Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vlieënde Tesla Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 minute ago
Suksesvolle/bevredigende vakansie Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 minutes ago
Tesla as sleep voertuig Oktober 2026 saam gesels Geert -6 minutes ago
Geert, Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -22 minutes ago
Hallo Len Verskoning Rona du Plessis -37 minutes ago
Len Verskoning Jan Meyer -45 minutes ago

Die kampgogga byt

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Dit lyk asof ons eerste Desember kamp die kampgogga laat byt het.  

So terwyl ons by Bass Lake Lodge kamp, maak die uwe 'n bespreking by Dinokeng Resort vir naweek van 28 Februarie tot 4 Maart 2025.  Dus oor so paar weke sing die wiele van die karavaan weer.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 07/01/2025 - 16:59

Ons het die afgelope Oktober vir die eerste keer in amper twee jaar gaan kamp. En toe byt die kampgogga weer behoorlik. Van só 'n aard dat ons in Desember weer vir 11 aande weg is en binnekort (van 17 Jan af) weer vir 10 aande gaan kamp.

As dit nie was dat ek Feb/Mrt Hentiesbaai toe gaan saam met my seun nie, sou ons sekerlik nog 'n nabygeleë kamp ingepas het (Strandskloof anderkant Gansbaai roep hard). Maar 11 Apr begin die karavaan se wiele weer rol vir amper 2 maande na Hartenbos, Karoo Nas Park, Klein-Kariba en die wildtuin.

0
Secunda

Sleep nou

Wed, 08/01/2025 - 07:23

Ons mollers van secunda gaan verseker meer die jaar kamp lekke dag almal

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 08/01/2025 - 09:19

Ek kom bely my sondes hier.   Ek het Desember in 'n bos-chalet gebly 

Geen sonde nie. Jy het daai 2 pragtige klein dogtertjies waarvoor jy ook voorsiening moet maak. 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 08/01/2025 - 10:00

Ons het wel in November vir 'n week afgetoer Somerset Wes toe en het 2 afsonderlike nagte baie minimalisties gekamp met die 2 babas wat toe 10 mnde oud was.  Hulle het dit baie geniet en was altwee stroopsoet met die vê ry.

Wat die ry ook maklikliker gemaak het was die feit dat ouboet heel voor saam met my gesit het en sy boetie heel agter saam met ma.  Deur die twee seunse, nou 12 en 9 jr oud, te skei met die vêr ry was daar baie vrede in die kar.   Met die babas in die middelste ry in karstoeltjies wat agtertoe kyk was hulle ook rustiger om heeltyd vir mamma en boetie te sien. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/01/2025 - 11:29

Dis lekker om van jou te hoor. Ek is ook bly om te sien dat dit met jou twee kleines so goed gaan. Hulle is pragtig!!  Behalwe vir die oulike kleertjies lyk hulle vir my baie identies. Ken jy hulle uitmekaar?laugh

Dit is ook goeie nuus dat daar hoop op beterskap vir Jonika is. Glo dit gaan alles goed afloop.

Julle Desember boskamp (chalet) - vertel so bietjie meer. Dit lyk darem of jy die plaas van foto's ook onder die knie hetlaughlaugh. Plaas sommer 'n paar en vertel meer oor waar julle was?

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 08/01/2025 - 11:46

Rona ons was by Thandile Lodge buitekant Bela Bela.   Dit was oor kersfees gewees en dit het baie gereën.

Vragie - as die bos chalet bietjie canvas het en oprol canvas met gaas as vensters het, tel dit nie amper as kamp nie?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 08/01/2025 - 12:38

Daar drop the penny! 'n Eerste vir mylaugh. Dan móét daar mos foto's wees....

'n Gesin wat ons ken sou vir hulle Desembervakansie Mosambiek toe gegaan het (het dit iewers genoem), maar die alternatief was toe om op 'n ander vriend se wildsplaas by Warmbad te gaan uitspan. Dit het nie lank gehou nie. Ná enkele dae (net voor Kersfees) het hulle opgepak huis toe a.g.v. die baie reën wat hulle ingekluister het. Ek haal my hoed af vir julle wat in die bos chalet vasgebyt het (en ek glo julle het dit nog geniet ooklaugh)

0
Lyttelton

Trev

Wed, 05/03/2025 - 17:32

Dinokeng Resort - wat 'n oord

Het die afgelope naweek (Vrydag to Dinsdag) vir die eerste keer by Dinokeng Resort gekamp.  

Hierdie kamp is een van die beste, indien nie die beste waar ek tot dusver gekamp het.  Ons het op F4 (met privaat ablusieblok en plaveisel) gestaan met oor genoeg spasie vir die Exclusive en 3 afdakke (ons het net 2 gebruik).  Elke staanplek het eie kraan en 2 kragpunte (1 vir blou karavaan konneksie en 'n gewone 3-punt prop).  

Privaat ablusie blok het stort, toilet en wasbak met opwasgeriewe (2 wasbakke en genoeg spasie vir skottelgoed vir 'n nasie) net buite die gebou.  Warm water, voorsien deur gas geyser, was volop.  

Die kampeerplek was redelik vol van Vrydag tot Sondag, maar dit was nog steeds stil en rustig (veel meer as wat ek van ATKV Klein Kariba kan se wat verskriklik besig gevoel het die keer toe ons laasjaar daar was).  Dit was behalwe Maandagoggend toe 'n paar jong kinders met van daardie swart skopfietse besluit het om teen 5h30vm besluit het dat die kamp te stil is...

Verskeie tipes bokke het rustig deur die kamp gewei met een of 2 wat op 'n stadium 'n oorlas van hulle begin maak het, maar andersins was dit lekker om hulle teenwoordigheid te ervaar.

0
Lyttelton

Trev

Wed, 05/03/2025 - 18:02

Het vroeg (6h45vm) Vrydagoggend 'n vergadering gehad tot so 9h30vm toe  en is toe haastig huis toe om die laaste goedjies te pak voor ons Dinokeng toe moes ry.  Die idee was om so teen 12h00nm (wat amptelike inboektyd by Dinokeng Resort is) te wees.  

Maar toe ... toe besluit die movers hulle wil nie weg beweeg van die karavaan wiele nie (kiepie was mos slim toe hy die karavaan laas geparkeer het en het die movers teen die wiele laat bly). Probeer toe die manual manier om die movers met 'n 7' spanner los te maak - groot was die verligting toe die linkerkantse een wegbeweeg van die wiel af.  

MAAR TOE ... ... kon ons nie eers die spanner by die regterkantse bout kry nie.  Sukkel ons agterstewe af en besluit later om my oom Google te sien wie die slim mense is wat weet hoe die Powrtouch movers werk.  Kry toe Pine Joubert van Western Cape Caravan Movers in die hande en hy verduidelik dat die movers in beskerming posisie (protection mode) gaan - nogal slim goed hierdie movers - en dat ons die karavaan vorentoe en agtertoe moet beweeg met die movers totdat dit uit protection mode kom.  

Na 'n lang gesukkel kom ons toe reg en kon ons toe vertrek - omtrent uur en 'n half later as wat ek wou.  

Maar uiteindelik kon ons gaan kamp ...

0
Worcester

Wildehont

Wed, 05/03/2025 - 19:58

Dit klink na ‘n heerlike naweek. Is julle darem die reën gespaar? Mens wil nie ondankbaar wees vir reën nie, maar as ek kyk hoe Loftus gelyk het sou dit nie lekker wees vir kampeer nie. Wys vir ons ‘n paar foto’s van wat na ‘n puik oord klink.

0
Lyttelton

Trev

Thu, 06/03/2025 - 05:53

Het nie baie fotos geneem nie - ek het gesien dat ChrisB nie baie rus nie - die man vang "niks" devil van vroegdag to laatmiddag - so ek het vir hom ingestaan en so veel as moontlik niksdoen gedoen om op te maak.  Maar hier is so paar van die bokke wat daar rondgeloop het

Ons het reën gekry maar nie soos wat voorspel was nie - die voorspelling het volgens die kampplek se ontvangs baie ander mense laat kanselleer.  Die reën was eintlik baie welkom want dit het die hitte redelik afgekoel. Die feit dat ons op plaveisel gestaan het het ook baie gehelp, want alhoewel daar bietjie water onder ons 2de afdak ingekom het, was daar vanselfsprekend geen modder of plasse soos wat sou wees as ons op gras of kaal grond was nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 06/03/2025 - 06:32

Ons was eenkeer na Willemsrus binne die groter Dinokeng gebied. Ons was baie tevrede met die oord, en geriewe was ook puik.

Tog trek die groter Dinokeng as 'n wildtuin my nie. Daar is meer wild in Trev se fotos hierbo, as wat ons gesien het. Die afgekampte klomp oorde, effe opmekaar, en dan nog woonerwe tussenin, skep die gevoel van inperking, vir my altans.

Dinokeng bly egter 'n baie gewilde wegbreek vir baie mense te wees, dus lê die probleem seker maar by my.     

0
Lyttelton

Trev

Thu, 06/03/2025 - 06:43

Dinokeng Resort, waar ons gekamp het, het ‘n hele paar verskillende tipes diere insluitend sebras, volstrooise (volstruise), springbokke, gemsbokke, ens - hierdie diere loop binne die kampplek rond. 

Ons het ook wildebeeste langs die pad gesien.  

 

0
Pretoria

Geert

Thu, 06/03/2025 - 07:24

Probeer ook gerus Almega en Dinokeng Camp and Leisure lodge...glo julle sal dit ook geniet

0
Lyttelton

Trev

Fri, 07/03/2025 - 21:16

Sal definitief Almega en Dinokeng Camp & Leisure probeer - was 'n close race tussen die 3 voordat ons op Dinokeng Resort vir ons pas afgelope kampnaweek besluit het

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/03/2025 - 07:17

Van genoemde kampeerplekke het ek slegs van Almega ervaring. Ek kan dit met een woord beskryf: PUIK!!!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus