Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Morganbaai en Yellow sands Oos Kaap oorde Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel, Yellowsands is… Oos Kaap oorde Herman Goossens -2 hours ago
Herman G Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Johann.... Oos Kaap oorde Wessel Strydom -3 hours ago
VSA Oos Kaap oorde Johann L -3 hours ago
Ja, ons geniet die somerweer… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -4 hours ago

Trev se 2025 Kruger trip

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Ons beplanning vir 2025 Kruger trip is soos volg (ons eerste kamp trip in die Kruger):

- 8 Junie - Pretoria tot Malelane

- 8 tot 9 Junie - Malelane

- 9 tot 13 Junie - Skukuza

- 13 tot 16 Junie - Letaba

- 16 tot 19 Junie - Shingwedzi

Sal enige en alle raad waardeer - wat om te sien, watter paaie om te ry om wild te sien, ens.

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 11/06/2025 - 07:12

Ek sien hulle bly gereeld in waterpype wat onderdeur pad loop....miskien in pad gaan lê vir hitte?

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 11/06/2025 - 11:59

Julle was sooo gelukkig met die hiënas! Dit is regtig spesiaal. Ons het al kleinjies gesien saam met die ma by 'n den (uitgrawing in 'n ou miershoop) maar hulle was heelwat groter en ook nie so naby nie.

Vertel bietjie van julle kamp-opset. Goeie staanplek, geniet julle die nuwe karavaan?

0
Lyttelton

Trev

Wed, 11/06/2025 - 18:36

Ons kamp in die 1ste indraai na regs nadat jy regs gedraai het by die sirkel. 
Staanplek is heerlik groot met kraan, kragpunt, braai, vullisdrom en water afvoer punt reg by die staanplek- lekker gerieflik.  Die badkamers met ‘n porta potty fasiliteit is so 70 meter van ons af
Daar is 5 staanplekke in die blok waar ons is. 
 

Geniet ons die “nuwe” karavaan - nog besig om gewoond te raak om te weet waar alles is. Die lekkerte is dat wanneer ons gaan stap of ry, dan is dit ‘n geval van alles in die laaie pak, laaie terug stoot en deur sluit - niks meer van goed in- en uitdra elke keer wanneer ons gaan stap of ry nie   

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 11/06/2025 - 19:13

Goed om te weet dat julle 'n goeie staanplek het en die karavaan geniet. As die wild saamspeel kan mens vir niks beter vra nie. Die mooi bome is darem ook altyd daar om te waardeer. Hoop die volgende kampe stel nie teleur nie. Kuier lekker verder.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 13/06/2025 - 00:51

Geniet jul rit Letaba toe vanoggend. Miskien sommer n lekker roosterkoek / brekkie nutttig by Tshokwane oppad....of Satara se restaurant maak ook lekker ontbyte. 

Hoop jy kry n lekker staanplek

0
Lyttelton

Trev

Sat, 14/06/2025 - 14:15

Het gister by Letaba aangekom- goeie staanplek reg teen die heining met gawe bure. 
 

Hiënas het gisteraand kom kos soek en op en af verby ons geloop. Weer is lekker met wind wat nou en dan pla - darem nie so koud soos by Geert hulle nie - ‘n skaflike 23• op die oomblik. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 14/06/2025 - 14:32

... in my opinie een van die mooiste boomryke kampe in die wildtuin. Toe ons destyds in Tzaneen gaan woon het moes ons vir 2 maande in die Tzaneen Hotel bly (wat nie meer bestaan nie). Om met klein kinders (3- en 1-jaar oud onderskeidelik) was nie 'n grap nie. Gedurende daardie 2 maande was Letaba vir alle praktiese doeleindes ons kuierplek oor naweke.

Geniet dit Trev.

0
Lyttelton

Trev

Sat, 21/06/2025 - 10:05

Ons het Donderdag aand terug gekom in Pretoria na 'n wonderlike tyd in die Kruger. Internet konneksie was ietwat van 'n uitdaging in Letaba veral, maar was beter in sekere areas in Shingwedzi.  

Moet sê dat ek regtig verras was met Shingwedzi - ons het 'n staanplek reg teen die heining gehad - maar nie net dit nie, die atmosfeer in Shingwedzi was heeltemal anders as in beide Letaba en Skukuza.  Waar Skukuza gevoel het soos 'n baie groot dorp / klein stad, en Letaba soos 'n dorp, het Shingwedzi die gevoel van op 'n plaas - stil, rustig en kalm wat ideal is vir iemand wat rus en vrede soek.  

Het nie al die Groot 5 gesien in die tyd wat ons daar was nie - het nie renosters en luiperds gesien - moet byvoeg dat ons nie baie rond gery het nie - het hele paar virtuele vergaderings gehad wat ek moes bywoon. 

Ons beste was die laaste aand in Shingwedzi toe ons 2 leeus gesien het wat broeis was en ons ook die enigstes was op 'n wildsrit met KNP voertuig.  Ons gids het nie net ons aandag gevestig op die groot diere maar was ook 'n ensiklopedie oor gewoontes, karakter eienskappe, ens van die diere wat ons die aand gesien het.  

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 21/06/2025 - 10:08

....bly julle het ook Kruger geniet.

Ek wou al vra, of jy genoeg perde voor die Exclusive gehad het om Magoebaskloof op te draflaughlaughwink

0
Lyttelton

Trev

Sat, 21/06/2025 - 10:58

Wessel, ek dink daar was net-net genoegdevil.   Op ‘n meer ernstige noot - wat ‘n netjiese stuk pad  - sal dit weer wil doen wanneer ons meer tyd het om in die kloof te stop.  

Ons sou tyd gehad het om te stop, maar vroulief wou toe net by die huis kom, so ons het direk van Shingwedzi af Pretoria toe gery. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 21/06/2025 - 11:56

Ek is bly julle het ‘n lekker toer gehad en is veilig tuis. Ek stem saam met jou beskrywing van die kampe. Shingwedzi is ons gunsteling van die hoof kampe. Om te dink ons sou oor twee weke ook daar teen die heining gestaan het…

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 21/06/2025 - 19:13

dat julle 'n rustige tyd in die wildtuin beleef het. Net miskien het die nuwe karavaan ook daartoe bygedra. Bespreek solank die volgende trippie en laat ons weet wanneer ons ook kan uitsien na nog 'n kuier.....die luiperd en renoster kort noglaugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus