Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -3 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -4 hours ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -8 hours ago

Jongensfontein

Sandbaai
Submitted by maurits on
Forums

Ek sit nou nou hier voor my karavaan en kyk oor die see by Jongensfontein. Die van julle wat ongelukkig weens verskeie redes nie hier kan wees nie weet nie wat julle mis nie. Ek moet die werkers in die oord werklik gelukwens met die kamp se toestand. Hier is n nuwe bestuurder aangestel wat regtig n groot verskil maak. Die kamp is redelik vol met al die senior burgers en die atmosfeer is lekker. Ek en my vrou het so kort wegbreek gemaak voordat ons die pad noorde toe aanvat. Dit lyk of die N1 regdeur gaan aanpak vanaf Hermanus. Sy slaap al klaar minder oor die pad deur Pretoria. Enige raad is welkom. Dankie. Maurits

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/03/2025 - 12:56

Hier is n nuwe bestuurder aangestel wat regtig n groot verskil maak.

Dis goeie nuus. Ons was twee jaar gelede laas daar maar het nog elke besoek geniet. Dis ‘n lekker oord en kleiner kinders kan heerlik daar speel. Al wat sleg is, is dat daar nie ‘n lekker swemplek is nie. Maar vir uitspan en ontspan is dit die ideale plek. Gaan koop vir julle bietjie Stilbaai wors om saam te vat Noorde toe by die deli in Stilbaai se nywerheidsgebied. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 07/03/2025 - 14:46

Miskien moet ek vir Chris Boucher van die wors saam neem

Hy is mos nou verlief op sy plaaslike slagter se wors (dit klink verkeerd maar julle weet wat ek bedoel).

Dalk maak hy na die Hentiesbaai hengeluitstappie viswors…

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/03/2025 - 16:53

Kruip jy agter die ry melkhoute weg vir die wind??

Die wind het my verlede jaar plat gewaai toe ek op die terras [hoë grond] voor die huisies gestaan het.

Andersins het ons ook die oord geniet. hopenlik is die ablusies effe opgradeer van toe af.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 10/03/2025 - 07:26

... van That Butcher Guy in Kleinmond, is nie te versmaai nie. Dit is 'n goeie alternatief vir Joey's (wat steeds koning kraai). As ek voor my vertrek oor 4 weke by Joey's kan uitkom, sal dít die "saamneem" wors wees - andersins my plaaslike Gouga Boerewors.

Ons het met ons Hentiestrip nogal heel aangename wors daar plaaslik by 'n plekkie gekoop (jy kan dit nie 'n slaghuis noem nie -al's is vooraf vakuumverpak en gevries). Ons het graag wors langs die see gebraai. Hulle het ook 'n aangename kerriewors gehad, maar ek sou nie liries raak daaroor nie.

As julle nog daar is - geniet Jongensfontein. Ekself het nog nooit daar gekamp nie en was baie jare gelede laas in Jongensfontein.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus