Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -10 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -10 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -11 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -11 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -11 hours ago

Ons 4-maande toer

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:

5 - 14 April: ATKV Hartenbos

15 - 21 April: Karoo Nasionale Park

22 April: Forever Gariep

23 April: Weltevrede, Parys

24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba

4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin

5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin

2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin

3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa

4 Augustus: ATKV Klein-Kariba

Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.

Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak. 

Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.

Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/04/2025 - 12:03

Ons is veilig deur Sodom en Gomorra. Plek-plek baie druk verkeer gehad, maar ons doen gou 'n Spur-burger by die Petroport noord van Pretoria. Ry vandag baie makliker - nog geen reën gehad nie, maar dié wêreld is swaar bewolk.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 24/04/2025 - 12:40

Chris, ek is bly julle het gery, by ons nog nie vandag gereen nie. Wel 34mm vandat ons gisteraand gesels het, tot vanoggend.

Nou is dit rustige pad na Klein Kariba.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 24/04/2025 - 13:06

Daar wag `n groot uitdaging op hom en ek voel so sleg dat ek nie gewaarsku het nie. Vanaf die afdraai vanaf die N1 Noord na Warmbad is daar erge padwerke en dis `n nagmerrie wat wag. Indien iemand sy nr het en hom kan bel dit sal beter wees om die Pienaarsrivier afrit te neem en dan tot in Warmbad dan na Klein Kariba

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 24/04/2025 - 19:35

Ons was 14:00 by ontvangs na 'n relatief gemaklike rit vanaf Weltevrede. Vanoggend se vertrek met die ingangsroete het makliker verloop as gister se aankoms met die swaar reën neerslae. Net nadat ons gisteraand gaan inkruip het, het die reën sommer weer hard afgekom. Maar vanoggend was daar so hier en daar 'n teken van blou lug. Die 1.8 km grondpad ingang het my nietemin 15 minute geneem tot by die teerpad. Ek is my maar "heilig" met my Ou Lady van 32 jaar oud.

Ons het tot Klein-Kariba nie 'n enkele druppel reën gekry nie. Die oord is nog relatief leeg, maar ek glo dat die mense môre sal instroom - met die addisionele week skoolvakansie wat môre begin.

Ons het 'n lekker staanplek (vooraf ge-allokeer) met 'n sterk stroom water wat oorkant die pad by ons verbyvloei. Ek glo die geluid van lopende water sal my lekker laat slaap. So van sterk-vloeiende water gepraat - die Vaalrivier was 'n gesig om te aanskou by Weltevrede, wat op die oewer van dié rivier geleë is.

Vanaand is die twee oumense sommer lui vir kosmaak. Ek weet nie watter jare gelede ons laas jaffels gemaak het nie. Nietemin - kerrie-maalvleis jaffels is vanaand op die spyskaart.

En Slowstrike - ek weet nie hoe lank gelede jy die gewone pad vanaf die N1 na Bela-Bela gery het nie. Maar die padwerke is klaar en die pad ry soos 'n droom.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 24/04/2025 - 19:49

Oom Chris

Ons was so 2 maande gelede daar vir `n naweek in een van die berghuisies toe was daai pad `n nagmerrie met die kar wat nog van `n karevaan. Ek kan nie glo hulle het so gou klaar gemaak nie maar lyk my wonderwerke gebeur nog. Ek is bly julle het dit gemis.

Terloops die Koswerf resturant daar maak heerlike etes en naweke is daar `n kontinentale ontbyt beskikbaar wat volgens my te duur is. O ja en al die kelners praat suiwer afrikaans laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/04/2025 - 13:49

Ek reken dat ons beleef nog 'n kort stilte voor die storm. Die Gautengers is op ons vir die week se "skoolvakansie" wat vandag begin. Die karavane kom een na die ander in. Ons moes gou inry dorp toe vir 'n paar inkopies. By die oord se ingangshek is allerhande gazebos opgeslaan vir die verwelkoming.

Die ontvangspersoneel is van die vriendelikste en behulpsaamste wat 'n mens seker kan kry. Ek moes vorms laat uitdruk om in te vul vir my kardioloog-besoek op 14 Mei in Nelspruit. Die e-pos, wat ek vanaf die dokter ontvang het, is gou ge-"forward" na 'n dame by ontvangs - wat op haar beurt die aanhangsels vir my uitgedruk het. Ek moet dit nog invul en hulle sal dit vir my "scan" om aan te stuur vir die kardioloog se kamers. Ek het reeds die goedkeuring by Discovery gekry vir die prosedures wat in Nelspruit MediClinic uitgevoer sal word.

Omrede ek reeds 06:30 op 14 Mei by die hospitaal moet aanmeld, sal ons al die vorige middag uit Krokodilbrug vertrek en slaapplek in Nelspruit kry. Ek sal maar veiligheidshalwe vir 2 nagte akkommodasie bespreek - vir ingeval hulle eers laatmiddag met my klaarkry, of as ek selfs 'n nag in die hospitaal moet bly. Ek voel net jammer vir my arme vrou wat met die ou kranklike man opgeskeep sit. Sy wil nie eens in Kleinmond met die Hilux bestuur nie - wat nog te sê in 'n vreemde Nelspruit. Dalk is Uber maar haar voorland.

Aag, hoe jammer kry ek nou myself.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 25/04/2025 - 14:09

Chris, ek verstaan nie lekker wat met jou aangevang word nie. Jy praat van toetse, en dan dalk dag in die hospitaal. ?? Klink na taamlik diep gaan krap in jou pomp. As die internis nou sê dat jy moet ernstig ń prosedure kry.... Kink so half of jy dalk teespoed vir die vakansie mag  optel, of jaag ek nou spoke op.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/04/2025 - 14:23

Ons hoop maar dat alles voorspoedig sal verloop. Ek weet self nie wat die toetse al's behels nie, maar o.a. gaan daar ook 'n angiogram gedoen word. Die vorige angiogram (net meer as 3 jaar gelede) het alles normaal gewys. Ironies was dit uitermatig stadige hartklop (aritmie is die term - as ek reg onthou) wat aanleiding gegee het tot die angiogram. Nou is dit uitermatig vinnige hartklop (en onreëlmatig ) wat aanleiding gee tot my huidige situasie. Lyk my hierdie toestand is maar geneties, want my broer en een suster het dit ook.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/04/2025 - 14:44

... en uitsig vanaf ons "voorstoep" by Klein-Kariba. Té pragtig die njalas wat kort-kort hier om ons "huis" rondloop en wei.

Klein-Kariba

Klein-Kariba

Klein-Kariba

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/04/2025 - 14:53

....langs die stoel in 1ste foto, is dit sodat kort arm die bierblik kan raakvat daarop??

Is dit die hoofpad waarlangs jy staan??Lyk nietemin na 'n lekker koelte staning.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/04/2025 - 17:14

Dit is die hoofpad inderdaad. En die 2 stene was mammie se aanvanklike "ankers" vir haar wasgoedlyntjie wat nou onder 'n no. 7 pen ingehaak is vir stabiliteit. Nee ek kan darem nog my arm ver genoeg rek, maar ek gebruik eerder my stoel se sytafeltjie.

Vanaand besoedel die 2 Bouchers weer die bosveld-lug wanneer 'n Hentiesbaai-kabeljou op die kole val. Ons sal weer môre-aand in die liga van die res van die kampeerders "speel" wanneer ons beplan om 'n skaaptjoppie of twee, saam met boerewors, te braai. Let wel - skaaptjops, nie lamstjops. My slagter op Kleinmond voorsien my van die aller-lekkerste goed ryp-gemaakte 2-tand skaap. Nou reeds 'n Ille de France en Dormer by hom gekoop. Die huidige is Dohne Merino. Almal lekker, maar die Ille de France was nog die wenner - net jammer dit is so skaars.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 25/04/2025 - 18:07

Dankie vir skaap info, volgende keer gaan ek my slagter vra wat se skaaptjops koop ek by hom.

Ons koop nooit 'n heel of halwe skaap, ons paleisie is te klein daarvoor.laugh

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/04/2025 - 19:21

... as jy 'n Ille de France 2-tand skaap koop nie. Myne het 36 kg geweeg. Dan moet jy genoeg vriesruimte hê. Maar o donkie, lekkerder vleis kan jy beswaarlik kry. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 25/04/2025 - 19:41

Op ń stadium met Isle de France geboer, en net twee tand hamels geslag vir die huis. Eers goed afgerond. Daai tjoppies is ń Tjop, met lekker vet op. Merino is ook ń lekker skapie. Meeste slaghuise hier het Dorper lammers, en is maar lig waneer dit bemark word, so 17 tot 20kg. Boere bemark deesdae A2, ek sukkel vir ń A3. 

Nou se dae bestel ek ń lam by Apools , die Spar blokman, ons is al groot pâlle, laat dit vir 7 dae hang in koelkamer, en dan verpak hulle soos ek vra. Netjies klaar in punnets regte porsie grootte. Jy spaar mooi klompie deur so te koop. 

Vandag in ons nuwe "Mall" gesien dat Woolies, nuut in die dorp, hulle best end lamtjops vir R340.00 / kg op die rak sit. Ons Karro Knape is te arm vir die klas cuisine. Ek dink die prys sal om die vuur herhaal moet word om bietjie myle te kry daarvoor.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/04/2025 - 20:01

... 'n ou foutjie het ingesluip - herhaling van 'n vorige plasing.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 25/04/2025 - 20:07

... dankie vir die regstelling van die Isle de France naam. Watter puik skaapras wat kwaliteit vleis aanbetref!!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 25/04/2025 - 20:28

Chris, ek het wragties dit nou eers raak gesien. Mens lees mos net die eerste en laaste letter van ń woord. Die res kan deurmekaar wees, jou brein verstaan wat jy wil lees.

0
Brackenfell

HennieBo

Sat, 26/04/2025 - 08:17

Nou dat julle so praat van Skaap en Lam. Ek koop nog altyd net Lam, gewoonlik vol of 1/2 lam. Dalk moet ek ook Skaap probeer. Doreen hou egter nie baie van te veel vet nie (alhoewel ek dik is)laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus