Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Alternatief Oktober 2026 saam gesels Geert -49 minutes ago
Ek verskil Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -50 minutes ago
Braai rots of net.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Lava Stone.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -3 hours ago
Die BOm program Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -6 hours ago
Graniet Oktober 2026 saam gesels neef Herman -6 hours ago

Hentiesbaai 2025

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek begin die onderwerp, synde my trippie eintlik môre begin. My goeters is alles gepak vir môre se groot inpak op Grabouw.

As alles volgens plan verloop, val ons Saterdagoggend om 04:00 in die pad. Skof 1 neem ons tot Vanrhynsdorp waar by Kaap Agri met diesel volgemaak word. My seun is 'n lid van Kaap Agri en poog om sover moontlik by laasgenoemde se takke vol te maak. 

Daarvandaan druk ons vir Vioolsdrif grenspos, maar iewers sal daar eers langs die pad padkos genuttig word. Die volgende volmaakplek vir diesel is net anderkant die grens by Noordoewer waar ons die eerste goedkoper diesel kry as Suid-Afrika s'n.

Grünau Chalets is ons eerste oornagplek - 807 km vanaf Grabouw. Teen daardie tyd is hierdie oukêrel gatlam gery.

Ek sal poog om so gereeld moontlik terugvoering te gee, maar maak geen beloftes nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 21/02/2025 - 19:06

So paar jaar gelede was ek genooi om inset vir ń voorgestelde projek op Hentiesbaai. Saam die Argitek ingevlieg. Netjiese man, ruik ook vreeslik lekker.... Amper oor myself begin wonder...

Ons eerste meeting was 10 uur die oggend, en ipv koffie, word die beste Brandewyne uitgebring !!! So dat teen middag se kant, het die bespreking net om hengel gegaan het!!!...Galjoen die beste by Anna se Gat en Kabeljou  by Koos se Troos...of so iets. Streeksname wat net die locals ken.  Daaropvolgende site meetings is vervang met hengelekskursies en nog brandewyn.

Die Argitek se nek het so styf geraak na dag 1 se vrugtelose besprekings,  dat sy migraine eers na die derde dag opgeklaar het. Op pad terug, hoog bo die woestyn.

So, Henties is nie ń speelplek vir die " Metro" manne nie. Jy moet kan sterk staan as dit nodig raak. Lekker plek.

Geniet die trip manne.

0
Worcester

Wildehont

Sat, 22/02/2025 - 10:14

Ek hoop julle escort het goeie diens gelewer. Is die eiers al in sodat julle druk kan opbou as teenfoeter vir Boucher Jnr se gasvryheid? Veilig reis. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 22/02/2025 - 14:51

... het veilig by hul eerste oornagbestemming in 'n warm Grünau arriveer. Ons is sonder enige probleme deur die grens - aan beide kante.

Ons is so tweekeer vergas met my seun se trick - as jy dit 'n trick kan noem. Maar ons het reeds groot sports op die pad gehad. Ek dink hier lê nog groot lekkerte voor. 

Ons het ons lamstjoppies en boerewors suksesvol deurgesmokkel vir vanaand se braai met kameeldoringhout.

Môre word 'n Wimpy brunch buite Keetmanshoop beplan en dan wil ons kyk vir lekker vleis (vir môre-aand) in Keetmanshoop by 'n supermark - vir môre-aand se braai by Arebbusch Lodge in Windhoek.​​​​

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 22/02/2025 - 14:56

... Wildehont se vraag - ons het veilig deur die probleemarea op die N2 by Grabouw gekom. Ons escort was op tyd om ons te begelei, wat onnodig voorgekom het.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/02/2025 - 06:02

....van die 4 HH's [Henties hengelaars] af.

Erens het julle reisprogram verdwyn op die forum of op die gesprek. Waar trek julle nou al, by of al naby aan die viswater??

Hoe gedra daai GR-Hilux hom, wat is die dieselverbruik?? Ek raai Nico draai die krane oop. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 24/02/2025 - 06:48

... ons was gistermiddag net voor 15:00 by ons bestemming in Windhoek (Arebbusch Travel Lodge). Skaars hier gekom, toe begin dit reën - reg deur die nag. Vanaf Mariental het Namibië pragtig groen vertoon. Rondom Windhoek is die veld behoorlik ruig. Nadat ons gebrekfis het, vat ons die laaste bietjie meer as 400km Henties toe. Ai - die ouman kry maar swaar onder die jonger manne. Hulle kapasiteit vir polisiekoffie is saans maar hoog. Ek kan nie (en wil nie) probeer bybly nie. Maar dit is groot sports.

Ek het gisteroggend die stokke van die sirkus Hilux tussen Keetmanshoop en Mariental gevat. Ek moet sê, dit is 'n lekker voertuig. Ten spyte van 'n baie swaar vrag (en 4 groot manne se gewig) het die kêrel baie krag. Ons gemiddelde brandstofgebruik, vanaf die huis tot hier, staan tans op 8.6 km/ liter - aldus die bakkie se rekenaar. En Namibië se dieselprys is geensins meer goedkoper as in SA nie. Ons het tans net meer as R4000 se diesel ingegooi.

Om op te som - dinge verloop voorspoedig tans. Ons hoop net die visse bring hulle kant ook.

Henties

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 24/02/2025 - 07:13

Ek kan nie (en wil nie) probeer bybly nie. Maar dit is groot sports.

Gelukkig hoef jy nie. Sit net terug en geniet die die manne. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 24/02/2025 - 07:30

...word seker maar liederlik vrye teuels gegee. 

Volgens Toyota se webblad word verbruik as 8.7l/100km aangegee. Dis dalk 'n optimistiese 11.5km/l, met 'n ligte voet op die pedaal.  

Moet Nico deel in dieselkoste, ek bedoel die ou gee sy trokkie vir die trip. Sommer nuuskierig oor julle HH admin 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 24/02/2025 - 07:51

Daardie kleurskema is afskuwelik. Dit lyk of die bakkie in ‘n ongeluk was en toe ‘n swart Hilux in ‘n skrootwerf se enjinkap gekry het. Ry veilig die laaste ent. Ek hoop die weer en die vis werk saam. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 26/02/2025 - 09:33

Ek wonder of dit Mnr Boucher is met die dat hy so stil is. Of dalk het hy probeer byhou by die jonger manne se vuil Coke inname. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 26/02/2025 - 10:37

ek twyfel of ons ooit sal hoor as Chris B die swembroek moes dra, nog minder 'n foto bewys daarvan te siene sou kry.

Ek hoop nie daai gestreepte Hilux het vasgeval op die strand nie. indien wel, sal ons maar die drywer blameerwink

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 26/02/2025 - 16:07

... die swembroek vandag met mekaar moet deel, want gister het nie een vis aan wal gekom nie. Dit têre maar met die visvangery. My seun het darem vandag twee net-net kwalifiserende grootte kabeljoutjies gevang. Dus sal ons ander drie weer die swembroek môre moet deel.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 26/02/2025 - 16:17

Ek sal nie daai nommertjie wil aantrek nadat ‘n ander man dit aangehad het nie. Veral nie na ‘n paar ure in die son nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 27/02/2025 - 18:28

Ons kuier nog lekker in Henties, maar steeds visloos na 3 dae van hengel. Maar ons is nie die enigstes nie - die vissermanne, waarvan hier baie is, loop maar almal sedert Dinsdag almal bloutjies. Ons vertrou dat omstandighede verander spoedig. Ons het darem nog hengeltyd tot volgende Donderdag.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 27/02/2025 - 19:33

Dankie vir die update. Jammer om van die swak vangste te hoor.

Ek stel voor----gooi daai GR Hilux met 'n kombers toe op die strand, dit kan dalk helplaugh 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 27/02/2025 - 20:03

gooi daai GR Hilux met 'n kombers toe op die strand, dit kan dalk help

Of gaan maak lyn nat aan die anderkant van die treinspoor. Dalk lok die Gazoo daardie visse wink

Dit kan nie lekker wees om na drie dae se staan nog niks te gevang het nie. Was daar darem al byte? Is die water te warm/koud of het die robbe alles opgevreet? Wat sê die plaaslike vissermanne?

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 27/02/2025 - 20:43

... Maandag hier aangekom het was ons só opgewonde toe ons sien hoe die manne kabeljoue gevang het - grotes. Maar van Dinsdag af (ons eerste hengeldag) het die water 'n abnormale bruin kleur begin kry - wat net babers oplewer. En so is dit sedertdien. Die verwagting is dat dit van môre-af gaan begin verbeter.

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 28/02/2025 - 07:39

So die hele strand front staan mans in dames swembroeke.  Ek wil dit nie sien nie.

Geniet dit en hoop dit verbeter.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 01/03/2025 - 16:25

... met ons visvangery in Henties nie. Dit word hier plaaslik toegeskryf aan die feit dat daar 'n toename was in Ford Ranger teenwoordigheid. Die strande en sommige van die paaie, is sedert daar meer Ford Rangers is, bemors met olie - soos hierdie foto bewys.

Henties

0
Irene

Grootwind

Sat, 01/03/2025 - 17:07

Goeie probeerslag Chris B, maar ongelukkig heeltemal verkeerd. As ekke nou 'n vis was en daai sirkus bakkie kom naby die water het ekke my skubbe ingepak en baie vinnig padgegee, 'n Vis het mos ook gevoelens!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus