan sien hy is nie n Auntie nie .Die outjie kyk so vining en se JUSLAAIK AUNTIE
VOORTREKKER: Waar is auntie Nickerball!
ARIE:
Slowstrike het geskryf:
Deesdae sê te veel van die jong meisies vir my oom. Dis nie baie lekker nie. Seker die baard en hare wat grysword want ek voel dan nog 25
Groetnis
Ek probeer ook maar om 25 te voel, maar ongelukig klap daai 25 jarige meisies vrek hard!
ARIE:
dassie het geskryf:
Om te Auntie of nie te auntie nie .Jare gelede het die mense mos in sulke nag jurke geslaap en belaclava op die kop vir die koue .So is die ou in sy nag jurk in die bed toe iemand klop aan die voordeur .Staan op en maak die voordeur oop dis die bure se seun .Die laaitie bekyk die lang nag jurk en se Auntie my ma vra vir bietjie suiker om te leen .Die man vererg hom bloedig en se Ek is nie jou Auntie nie .Weer vra die seuntjie Auntie my ma vra vir bietjie suiker asseblief .Hierdie keer lig die ou die nag jurk bokant sy heupe sodat die laaitie kan sien hy is nie n Auntie nie .Die outjie kyk so vining en se JUSLAAIK AUNTIE
Ja kyk, ek vermoet daai seun het so by homself gedink, die antie is darem 'n BUL van 'n antie!
ARIE:
Voortrekker het geskryf:
Waar is auntie Nickerball!
Sy was een van my favourite anties, het haar altyd antie swart balletjies genoem.
ARIE: Moet se ek is self glad nie lief vir die oom storie nie, magtag my eie kinders noem my nie eers oom nie!
Maar ek het met die jare dit maar so aanvaar, selfs al gedink om my naam maar amptelik na Oom te verander.
Ek het juis in 1994 ook al my naam amptelik verander, destyds van Arie na Basie toe!
CHRIS DUPREEZ:
Gryswater het geskryf:
Nee oom Frik!
Daai profiel foto van Gryswater lyk darem baie verdag Voortrekker, dink jy nie so nie?
VOORTREKKER:
chris dupreez het geskryf:
Gryswater het geskryf:Nee oom Frik!
Daai profiel foto van Gryswater lyk darem baie verdag Voortrekker, dink jy nie so nie?
Ek weet nie nie van verdag nie, maar dit is darem 'n baie netjiese en aantreklike mannetjie daai.
CHRIS DUPREEZ:
Voortrekker het geskryf:
chris dupreez het geskryf:Gryswater het geskryf:Nee oom Frik!
Daai profiel foto van Gryswater lyk darem baie verdag Voortrekker, dink jy nie so nie?
Ek weet nie nie van verdag nie, maar dit is darem 'n baie netjiese en aantreklike mannetjie daai.
Hehehe, Baie stylvol, man van edele inbors
ARIE:
Voortrekker het geskryf:
Toets 1 2 3
Toets 4 5 6 ??????
DASSIE: Nee wat daai toets sal ek nie slaag nie .




