Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -52 minutes ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kgalagadi temperature Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Verbeel ek my of het............... Oktober 2026 saam gesels Len Loader -1 hour ago
Herman Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Lekker Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -1 hour ago

Caravette 6 tent opslaan handleiding

George
Submitted by GerritP on
Forums

Goeiemiddag, Gebruik vriend wat 3mde in Nieu-Seeland is se Caravette 6. Is 'n tentopslaan handleiding aanlyn beskikbaar? Dankie. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 16/12/2024 - 15:20

...welkom op die forum. 

Ek twyfel of jy nog so-iets gaan vind. Moontlik is daar iemand wat kortliks die stappe vir jou kan neerskryf.

Die beste gaan wees om net eers die klomp pale, sonder tent uit te sorteer. Mat ander woorde watter pale pas inmekaar [bymekaar], en wat kom waar. Merk dit sommer met verskillende kleure isolasieband. Bou die volledige raam tot jy sien dit staan reg.

As jy nuut is met woonwa kampeer, onthou om eers die wa oor die wiele [links na regs] waterpas te kry, met geelwigte. Darna voor na agter met die neuswiel. As dit moet, sit blokkies hout of stene onder neuswiel sodat jy dit nie te vêr uitdraai en ontkoppel nie.

Belangrik, onthou 'n wa se handrem werk nie agteruit nie. sit maar stene voor/agter wiele by voorbaat.

Hoop dit help 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus