Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hi Rona, ek het vir jou… Oktober 2026 saam gesels HennieBo -48 minutes ago
Rona Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
daai mannetjies.... Rock View Lodge Nelspruit Wessel Strydom -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Ja....die kaal mannetjies Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -1 hour ago
Johann Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Hentiesbaai 2025

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek begin die onderwerp, synde my trippie eintlik môre begin. My goeters is alles gepak vir môre se groot inpak op Grabouw.

As alles volgens plan verloop, val ons Saterdagoggend om 04:00 in die pad. Skof 1 neem ons tot Vanrhynsdorp waar by Kaap Agri met diesel volgemaak word. My seun is 'n lid van Kaap Agri en poog om sover moontlik by laasgenoemde se takke vol te maak. 

Daarvandaan druk ons vir Vioolsdrif grenspos, maar iewers sal daar eers langs die pad padkos genuttig word. Die volgende volmaakplek vir diesel is net anderkant die grens by Noordoewer waar ons die eerste goedkoper diesel kry as Suid-Afrika s'n.

Grünau Chalets is ons eerste oornagplek - 807 km vanaf Grabouw. Teen daardie tyd is hierdie oukêrel gatlam gery.

Ek sal poog om so gereeld moontlik terugvoering te gee, maar maak geen beloftes nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/03/2025 - 21:10

... Grootwind.

Wessel ons hoop maar self dat dinge verbeter dramaties oor die laaste paar dae. Selfs al vang jy jou volle toegelate kwota vis, kos jou vis maar baie - dit is goedkoper om vis te koop. Maar die belewenis om hier te wees!!! Onkoopbaar. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 01/03/2025 - 21:46

Saam met die ander hoop ek ook dat julle geluk sal draai. Ek sien al hoe die Boucher-bende dag en nag net visse uittrek en weer by die huis kom slaaplaugh Geniet die res van julle kuier.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 02/03/2025 - 17:09

Hoop regtig die visse kry klaar met die hongerstaking! 

Ons ou maat se vis-lus gaan swaar kry as daar net I&J visvingers op die menu is.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 04/03/2025 - 08:31

Ek hoop die stilte is agv vragte vis wat gevang is en die span uitgeput het. Ek kan nie onthou wanneer kom hulle terug nie. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 04/03/2025 - 17:55

... 'n redelike goeie dag gehad (17 kabeljoue, 3 steenbrasse en 1 galjoen). Ons kabeljou-kwota is so te sê vol (10 per persoon), maar galjoen en steenbras laat nog veel te wense oor. Môre is ons laaste volle hengeldag en Donderdag slegs tot 12:00. Donderdagmiddag moet die sirkus-Hilux skoongemaak word en weer gepak word. Ons beplan om Vrydagoggend om 06:00 in die pad te val tot Noordoewer (1200 km). Saterdag is die laaste skof huistoe.

Maar ek kan met eerlikheid sê - hierdie ouballie is in sy moer. Moeg!! Die ou lyf is op van min slaap en dag na dag vir 8 -10 ure op die voete staan en deur dik sand loop. Ek glo dit sal my laaste Henties-trip wees.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 04/03/2025 - 18:24

Nie omdat jy op en gedaan is nie, Chris. Stel jou voor daar was geen vangste nie. Ai, wat 'n droewige terugrit. Ek is regtig bly dat die kiste nie leeg terugkom nie.

Iets van "elke sport het sy beserings" kom by my oplaugh

Hoop môre is ook 'n goeie dag.

"Ek glo dit sal my laaste Henties-trip wees" : Ek het Comrades deelnemers ook so hoor sê.....laugh

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 04/03/2025 - 18:39

Bly vir julle Chris.  Veilige reis terug. 

 glo dit sal my laaste Henties-trip wees" : Ek het Comrades deelnemers ook so hoor sê.....

​​​Is so waar Rona. Was ook al daar maar gelukkig nie vir lank gewees niesmiley

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/03/2025 - 19:36

Goed om van jou te hoor, as die kaste vol is, is die Kaap hollands.

Julle manne moet veilig terug ry, en hou daai GR-Hilux se stokke styf vas!! 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 04/03/2025 - 21:16

Ek glo dit sal my laaste Henties-trip wees.

Ek wil my verstout om te sê ons het dit al voorheen by die ou ballie gehoor.  Ek kan egter dink hoe pootuit so uitstappie mens moet maak. Een dag van 8 ure in die son sal vir my te veel wees. Ek en Ra is nie maatjies nie. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 04/03/2025 - 21:20

Bly julle kon lekker vis trek.

Veilig ry.

Sien 5 Mei.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 05/03/2025 - 17:16

Nee wat, ek kan nie meer byhou nie - die ouderdom begin nou waaragtig teen my tel. Ek het maar 'n klein bydrae tot tot die kabeljou-kwota bygedra, maar ek het darem die enigste galjoen ('n mooi grote - 41 cm) gevang.

Henties

0
Worcester

Wildehont

Thu, 06/03/2025 - 17:49

Die ou lyf is op van min slaap

Dalk nie meer lus vir ‘n laaste dop na die tyd saam met die jong manne nie wink 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 06/03/2025 - 19:05

Hier sit ons by Die Skubbe met 'n vuil Coke in die hand. Eet nog gou vanaand 'n Eishbein hier. Ek sal meer volledig verslag doen as ek eers volgende week by die huis is (en uitgerus is).

0
Worcester

Wildehont

Fri, 07/03/2025 - 05:31

Bly wakker op die lang pad en hou die gekookte eiers weg van die ander af. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 07/03/2025 - 20:41

... maar dit het niks gehelp nie. Sit tans hier by Noordoewer, waar ons 18:10 arriveer het met 39°C - onsmaaklik!! Ons wil 'n vroeë wegtrek hê - beplan 05:15. Maar die oumenslyf is kapoet. Beplan om môre teen ongeveer 14:00 in Grabouw te arriveer. Ek sien uit na my eie bed môre-aand. Nog so 700km huistoe.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 08/03/2025 - 08:39

... 05:30 is ons beide kante deur die grens. Tans sit ons rustig in die Wimpy in Klawer vir 'n lekker Mega Breakfast. Om hoop om 13:00 in Grabouw te wees vir die afpak en visverdeling. Met ons Henties-trips verdeel ons altyd die vis gelyk - maak nie saak wat elkeen se bydrae tot die vangste was nie. As ek slegs moes kry wat ek gevang het, sou ek baie naby aan 'n f met 'n kol saamgeneem het huistoe.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus